Gesprekskamers en 'n Virtuele vergaderkamer in die Leersentrum is gratis beskikbaar vir groepbesprekings deur US-studente en -personeel gedurende biblioteekure.
Seminaarkamers in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek is gratis beskikbaar vir groepbesprekings deur US-studente en -personeel gedurende biblioteekure.
Studiehokkies in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek is gratis beskikbaar vir individuele besprekings deur US-studente en -personeel gedurende biblioteekure.
Innovasieruimte gesprekstafel in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek Innovasieruimte is gratis beskikbaar vir groepbesprekings deur US-studente en -personeel gedurende biblioteekure.
Die Vergaderlokaal 1064 in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek, Spesiale Versamelings is beskikbaar (Ma-Vr, 08:30-16:15) vir groepbesprekings deur US-studente en -personeel sowel as besoekers.
Seminaarkamers in die Carnegie Navorsingsruimte is beskibaar vir groepbesprekings deur magister- en doktorale studente asook US-akademiese personeel en -navorsers gedurende biblioteekure.
Die ouditorium het sitplek vir 147 persone. Dit is gratis beskikbaar vir US personeel en SRC-geregistreerde verenigings (Ma-Vr, 08:00-16:00). Die ouditorium is nie geskik vir hibriede of afstandsgeleenthede nie.
Drie seminaarkamers in die Ingenieurs- en Bosboubiblioteek is gratis beskikbaar vir groepbesprekings deur US-studente en -personeel gedurende biblioteekure.
Die Digitale en E-klaskamer dien as beide leer- en opleidingsruimtes en is gratis beskikbaar vir groepbesprekings deur US-personeel, onder sekere voorwaardes en gedurende biblioteekure.
'n Telekonferensie seminaarkamer in die Navorsingsruimte van die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek is gratis beskikbaar vir groepbesprekings deur magister- en doktorale studente asook akademiese en administratiewe personeel.
'n Gratis videokonferensiediens maak dit vir nagraadse studente, navorsers, akademiese en administratiewe personeel van die Universiteit Stellenbosch moontlik om met eweknieë by ander organisasies, nasionaal en internasionaal, saam te werk.