Gemeenskapsinteraksie
Maatskaplike impak
Dosente van Menslike Voeding is by opleiding in staatstrukture betrokke en dien ook op versoek as adviseurs in die bedryf en vir die staat.
- Dienslewering
- Diensleer
Dienslewering
Die dosente en studente van Menslike Voeding lewer die volgende dienste op versoek by ons geakkrediteerde opleidingshospitale, organisasies sonder winsbejag en sentrums vir vroeë kinderontwikkeling:
- Personeelopleiding volgens die behoeftes van die voedseldienseenheid
- Die uitvoer van voedselvermorsingstudies soos deur die voedseldienseenheid versoek
- Opvolgprosedures om die voedseldienseenheid van inligting te voorsien, wat gebruik kan word om die gehalte van die maaltye wat bedien word, te verbeter
- Finalejaarstudente spreek pasiënte daagliks om voedingstatus vas te stel, hulle voedingsvereistes te beplan en hulle oor tersaaklike dieetkundige sake op te voed.