Skip to main content

FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE

Voorgraadse Programme​​​

Wiskundige Wetenskappe

Graadprogramme in Wiskundige Wetenskappe

BSc in Wiskundige Wetenskappe

Hierdie program bied drie fokusareas wat verskillende velde in die wiskundige wetenskappe as fokus het, waarvan jy een kies: Wiskunde, Toegepaste Wiskunde en Operasionele Navorsing.
Fokusareas:

  • Afhangend van die fokusarea wat jy kies, sal jy één van bogenoemde vakke neem in kombinasie met vakke uit die wiskundige wetenskappe OF vakke uit ander dissiplines soos: Algemene Taalwetenskap, Biochemie, Chemie, Ekonomie, Genetika, Musiektegnologie, Fisika. 

Spesifieke toelatingsvereistes:

  • Wiskunde 6; EN Fisiese Wetenskappe 4 (as jy Chemie of Fisika wil neem)

BSc in Rekenaarwetenskap

Die BSc in Rekenaarwetenskap rus jou toe met 'n uitgebreide kennis van rekenaarwetenskap, insluitend programmering, rekenaarstelsels, databasisse, netwerke, bedryfstelsels en gelyklopende programmering.
Fokusareas:
 

  • Algemene Rekenaarwetenskap (met moontlike tweede hoofvak: Algemene Taalwetenskap, Ekonomie, Genetika, Geografiese Inligtingstegnologie, Toegepaste Wiskunde, Wiskundige Statistiek, Wiskunde, Musiektegnologie, Operasionele Navorsing of Statistiek)
  • Rekenaarstelsels
  • Datawetenskap


Spesifieke toelatingsvereistes:

  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 en Wiskunde 6
  • Enige ander skoolvak uit die aangewese lys van vakke vir universiteitstoelating 4
    EN
  • Indien jy Chemie of Fisika as keuse- of verpligte universiteitsvak wil neem: Fisiese Wetenskappe 4​
Kom gesels met ons oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe, asook die studentelewe by die Universiteit Stellenbosch.
(021) 808-3931