Verskeie opsies is aan personeel, studente en belanghebbendes van die Universiteit Stellenbosch (US) beskikbaar om kwessies soos onbillike diskriminasie, teistering, gender gebaseerde geweld, korrupsie, bedrog, en klagtes oor taalbeleidimplementering aan te meld.Meld die klagtes direk by die betrokke Universiteitstrukture aan of, as alternatief, kontak die twee onafhanklik bestuurde kontrakteurs of die onafhanklike Ombud by die US.
Diskriminasie en Teistering
Rapporteer enige voorvalle van onbillike diskriminasie en teistering, waaronder rassisme, viktimisasie, seksuele viktimisasie, seksuele misbruik, gender- en identiteitsdiskriminasie. Die rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook elektronies aangemeld word by [email protected], of persoonlik by die Eenheid vir Gelykwaardigheid, te Huis Simon Nkoli House, Victoriastraat 39, Stellenbosch.
Bedrog en korrupsie
Rapporteer enige voorvalle van swak beheer en bestuur, belangebotsings, oneerlikheid, omkopery, afpersing, misbruik van US-bates, wanvoorstelling, of die skending van interne beheermaatreëls. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook via e pos aan [email protected] gestuur word, of skakel 0800 204 549.
Implementation of the language policy
Staff or students who feel negatively affected by the implementation of the SU Language Policy have several avenues to submit a complaint. Complaints should adhere to the procedures in section 8.5 and 8.6 of the policy and can be submitted to the Dean of the faculty, department head, faculty chairperson, the Academic Affairs Council at [email protected] or the independent Ombud at SU, at [email protected]
Gender-gebaseerde geweld
Rapporteer alle vorme van seksuele wangedrag, gender gebaseerde geweld, seksuele misbruik, intiemepare geweld en viktimisasie, ingesluit seksuele teistering, agtervolging, verkragting en seksuele dwang. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig.
Onafhanklike wenke oor diskriminasie
Deur die onafhanklik gemoniteerde 24-uur-aanmelddiens kan personeel en studente voorvalle van onder meer rassisme, onbillike diskriminasie, viktimisasie en teistering aanmeld. Rapportering kan anoniem gedoen word indien nodig. Voorvalle kan ook per e-pos aangemeld word by [email protected] of skakel 0800 346 346 (tolvry).
Onafhanklike Ombud
Die Kantoor van die Ombud by die US bied ’n kanaal waardeur studente, ouers en personeel se kwessies en klagtes onafhanklik hanteer kan word indien die bestaande Universiteitstrukture dit nie langs die gebruiklike weë na wense hanteer nie. Die Ombud kan elektronies by [email protected] bereik word. Die Ombud kan elektronies by
[email protected] bereik word.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting
Die Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om die privaatheid van ons studente, werknemers en vennote te beskerm, in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPIA), asook enige verwante Suid-Afrikaanse wetgewing, globale rigtinggewende praktyke, en die Universiteit se verbintenis tot goeie institusionele bestuur. Ons respekteer jou privaatheid en mag nie jou inligting aan ander instellings of maatskappye verkoop of dit met hulle deel om vir hul eie doeleindes gebruik te word nie.
Jou vertroulikheid: Die US beskou alle inligting wat die klaer of fluitjieblaser verskaf as vertroulik en mag dit slegs deel indien ons wetlik verplig word om dit te doen, indien ons dit moet doen om ons ooreenkoms met jou na te kom, of indien ons jou toestemming daartoe bekom het.