Skip to main content

Gids vir nagraadse studente

Toegang

Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir alle studente van die Universiteit. Toegang tot die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die takbiblioteke benodig die skandering van 'n geldige US-studentekaart. Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers.
Geen toegang sonder 'n geldige studentekaart. Sien Biblioteekure.

Uitleenvoorregte

  • 15 items vir 30 dae
  • Nagraads (Musiek):  20 items vir 30 dae
  • Hernuwings: 2 keer per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 90 dae), behalwe indien bespreek deur iemand anders. Hernu aanlyn of vra 'n personeellid.
    In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.
  • Terugbesorging: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
  • Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
    Items vervaldatum verstryk: R1.00 per item per dag
    Boetegrens: R30.00 (Uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is tot op datum wat die boete vereffen is).
    Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
  • Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking. Bespreek aanlyn of vra 'n personeellid.
    In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.
  • Uitleenbare materiaal: Alle items gemerk “Loanable"

Dienste

Inligtingsdiens en navorsingsondersteuning

Die volgende biblioteekwebblaaie en -gidse kan geraadpleeg word:


Maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris

Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne

Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart. 
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.
Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord (nie e-posadres nie) om afkampus in te teken.
 

Vind jou pad deur die biblioteek:

Reserwe

  • Items wat dikwels gebruik word
  • Slegs beskikbaar vir US-studente en -personeel
  • Aantal items: 3
  • Uitleenperiode tydens biblioteekure vir gebruik binne die biblioteek: 3 ure
  • Uitleenperiode wanneer die biblioteek gesluit is: oornag (uit 30 min voor sluitingstyd; terug 30 min na oopmaaktyd)
  • Boetes vir laat items: R10.00 per uur na 'n grasieperiode van 30 min

 

Interbiblioteeklenings

  • Items wat nie in enige van die US-biblioteke beskikbaar is nie, kan van 'n ander biblioteek aangevra word. Sien Interbiblioteeklenings.

 

Biblioteekoriëntering en -opleiding

Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:​​​

'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie te vra - 
maak 'n afspraak met jou Fakulteitsbibliotekaris.

Ander dienste

'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian) of maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris

Studente en personeel kan by enige 'secure pull print' drukker in die biblioteek druk, kopieer of skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik. Jy kan ook druk, kopieer of skandeer deur jou studente-/personeelkaart by die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik. Sien Druk, kopieer en skandeer.

Internet en koordlose toegang is beskikbaar aan personeel en studente wat by die Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is. Sien Koordlose toegang.
 

'n Verskeidenheid lokale is vir bespreking beskikbaar. Sien Besprekings.

Al die elektroniese bronne waarop die Biblioteek- en Inligtingsdiens inteken is via die biblioteektuisblad ook vanaf huis-, kantoor- en skootrekenaars of selfone toeganklik. Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord om in te teken. Sien Afkampus- e-toegang.

Biblioteekmateriaal kan teen betaling na studente wat nie op kampus is nie, gestuur word. Sien Afkampusdokumentlewering.