
US spog met rekordgetal NWTF-finaliste
Die Universiteit Stellenbosch (US) sal deur agt finaliste by die 2016/2017 Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum (NWTF)/ South32-toekennings verteenwoordig word – 'n nuwe rekord vir die US. Drie van die agt finaliste sal in meer as een kategorie meeding.
Die jaarlikse NWTF/South32-toekenningsgeleentheid erken, vier en beloon uitnemendheid in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie (WET) en innovasie in Suid-Afrika.
Die wenners word op Donderdag 29 Junie by 'n gala-geleentheid by Emperors Palace in Kempton Park aangekondig waartydens me Naledi Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie, en amptelike beskermheer van die NWTF/South32-toekennings, die pryse sal oorhandig.
Volgens die organiseerders is dit ʼn uitsonderlike eer om ʼn finalis te wees veral gegewe die gehalte van nominasies wat jaarliks ontvang word, die strawwe kompetisie onder genomineerdes, en die groeiende belangstelling oor die jare.
Die finaliste en die kategorieë waarin hulle benoem is, is soos volg:
Prof Guy Midgley (Plant- en Dierkunde) & Prof Helmut Prodinger (Wiskundige Wetenskappe)
- Lewenslange bydrae: Aan ʼn individu vir uitstaande bydrae tot WET en innovasie oor ʼn tydperk van 15 jaar of meer.
Prof Resia Pretorius (Fisiologiese Wetenskappe)
- TW Kambule-toekenning vir navorsing en uitsette: Aan ʼn individu wat oor ʼn tydperk van tot 15 jaar ná die verwerwing van ʼn doktorsgraad tot navorsing en uitsette bygedra het.
Dr Thorsten Becker (Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese)
- TW Kambule-toekenning vir opkomende navorsers: Aan ʼn individu wat oor ʼn tydperk van tot 6 jaar ná die verwerwing van ʼn doktorsgraad tot navorsing en uitsette bygedra het.
Prof Resia Pretorius (Fisiologiese Wetenskappe)
- Navorsings- en Ingenieurskapasiteitsontwikkeling: Aan ʼn individu wat gedurende die laaste 5 tot 10 jaar uitstaande leierskap getoon het in die bevordering van jong navorsers of ingenieurs se deelname in gekose WET-velde.
Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (Prof Wikus van Niekerk, Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese)
Prof Guy Midgley (Plant- en Dierkunde)
- NWTF-GreenMatter-toekenning vir bydraes tot biodiversiteitsbewaring, omgewingsvolhoubaarheid en 'n groener ekonomie.
Prof Eugene Cloete (Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies)
- NWTF-Waternavorsingskommissie (WNK)-toekenning: Aan individue, spanne, vennootskappe en organisasies wat hul beywer vir volhoubare waterbestuur, kennisproduksie en oplossing; word toegeken in erkenning vir leierskap en impak.
Prof Eugene Cloete (Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies)
Vulamanz-ontwikkelingspan, Prof Lingam Pillay (Prosesingenieurswese)
- Navorsing vir Innovasie: Toegeken vir navorsing wat tot innovasie in Suid-Afrika gelei het.
Iimbovani-uitreikprogram, Dorette du Plessis (Sentrum vir Indringerbiologie)
- Kommunikasie: Uitreik en bewusmaking: Die toekenning gee erkenning aan ʼn kommunikeerder wat ʼn beduidende bydrae tot WET gelewer het deur ʼn wesenlike impak te maak in terme van publieke bewusmaking van WET.