Skip to main content
US implementeer inisiatiewe om water te spaar

US implementeer inisiatiewe om water te spaar

Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
28 Februarie 2017

​Die Universiteit Stellenbosch streef daarna om teen 2020 sy verbruik van drinkbare water met 10% te verminder en teen dieselfde jaar 30% minder rivierwater vir besproeiing van ons tuine en sportvelde te gebruik (gemeet teen 2012-syfers).

“Ons is reeds besig met verskeie inisiatiewe om hierdie doelwitte te bereik. Die Wes-Kaap gaan gebuk onder groot droogte, en as Universiteit doen ons alles in ons vermoë om water te bespaar op al ons kampusse,” sê John de Wet, Bestuurder: Omgewingsvolhoubaarheid by Fasiliteitsbestuur.Van die aksies wat reeds in plek is, is:• Tuine word volgens ‘n beperkte kwota met nie-drinkbare water besproei vanuit riviere, boorgate en damme. • Besproeiing vind meestal saans plaas wanneer daar lae verdampingsvlakke is.• Waterbesparende stortkoppe en toilette is op kampusse geïnstalleer.• Water-deurdringbare plaveisel word gebruik sodat reënwater die grond kan penetreer en die ondergrondse waterdraers kan hervul.• Inheemse, endemiese en watervriendelike plante word in landskapering aangeplant.• Watergehalte word vir besoedeling gemonitor.• Gryswater word hergebruik. • Reënwater word opgevang en gebruik.  Maar elkeen van ons kan ‘n bydrae lewer om water te bespaar. Hier is ‘n paar dinge wat jy by die werk kan doen:• Rapporteer lekkende krane, sproeiers en ander toestelle by (021) 808-4666.• Drink kraanwater. Drie tot vyf liter kraanwater word gebruik om een liter gebottelde water te produseer. Gebottelde water mors dus water, genereer plastiekafvalstowwe en het ‘n hoër koolstofvoetspoor.   • Wees op die uitkyk vir die waterstasies met hul spesiale handelsmerk op kampusse. Op Stellenbosch-kampus:  onder die oorbrug tussen Administrasiegebou A en B, voor die Schumanngebou, voor die AI Peroldgebou, langs die Polimeergebou, voor Matie Gemeenskapsdiens en by die Luister, Leef & Leer (LLL) geboue. Op Tygerberg-kampus: Voor die nuwe Onderwysgebou. Bring jou eie waterbottel en maak dit by die waterstasies vol. En gebruik dieselfde bottel oor en oor.• Draai die kraan toe terwyl jy seep aan jou hande smeer om dit te was.