Skip to main content
Researchers have overturned a long-held theory that gigantic dragonfly-like insects could only have existed 300 million years ago because atmospheric oxygen levels were about 45% higher than they are today.
Image by: Keerthirajan007. Creative Commons Attribution-Share Alike 4.0 International license. File:Dragon Flies ,.jpg - Wikimedia Commons
Persverklaring

Insekte se liggaamsgrootte word nie deur atmosferiese suurstof beperk nie

Media, Faculty of Science
10 April 2026
  • Navorsers het lank reeds bestaande teorie omvergewerp oor prehistoriese reusagtige insekte.
  • Die vorm en funksie van insekte steeds 'n aktiewe navorsingsveld.
  • Begrip van liggaamsgrote en funksionele beperkings het implikasies vir die verstaan van biodiversiteitsreaksies op mensgemaakte druk.

Twee navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) was deel van die span – gelei deur navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Adelaide, Australië – wat ’n lank reeds bestaande teorie omvergewerp het dat reuse-naaldekokeragtige insekte 300 miljoen jaar gelede slegs kon bestaan omdat atmosfereriese suurstofvlakke ongeveer 45% hoër was as vandag.  

Prof. Susana Clusella-Trullas van die US se departement Plant- en Dierkunde, en prof. John Terblanche van die departement Bewaringsekologie en Entomologie het die afgelope vyf jaar saam met dr. Edward (Ned) Snelling en dr. Antoinette Lensink van die UP se Fakulteit Veeartsenykunde, en dr. Roger Seymour van die Universiteit van Adelaide gewerk.

Clusella-Trullas sê dit is te danke aan die merkwaardige insekdiversiteit van Suider-Afrika dat hulle die voorkoms van trageole in die spierweefsel (fyn respiratoriese buisies wat suurstof direk na die weefsel vervoer) van meer as 40 spesies kon meet: “Dit het met meer as vier ordes van grootte gewissel, wat die toets van hierdie langstaande hipotese vergemaklik het.” 

Volgens Terblanche bly die bestudering van die vorm en funksie van insekte ’n aktiewe navorsingsveld: “Die sistematiese, vergelykende fisiologiese benaderings wat relatief eenvoudige tegnieke soos mikroskopie gebruik, kan fundamentele insigte bied oor hoe diere werk.”

Boonop het die begrip van insekte se liggaamsgrootte en hul funksionele beperkings breë implikasie vir die verstaan van hul biodiversiteitsreaksies op mensgemaakte druk in ’n era van vinnige verandering, sluit hulle af. 

Lees die mediaverklaring van die Unviersiteit Pretoria hier.

Die oorspronklike navorsingsartikel getiteld “Oxygen supply through the tracheolar–muscle system does not constrain insect gigantism” het in Nature verskyn. 

DOI 10.1038/s41586-026-10291-3

URL https://www.nature.com/articles/s41586-026-10291-3

Merkers

Biodiversiteit

Verwante stories