Studentevrywilligers maak 'n tasbare verskil in die lewens van hul eweknieë deur die Tygerberg Pantry-projek (TPP). Die TPP is 'n noodondersteuningsinisiatief wat voedselonsekerheid onder studente by die FGGW aanspreek. Die projek oorbrug kritieke gapings wat deur befondsingstekorte gelaat word en bied 'n reddingsboei aan studente wat sukkel om kop bo water te hou.