Skip to main content

Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika

Die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika (ISNA) speel ’n kernrol in die bevordering van institusionele strategie en die instandhouding van inligtingsintegriteit aan die Universiteit Stellenbosch (US). Ons doen dit deur die bestuur en ondersteuning van die strategieproses; die bestuur van strategiese en institusionele projekte; die integrasie en beskerming van institusionele data; en die fasilitering van ingeligte besluitneming in diens van die US se visie.

Kontak ons

+27 21 808 9740
[email protected]

Straatadres
Administrasiegebou B
Victoriastraat
Stellenbosch

en

Murraystraat 12
Stellenbosch

ISNA se dienste en projekte

Bestuur van strategieprosesse

Ons is verantwoordelik vir die bestuur, koördinering, strategiese samehang, evaluering en monitering van jaarlikse en sikliese prosesse wat met die Universiteit se strategie verband hou.

  • Strategiese Fonds
  • Strategiese beplanning en bestuur
  • Waardes in aksie

Bestuur van strategiese projekte en veranderingsprosesse

Ons bevorder die suksesvolle implementering van strategiese instellingsprojekte en veranderingsbestuur.

  • Veranderingsbestuurmetodologie
  • Kode 2040
  • Projekbestuur en Smartsheet

Inligtingsoorsigbestuur

Ons ontwikkel beleidsrigting deur navorsing en beleidsontwikkeling, implementeer ’n raamwerk vir inligtingsbestuur, monitor institusionele nakoming, en hanteer verantwoordelikhede ingevolge wetgewing soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) en die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA).

Geïntegreerde data-analise

Ons verken en ontleed data, en omskep dit in geïntegreerde inligting wat strategiese, taktiese en operasionele besluitneming regoor die Universiteit versterk.

Hoof stories

Lees stories oor ons strewe na oplossings met impak, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.

No content found.