Breadcrumb
FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Voorgraadse Programme
Fisiese Wetenskappe
Graadprogramme in Fisiese Wetenskappe
BSc in Chemie
Hierdie program bied studente opleiding in die verskillende velde van chemie wat anorganiese, organiese, analitiese, fisiese en polimeerchemie insluit.
Fokusarea: Chemie en Polimeerwetenskap
Hoofvakke: Chemie + 'n tweede hoofvak
Fokusarea: Chemiese Biologie
Hoofvakke: Chemie en Biochemie
Fokusarea: Materiaaltegnologie
Hoofvakke: Chemie, Toegepaste Chemie
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4
BSc in Fisika
Hierdie program rus studente toe met die Fisika-kennis, tegniese en spesifieke wetenskapsvaardighede wat vereis word in Laserfisika, Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfiska, sowel as Teoretiese Fisika.
Fokusareas: Laserfisika (Fisiese), Kernfisika, Stralings- en Gesondheidsfisika
Hoofvakke: Fisika en Toegepaste Wiskunde, Chemie, Rekenaarwetenskap, Wiskunde
Fokusarea: Laserfisika (Biologies)
Hoofvakke: Fisika, Biochemie
Fokusarea:Teoretiese Fisika
Hoofvakke: Fisika en Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap, Wiskunde
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 EN Fisiese Wetenskappe 4
BSc in Aardwetenskap
Hierdie program fokus op die praktiese en teoretiese opleiding in geologie en geo-omgewingswetenskap.
Fokusarea: Toegepaste Aardwetenskap
Hoofvakke: Geologie, Geografiese Inligtingstegnologie
Fokusarea: Geo-omgewingswetenskap
Hoof-/Kernvakke: Geologie, Omgewingsgeochemie, Geografie en Omgewingstudie
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 (afhangend van jou vakkeuse); EN Fisiese Wetenskappe 4
BSc in GeoInformatika
Hierdie program fokus op die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van geo-informatika ten einde ruimtelike inligting digitaal vas te lê, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en kartografies voor te stel.
Hoofvakke: Geografiese Inligtingstegnologie EN Rekenaarwetenskap OF Sosio-informatika
Spesifieke toelatingsvereistes
- Wiskunde 6 OF Wiskunde 5 (afhangend van jou vakkeuse); EN Fisiese Wetenskappe 4