Skip to main content

Omgewingsvolhoubaarheid by Die Unviersiteit Stellenbosch

TravelMobility.png

Ons doelwit:

Om die omgewingsimpak van reis te verminder en die gebruik van doeltreffende vervoermiddele aan te moedig wat sal bydra tot die vermindering van uitlatings.

Projekte en programme

Fietsry

Verskeie laaistasies sal op beide Tygerberg- en Stellenbosch-kampusse geïnstalleer word om elektriese voertuie te laai. Hierdie projek sal ook vir navorsingsdoeleindes gebruik word as deel van ons lewende laboratoriums op kampus.

VictoriaStreet-1 (1).jpg

Fietsry

Ons ruimtelike ontwikkelingsplan sluit die implementering van verskeie Nie-Gemotoriseerde Vervoer (NMT)-roetes op die Stellenbosch-kampus in om ons koolstofvrystellings en voertuigbeweging op kampus te verminder.

cycling (1).jpg

Fietsry

’n Kampusvoertuigpoel stel personeel en studente in staat om Matie-fietse te huur.

Veilige fietsloodse en -rakke is gebou om fietsgebruik in plaas van voertuie aan te moedig.

Wat kan jy doen om te help:

Verminder jou koolstofvrystellings en bespaar geld en parkeerprobleme deur een van die volgende vervoeropsies te kies:

  • STAP op die veilige, gepatrolleerde voetgangerroetes.
  • RY FIETS op ’n Matie-fiets (beskikbaar om te huur) of bring jou eie.
  • RY op die kampuspendelbus wat op sekere roetes beskikbaar is.
  • DEEL ’n rit.

 

Kontak die Dienstoonbank (021 808 4666) vir verdere inligting of stuur ’n e-pos na [email protected].