OLA Seminare
SOL organiseer elke kwartaal 'n virtuele Onderrig- en Leerseminaar, onder beskerming van die Viserektor (O-L-A), Prof Deresh Ramjugernath, en die Afdeling Leer- en Onderrigverryking. Die seminare beoog om die akademieskap van onderrig en leer te bevorder. Tydens hierdie sessies deel SU Teaching Fellows hulle navorsing, innovasies en ervarings oor onderrig en leer met kollegas.
15 Mei 2025
Blaas die vuur aan: Transformerende onderrig en die dekolonisasie van mediese onderwys
Prof Faadiel Essop besin in hierdie seminaar oor sy reis as ’n opvoeder, wetenskaplike en mentor, en verken hoe transformerende onderrig dissiplinêre silo’s kan afbreek en tradisionele paradigmas in mediese onderwys kan bevraagteken. Op grond van sy ervaring in uiteenlopende rolle – van mentor vir hoërskoolleerders in hulpbronarm gemeenskappe tot leier in kardiometaboliese navorsing in Afrika – ontleed prof Essop die filosofie agter sy “pedagogie van betrokkenheid”.
As die ontvanger van die TAU-genootskapsprys vir 2024, is prof Essop ’n kampvegter vir onderwys wat uit méér as inhoudsaanbieding bestaan en ook kritiese denke, ’n maatskaplike bewussyn en ’n doelbesef by studente skep. In die seminaar bespreek hy sy innoverende interdissiplinêre inisiatiewe, waaronder samewerkings tussen mediese en kunsstudente, en sy werk aan die dekolonisering van mediese onderwys deur die module “Kenmerke van die Wetenskap”.
Vir hom is die wetenskap en die samelewing onlosmaaklik verbind en daarom nooi hy ons om nuut te dink oor opvoeders se rol in die ontwikkeling van graduandi wat nie net tegnies vaardig is nie, maar ook maatskaplik bewuste agente vir verandering kan wees. Hierdie seminaar bied insig in die toekoms van transformerende onderwys en moedig ons aan om ons onderrig, leer en betrokkenheid in die akademie uit ’n nuwe hoek te beskou.
24 October 2024
Rethinking the Decolonial Moment: Towards an Ethics of Hospitality in Higher Education
Tydens hierdie seminaar sal prof. Lis Lange die dekoloniale oomlik aan Suid-Afrikaanse universiteite herbesoek om onbenutte geleenthede vir aanspreek van studente se gevoel van uitsluiting en gebrek aan erkenning, sowel as die potensiaal vir die dekolonisering van die Universiteit, te identifiseer. Sy sal ook oorweeg hoe die COVID-19-pandemie tydelik ruimte geskep het om studente se psigo-sosiale en ekonomiese realiteite te erken, ten einde insig te beid oor nuwe verhoudings tussen studente, die universiteit en die samelewing. Met verwysing na Derrida (2001), Mignolo (2012) en Anzaldúa (1987), stel prof. Lange 'n etiek van gasvryheid voor in 'n antwoord op die onopgeloste vrae wat deur #RhodesMustFall en #FeesMustFall geopper is, trewyl sy besin oor 'n herstigting van die universiteit in die 21ste eeu.
Prof. Lis Lange is Spesiale Adviseur vir die Vise-Rektor: Leer en Onderrig aan die Universiteit Stellenbosch. Tot April 2022 was sy die Vise-Rektor: Onderrig en Leer aan die Universiteit van Kaapstad. Tussen 2014 en 2018 het sy 'n soortgelyke portefeulje by die Universiteit van die Vrystaat beklee. Sy was die Uitvoerende Direkteur (2006-2010) van die Hoër Onderwys Gehalteraad van die Raad op Hoër Onderwys. Prof. Lange is sedert 1998 betrokke by die ontwikkeling en implementering van wetenskap- en tegnologie- sowel as hoër onderwysbeleid in Suid-Afrika. Haar navorsingsbelangstellings fokus op die filosofie en politiek van hoër onderwys. Sy het navorsing gedoen en publikasies geskryf oor verandering in hoër onderwys, sowel as oor die betekenisse en moontlikhede van transformasie, dekolonisering en kurrikulumverandering, en oor die betekenis van die universiteit in die 21ste eeu.
24 October 2024
Using translanguaging pedagogy in the multilingual classroom
Prof. Mbulungeni Madiba is sedert September 2019 Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit Stellenbosch. Hy het gedien as die direkteur van die “Multilingual Education Project” (“MEP”) in die Sentrum vir Hoëronderwysontwikkeling (“CHED”) by die Universiteit Kaapstad (UK). Hy was verskeie kere adjunkdekaan en waarnemende dekaan van “CHED”, was voorsitter van die Taalkomitee van die UK Senaat, en het in die UK Raad gedien. Prof. Madiba het 30 jaar ondervinding in onderrig en 'n rykdom aan leierskap- en bestuurservaring. As 'n vol professor in Meertalige Opvoeding hou prof. Madiba 'n DLitt et Phil (Linguistiek) graad van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Hy het navorsingsgenootskappe en studietoekennings van verskeie hoëronderwysinstellings in die buiteland ontvang, insluitend die universiteite van Keulen, Londen (Oppenheimer-genoot), Birmingham en Harvard (Mandela-genoot). As 'n gevestigde navorser met 'n C-gradering van die Nasionale Navorsingstigting is sy hoofnavorsingsbelangstellings taalbeplanning en -beleid, met 'n spesiale fokus op meertalige opvoeding.
Suid-Afrikaanse universiteite word gekonfronteer met talle dilemmas in die implementering van meertaligheid in hul onderrig- en leerprogramme (SAHRC Verslag, 2014). Hierdie dilemmas is van teoretiese/ideologiese, metodologiese en praktiese aard. Die doel van hierdie aanbieding is om dié dilemmas te bespreek en innoverende strategieë aan die hand te doen wat gebruik is / kan word om dit by Suid-Afrikaanse universiteite aan te spreek. Ek sal translanguaging voorstel as 'n innoverende pedagogiese strategie om die uitdagings van taalbeleidimplementering wat in hierdie aanbieding geïdentifiseer word, te oorkom. Ek sal argumenteer dat translanguaging nie net meertalige studente in staat stel om hul volle taalrepertorium in die leerproses te gebruik nie, maar ook die gaping tussen universiteitstaalbeleide en pedagogiese praktyke oorbrug.
Verwysings
Garcia, O. and Kleyn, T. 2016. Translanguaging with multilingual students: Learning from Classroom moments. New York: Routledge.
Madiba, M. 2018. The Multilingual University. In A. Creese and A. Blackledge (eds.), The Routledge Handbook of Language and Superdiversity. London: Routledge (pp.504-517). The multilingual university.pdf
15 August 2024
Opportunity, meaning, and choice: Proposing a pedagogy of occupational justice
Prof. Plastow definieer “beroepsregverdigheid" as 'n vorm van sosiale geregtigheid waarin mense gelykheid en regverdigheid ervaar met betrekking tot hulpbronne en geleenthede vir deelname in 'n wye reeks gesonde en betekenisvolle beroepe. Om beroepsregverdigheid te ervaar beteken om die geleenthede en hulpbronne te hê vir doen, wees, behoort en word (Mthembu, 2021).
PProf. Plastow het verduidelik dat, by die Universiteit Stellenbosch, ons visie vir 'n transformerende leerervaring beteken dat “doen en wees" 'n student in staat stel om gegradueerdes en lede van 'n beroep “te word". Louw (2023) voer aan dat akademici saam met studente geleenthede vir transformerende leer kan skep wat beroepsregverdigheid in gesondheidswetenskappe-onderrig bevorder. In haar artikel “Advancing a social justice agenda in health professions education" argumenteer Jacobs (2020) egter dat akademici in gesondheidsberoepe-onderrig studente moet ontwikkel wat klinies bevoeg én krities bewus is van die kontekste waarin hulle werk, sodat hulle agente van verandering kan word.
Prof. Plastow het dienooreenkomstig 'n pedagogie van beroepsregverdigheid voorgestel wat daarop gemik is om beroepsregverdigheid vir sowel studente as gesondheidsdiensgebruikers moontlik te maak. Met gebruik van 'n voorbeeld van een diensleerterrein in Bishop Lavis het sy geïllustreer hoe akademici studente in staat kan stel om te doen, wees, word en behoort; terwyl hulle terselfdertyd toegang tot hulpbronne en geleenthede vir betekenisvolle deelname vir mense wat verskeie vorme van beroepsonreg kan ervaar, moontlik maak.
Verwysings:
Jacobs, C. (2020). Advancing a social justice agenda in health professions education. Critical Studies in Teaching and Learning, 8(2).
Louw, H. (2023). A Co-constructed Strategic Framework for Transformative Learning that Promotes Occupational Justice in Health Science Education at a Higher Education Institution in Namibia: A Participatory Action Research. Stellenbosch University PhD Protocol. Supervisors: Lana van Niekerk, Quenton Wessels, Nicola Plastow.
Mthembu, Thuli G. (2021). A Commentary of Occupational Justice and Occupation-based Community Development Frameworks for Social Transformation: The Marikana Event. South African Journal of Occupational Therapy, 51(1), 72-75. https://dx.doi.org/10.17159/2310-3833/2021a10
Kyk asseblief na die aanbieding vir verdere verwysings of kom direk met Prof Plastow in aanraking
16 Mei 2024
The classroom as an assemblage of places
Dr. Bernard se aanbieding is in 'n interdissiplinêre konteks geplaas in ooreenstemming met die sienings van Gulsen en Symes (2007:97) dat opvoedkundige teorie op ander dissiplines gegrond is en dat opvoedkundiges geneig is om breë epistemologiese “wendinge” na te volg eerder as om laasgenoemde te inisieer. Sy het die dekoloniale wending in Suid-Afrikaanse Hoër Onderwys (HO) kontekste erken, terwyl sy terselfdertyd gesteun het op die werk van kritiese geograwe soos Harvey (1996) en Massey (2005) asook idees wat voortspruit uit die “ruimtelike wending” – 'n wending wat HO-praktisyns in Suid-Afrika nog nie op 'n stelselmatige manier opgeneem het nie, volgens dr. Bernard.
Dr. Bernard se aanbieding het op die bevindinge van haar Onderriggenootskap-navorsingsprojek gekonsentreer. Sy het drie jaar se visuele, etnografiese data wat sy van 'n groep meertalige studente by die Universiteit Stellenbosch versamel het gebruik om te verstaan hoe hulle Stellenbosch as ’n “plek” ervaar. Dr. Bernard het beklemtoon hoe aandag aan “ruimte” en ruimtelike teorie bydra tot genuanseerde en gesofistikeerde begrip van diversiteit, toegang, insluiting en uitsluiting. Sy het die sleutelrol van posisionaliteit in die vorming en hervorming van die veelvoudige identiteite binne elke persoon bespreek en verduidelik dat die ondersoek van Stellenbosch vanuit 'n ruimtelike perspektief nie gaan oor die skep van nuwe probleme nie – dit gaan eerder oor die verskaffing van verduidelikende raamwerke wat kan ontwrig wat ons dink ons weet, en in die proses nuwe moontlikhede vir onderrig, leer en assessering kan voorhou. Volgens dr. Bernard moet onderrig sowel “grense oorsteek” as “brûe bou”.
Dr. Bernard se aanbieding het die vorm aangeneem van 'n kritiese selfrefleksie waarin sy oor die proses van “die wording van 'n etnograaf” nagedink het. Sy het haar data met teorie verweef en het aan die einde haar teoretiese refleksies in konkrete voorbeelde van hoe aandag aan “ruimte” haar pedagogiese praktyke verander het, gegrond.
Verwysings:
Gulson, K.N. & Symes, C. (2007) Knowing one's place: space, theory, education. Critical Studies in Education, 48(1): 97-110. DOI: 10.1080/17508480601123750
Harvey, D. (1996) From space to place and back again. In: Bird, J., Curtis, B., Putnam, T. & Tickner, L. (eds.). Mapping the future: Local cultures, global change. London: Routledge. Pp. 3-29.
Massey, D. (2005) For space. London: Sage.
Kyk asseblief na die aanbieding vir verdere verwysings of kom direk met dr. Bernard in aanraking.
14 Maart 2024
Models of doctoral supervision in health professions education: process and power
Prof. van Schalkwyk het insigte beskryf wat verkry is uit haar werk oor doktorale studieleiding wat, onder meer, die ervaring van die ontvang van studieleiding, of die lei van andere, tydens 'n reeks onderhoude (sommige aanlyn) met 23 doktorale kandidate en 10 studieleiers in 10 lande verken het. Sy het die voortdurend veranderende aard van die verhouding tussen studieleier en kandidaat, wat dryfvere vir nuwe modelle en benaderings insluit, gedeel. Hierdie werk het implikasies vir die inisiëring van gesprekke oor doktorale studieleiding, die hersiening van die benaderings wat ons volg, en kritiese betrokkenheid by die begrippe van kennis en mag.
Doktorale studies is daarop gemik om die grense van wat bekend is uit te brei, met die doel om 'n kennisbydrae tot die veld waarin sulke studies onderneem word te maak. Kennis wat as waardevol beskou word deur diegene wat hoë aansien in die veld geniet, is inherent kragtig – dit rig die wetenskap en dra by tot die kanon. Die nastreef van sulke kennis staan sentraal in die doktorale onderneming wat gekenmerk word deur 'n proses van “wees en word” soos die student die oorgang na 'n gekose dissiplinêre gemeenskap maak – 'n gemeenskap wat gedefinieer word deur 'n stel norme en waardes wat oor die tyd heen ontwikkel is, en deur wat as kennis geld binne hierdie struktuur. Die begrip van die oorsteek van grense bied 'n lens waarmee hierdie oorgang verken kan word. Doktorale skryfwerk verteenwoordig byvoorbeeld 'n spesifieke grens waarmee studente moet omgaan soos hulle die korpus werk wat uit hulle akademiese ondernemings na vore kom probeer inskryf om uiteindelik kragtige skrywers te word (Van Schalkwyk & Jacobs, 2021). Die proses van studieleiding is sentraal in die doktorale reis en probeer hierdie omgang fasiliteer terwyl die integriteit van die dissiplinêre kanon terselfdertyd gehandhaaf word. Dit bring vrae na vore oor die aard van daardie studieleiding, die manier waarop dit georganiseer word, en hoe dit beoefen word.
Prof. van Schalkwyk se aanbieding het die bevindinge van haar Onderriggenootskap-navorsingsprojek verteenwoordig.
Verwysings:
McKenna, S; Van Schalkwyk, S. (2023). A scoping review of the changing landscape of doctoral education. COMPARE. https://doi.org/10.1080/03057925.2023.2168121
Van Schalkwyk, S; Jacobs, C. (2021). Borders and tensions in Doctoral Writing. In: Badenhorst C; Amell and B & Burford J. (eds). Re-imagining doctoral writing. WAC Clearing House: Colorado.
Verwys asseblief na die aanbieding vir verdere verwysings of kom in aanraking met prof. Van Schalkwyk
16 March 2023
Infusing research-mindedness in a Psychology Honours module
Having taught research methods modules to undergraduate and postgraduate Psychology students since 2003, Prof. Kagee is convinced that “it is not only what students know but how they come to know it". The research module in Psychology Honours that he teaches therefore brings into focus a reliance on an evidentiary base to support claims to truth in psychology. However, Prof. Kagee has encountered various barriers to teaching this module.
Some psychology students do not understand the need to learn research methods; some are dismayed at having to take compulsory modules in research methods; for some, scientific thinking is inappropriately applied to psychology; there is sometimes scepticism about whether psychological experiences can and should be measured; and methodology and ideology are seen to coincide by some students and academics.
As a participant in the 2021-2022 TAU (Teaching Advancement at University) Fellowship Programme, Prof. Kagee had to conceptualise, execute and evaluate a research project. The aim of his project was to recurriculate the Research Methods 771 module in Psychology Honours, developing an approach to teaching research methods that engages with the above-mentioned barriers and convinces students that research methods are integral to learning about psychology and can be interesting and fun. He related the module to the SU graduate attributes and also increased its social relevance, demonstrating that technical knowledge of research methods can be applied in the service of a greater social good. Prof. Kagee furthermore emphasized that research methods are not apolitical – like science, they are contextually embedded and influenced by history, power, and material conditions.
References
Diab, M., Veronese, G., Jamei, Y. A., & Kagee, A. (2020). The interplay of paradigms: Decolonizing a psychology curriculum in the context of the siege of Gaza. Nordic Psychology, 72(3), 183–198.
Howard, C., & Brady, M. (2015). Teaching social research methods after the critical turn: challenges and benefits of a constructivist pedagogy. International Journal of Social Research Methodology, 18(5), 511–525.
Kagee, A. (2006b). Where is the evidence in South African clinical psychology? South African Journal of Psychology, 36(2).
11 Mei 2023
ʼn Sluitsteenprojek om die entrepreneurs- en ander noodsaaklike vaardighede van studente in uitgesoekte AgriWetenskappe-departemente te versterk
Dr Strever se OBU-genootskapsprojek (2022-2023) fokus op die identifisering van maniere waarop entrepreneurs- en ander toekomsnoodsaaklike vaardighede tot ʼn sluitsteenprojek geïntegreer kan word. Die projek is ontwerp om ʼn gerigte strategie in die Fakulteit AgriWetenskappe te ontwikkel, wat voldoen aan die eise wat gestel word deur die voorbereiding van studente vir die wisselvallige, onsekere, komplekse en dubbelsinnige (VUCA-) omgewing waaraan hulle as graduandi blootgestel sal word..
Hoewel sommige departemente in die fakulteit reeds beperkte blootstelling aan entrepreneurskap en ander verwante aspekte bied, is daar ʼn steeds groeiende behoefte aan ʼn omvattende en gerigte strategie, ook in ooreenstemming met die Universiteit se huidige Spelwisselaarprojekte. Die projek behels ook interaksie met ander fakulteite om uit hulle ervaring te leer en het ʼn praktykgemeenskap in die Fakulteit AgriWetenskappe aangevoor om aan hierdie behoefte te voldoen. Die oogmerk is om ontwrigting van die huidige kurrikulums tot die minimum te beperk, terwyl ʼn gedeelde hulpbronbasis vir onderrig, leer en assessering met betrekking tot entrepreneurskap en verwante bevoegdhede ontwikkel word. Die projek het reeds suksesvolle verandering aan een departement se moduleraamwerk bewerkstellig om die sluitsteenbeginsel te implementeer en word tans oor die drie studiejare van die BScAgric (Wingerd- en Wynkunde) program toegepas. Die projek se pogings word ook aangevul deur ʼn navorsingsopdrag in bedryfsingenieurswese, wat daarop gemik is om ʼn ‘radar’ vir bevoegdhede en tegnologieë wat op landbou betrekking het, te ontwikkel. Hierdie opdrag sal ook kortliks bespreek word.
Bronverwysings
- Fitz-Koch, S., Nordqvist, M., Carter, S., & Hunter, E. (2018). Entrepreneurship in the Agricultural Sector: A Literature Review and Future Research Opportunities. Entrepreneurship Theory and Practice, 42(1), 129–166. https://doi.org/10.1177/1042258717732958
- Futures of Agricultural Employment in South Africa: 2035, Institute of Futures Research, Stellenbosch Business School, accessed April 2023.
31 August 2023
Curriculum Program Renewal: Balancing Clinical Competence and Critical Skills Development
The increasing demand for producing graduates capable of making a difference requires professional programs in health sciences to help students learn skills and develop attributes that extend beyond clinical competence. An already overloaded curriculum and student and staff wellness are currently major threats to the success of our physiotherapy program. However, problem-based learning (PBL) provides an opportunity for students to develop the critical skills (“power skills”) of collaboration, communication, leadership, advocacy and scholarship – the building blocks of a curriculum – while simultaneously learning physiotherapy and developing clinical competence. Bringing real-world problems into the classroom provides those tipping moments for transformation.
Prof. Unger emphasised that integrated scaffolding is key to the success of PBL. Using complex learning theory (the 4C-ID model) to integrate scaffolding could yield benefits such as improving knowledge construction and deeper learning, and dealing with complexity without losing sight of separate elements and the relationship between those elements. If carefully designed and starting on day one of year one, the issues of fragmentation, compartmentalisation, and the transfer paradox, typical of hierarchical modular curricula, can be addressed.
Prof. Unger views programme renewal as reflection- and research-based. It is not only a paper process, but also a people management process. Change management and leadership are required to get both students and lecturers comfortable with “not knowing” and accepting change. In programme renewal, process is therefore more important than product.
References
Frerejean, J., Dolmans, D.H., & van Merrienboer, J.J. (2022). Research on instructional design in the health professions: from taxonomies of learning to whole‐task models. Researching Medical Education, 291-302.
Mezirow, J. (2018). Transformative learning theory. In Contemporary theories of learning (pp. 114-128). Routledge.
Yew, E.H., & Goh, K. (2016). Problem-based learning: An overview of its process and impact on learning. Health Professions Education, 2(2), 75-79.
19 October 2023
Embedding student graduate attributes in accounting education
The new CA2021/CA of the Future Competency Framework (CF) has brought the level of non-technical skills or “soft skills" up to the level of technical competencies. Accountants are expected to have well-developed non-technical skills (Tsiligiris & Bowyer, 2021). Non-technical skills, such as ethics, citizenship, critical thinking, communication and teamwork can be viewed as graduate attributes and their development should be integrated into the core technical modules of an academic programme (Barrie, 2007; Miller & Willows, 2023; Terblanche & De Clercq, 2021).
Prof. Steenkamp's presentation focused on a case study at the School of Accountancy, where programme renewal was undertaken to embed the development of the CA2021 graduate attributes into the academic programme. These attributes can be divided into three sections:
professional values and attitudes (ethics, citizenship, lifelong learning),
enabling competencies or “acumens" (business acumen, decision-making acumen, relational acumen, digital acumen), and
technical competencies.
Prof. Steenkamp was the implementation leader of the renewal. Two big changes were initiated: new modules in digital acumen, and a student portfolio of evidence. Prof. Steenkamp discussed several related innovations, including a critical thinking block in first year, a workshop on relational and decision-making acumen, developing citizenship values through social innovation upskilling, employing blended active learning, and a student portfolio of evidence on the graduate attributes to facilitate reflection. Upskilling was provided for all lecturers, to promote knowledge and “organic" changes.
Several “organic" projects – innovations with a scholarly approach and various co-authors – came into being:
- Defining and developing critical thinking in Financial Accounting
- Critical thinking “block" in FinAcc178
- Relational & decision-making acumen workshop with PGDA students
- 2nd and 3rd year integration projects
- Social innovation workshop (citizenship as value)
- Blended active learning in a postgraduate research module in Accounting.
The case study provided evidence of how graduate attributes can be embedded into the core technical modules of an academic programme, and could be useful for educators in other disciplines.
References
Simon C. Barrie (2007) A conceptual framework for the teaching and learning of generic graduate attributes. Studies in Higher Education, 32:4, 439-458, DOI: 10.1080/03075070701476100
Taryn Miller & Gizelle Demarie Willows (2023) Preparing accounting students to be responsible leaders. Accounting Education. DOI: 10.1080/09639284.2023.2228291
E.A.J. Terblanche & B. De Clercq (2021) A critical thinking competency framework for accounting students. Accounting Education, 30:4, 325-354, DOI: 10.1080/09639284.2021.1913614
Vangelis Tsiligiris & Dorothea Bowyer (2021) Exploring the impact of 4IR on skills and personal qualities for future accountants: a proposed conceptual framework for university accounting education. Accounting Education, 30:6, 621-649, DOI: 10.1080/09639284.2021.1938616
20 Oktober 2022
Kurrikulumtransformasie in die wetenskap: Personeel en nagraadse studente se betrokkenheid by dekolonialiteit
Die moderne Westerse wetenskap is verstrengel met kolonialisme (Roy, 2018) en positivistiese paradigmas wat sosiaal gekonstrueerde kennis as irrelevant of minderwaardig beskou. Kwessies van dekolonialiteit en sosiale geregtigheid in die wetenskap is kompleks (Ally, 2018) en uitdagend om by tegniese kurrikulums in te sluit. Daarom het Marianne in haar TAU- (“Teaching Advancement at University”-)genootskapsprojek in 2021 probeer vasstel hoe personeellede en nagraadse studente in die US se WTIW- (wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskunde-)fakulteite dekolonialiteit beskou en daarmee omgaan, in die lig daarvan dat die instelling se Transformasieplan spesifiek na Afrikanisering en dekolonisasie as vereistes in onderrig en leer (O&L) verwys.
Institusionele etiekgoedkeuring is bekom (TL-2021-23895). Gesprekke met personeellede en nagraadse studente is opgeneem en getranskribeer. Ná ’n gegrondeteoriebenadering is getranskribeerde inhoud stelselmatig in drie iteratiewe rondtes vergelykende ontleding gekodeer. Die resultate beklemtoon die hindernisse waarvoor personeel ten opsigte van hierdie kwessies te staan kom, waaronder verwarring en angs, ’n veronderstelde gebrek aan sistemiese steun of erkenning vir transformerende O&L, en onvoldoende kennis oor hoe om verandering te implementeer. Om uitkomste van sosiale geregtigheid in wetenskaponderrig en -leer aan die US te bereik, moet personeel dus opgelei en ondersteun word in “kulturele bevoegdhede” (Demosthenous, 2013) en maniere om hulle eie én studente se stemme by kontrapuntale benaderings in te sluit. Die navorsingsbevindinge en -aanbevelings dra by tot die bestaande kundigheidsbasis oor dekolonialiteit in WTIW. Dit onderstreep ook hoe belangrik dit is om te sorg dat die US hom in sy Transformasiebeleid (tans in konsepvorm) “verbind tot die verbintenis” deur seker te maak dat personeel en studente toegerus word met, en erkenning ontvang vir, bevoegdhede wat Afrikanisering en dekolonisasie gedurende kurrikulumvernuwing prioritiseer om ’n waarlik transformerende en inklusiewe studenteleerervaring te bied.
8 September 2022
Die bekendstelling van breër geesteswetenskappe- en kunskonsepte in die kurrikulum van biomediese wetenskap
Prof Essop se TAU-genootskapprojek het gefokus op die idee dat wetenskaplikes/ingenieurs dikwels hul dissipline as “neutraal” beskou, en dus sonder enige sosiopolitieke en historiese kontekste. Hierdie “wetenskaplike elitisme” kan dus skynbaar wetenskaplikes van sodanige kontekste vryspreek, bv. ongeregtighede wat tydens apartheid gepleeg is asook hedendaagse dringende kwessies soos die herstelling van billikheid en dekolonialisering.
Met die Covid-19-pandemie is wetenskaplikes toenemend in die publieke domein inforseer en daar is dikwels van hulle verwag om op buitensporige aansprake/sameswerings te reageer en om die wetenskaplike bedryf te verdedig. Sodanige response vereis egter grondige en kritiese insigte in die aard van die wetenskaplike proses (bv. swak punte, sterk punte, filosofieë en sosiokulturele-politieke kontekste) en die ideaal van hierdie proses om tot samehangende waarhede te kom. Daar is dus ʼn gaping in die opleiding van wetenskaplikes ten einde beter toegerus te wees om in die “post-waarheid”-wêreld te werk. Die doel van die TAU-genootskap was om ʼn nuwe honneursmodule in Geneeskundige Fisiologie te ontwikkel en om die opname daarvan deur studente en die moontlike impak daarvan te assesseer. Hier is die idee om ʼn geskikte pedagogiese raamwerk vir die bekendstelling van breër geesteswetenskappe- en kunskonsepte in die kurrikulum van die biomediese wetenskap te vestig. Dit behoort die skepping van ʼn transformatiewe onderrig- en leerervaring in die hand te werk, wat sal lei tot goed afgeronde graduandi (met versterkte graduandi-eienskappe) wat beter toegerus en opgelei is om sommige van die hedendaagse samelewingsuitdagings waarvoor ons te staan kom, te hanteer (en daarin leiding te gee).
25 August 2022
Active Feedback
The SU Teaching Fellows, together with the Centre for Teaching and Learning (CTL), hosted a research seminar for the SU academic community on 25 August 2022. The topic of the seminar was 'active feedback', or 'What if students generate their own feedback?'
The online seminar was presented by two guest speakers, Prof. David Nicol and Suzanne McCallum from the Adam Smith Business School, University of Glasgow. Nicol and McCallum collaborate in researching this topic and have published extensively on their findings.
The seminar focused on the power of comparison in making students' inner feedback visible to them and growing their sense of agency in the process. When students receive feedback comments from a lecturer, they are asked to compare those comments against their work, and they (hopefully) generate new understanding out of that comparison. In this conception of feedback, lecturers provide comments on students' work and students generate (inner) feedback. But what if students were asked to compare their work against information other than lecturers' feedback, for example, a textbook, video, diagram, journal article, rubric or some combination thereof? Research done by Nicol and McCallum shows that, when students are deliberately prompted to do this and to make their inner feedback explicit as well (for example, in writing), the results are remarkable. Not only does this method enhance the depth and scope of students' learning, but, importantly, it also develops their capacity to regulate their own learning, the goal of most higher education programmes. Furthermore, teachers can scale up feedback to all students without scaling up their workload.
Nicol introduced participants to the thinking behind this method and McCallum demonstrated its implementation, using a range of disciplinary examples. It became clear that generating their own feedback enables students to transfer their learning to new contexts. Active feedback is therefore directly linked to learning-centred teaching.
Participants were invited to interact with the presenters throughout the seminar and explored the possible application of active feedback to their modules. They were also invited to research this method further with Nicol and McCallum.
More information about David Nicol and Suzanne McCallum is available from www.davidnicol.net and https://www.gla.ac.uk/schools/business/staff/suzannemccallum/.
12 Mei 2022
Die moontlike gebruik van kompleksiteitsteorie om programevaluering in die Fakulteit Natuurwetenskappe te rig
Binne die konteks van programhernuwing aan die US, sal dit belangrik wees om ʼn doeltreffende programevalueringsraamwerk te hê, wat ook op die dinamiese aard van leer fokus. Dit sal ʼn skuif behels van die lineêre benadering tot programevaluering, met vier basiese komponente – insette, aktiwiteite, uitsette, uitkomste – na ʼn benadering wat die veelvlakuitkomste wat in programme na vore tree, verstaan. In hierdie seminaar word ʼn raamwerk vir programevaluering aangebied wat die vyf beginsels van kompleksiteitsteorie – netwerke, ontluiking, selforganisasie, terugvoersensitiwiteit en ratsheid – vaslê.
11 Maart 2022
Kurrikulumvernuwing vir Holistiese Leer
As dosente by die Universiteit Stellenbosch moet ons ons institusionele waardes van uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en aanspreeklikheid beliggaam in al ons ondernemings. Kurrikulumvernuwing bied aan ons ’n uitstekende geleentheid om hierdie waardes uit te leef deur ruimtes te bied om innoverende en inklusiewe leeromgewings te help skep wat ons in staat stel om ons visie om wêreldwyd erken te word as Afrika se toonaangewende navorsings-intensiewe universiteit, te bereik. Deur die skep van integrerende en holistiese leeromgewings (Quinlan, 2014) wat ontwerp is om die kurrikulumdomeine van kennis (epistemologie), self/eienskappe (ontologie) en aksie/praktyk (prakties) te balanseer (Barnett, 2000; Barnett et al, 2001, Gilmore et al, 2017), kan ons nader beweeg aan hierdie doel. In dié seminaar word voorbeelde uit ingenieursonderrig binne hierdie raamwerk aangebied om maniere ten toon te stel waarop dosente hul kennis en deskundigheid kan aanwend deur verrykte leerervarings te bied wat studente lei in die ontwikkeling van professionele eienskappe en dissiplinêre insig. Sodoende word hulle voorberei om produktief deel te neem in ’n komplekse, diverse en vinnig-veranderende wêreld.
21 Oktober 2021
ʼn Heeltemal nuwe wêreld: Oorbrug die gaping tussen kritiese digitale onderrigmetodiek en die (nuwe) geoutomatiseerde virtuele onderrig- en leeromgewin
Daar is al heelwat oor die Vierde Industriële Revolusie, outomatisering en een-en-twintigste-eeuse vaardighede geskryf. Hierdie narratiewe het ook al hulle weg gebaan na die gebied van die hoër onderwys. Wêreldwyd word daar van hoëronderwysinstellings verwag om vooruitdenkend te wees en nuwe tegnologiese vooruitgang, soos kunsmatige intelligensie en masjienleer, aan te gryp.
Hierdie seminaar sal beklemtoon hoe belangrik dit is om hierdie twee wêrelde krities in oënskou te neem. Dit vereis dat ons op die unieke kontekstuele behoeftes van studente in verskillende instellings reageer, terwyl ons terselfdertyd ʼn dieper begrip ontwikkel van die geleenthede en impak wat outomatisering, en spesifiek kunsmatige intelligensie, in onderwys kan bied. Die seminaar kan beskou word as die eerste stap in die bewusmaking van en die aanvoor van die bespreking oor hierdie belangrike komponente, en oor hoe ons as dosente en professionele administratiewe steundienstepersoneel, steeds binne die Universiteit Stellenbosch en die breër leeromgewing in hoër onderwys hierop kan reageer..
13 Mei 2021
Saam vorentoe in Leer en Onderrig by die Universiteit Stellenbosch: Waarnatoe volgende?
Van ERTLA tot ARTLA; van vermengdeleerondersteuning tot hibriedeleerprojekte; van die Akademieskap van Onderrig en Leer tot the Skollieskap van Opvoedkundige Leierskap: Waarheen is ons op pad en hoe gaan ons daar uitkom? Prof Ramjugernath deel sy insigte en visie vir leer en onderrig by die Universiteit Stellenbosch, en bepeins die vraag: Waarnatoe volgende?
Prof Ramjugernath deel sy insigte en visie vir leer en onderrig by die Universiteit Stellenbosch, en bepeins die vraag: Waarnatoe volgende? Hoe gebruik ons ons institusionele meganismes, soos programhersiening en -vernuwing en die AVOL-konferensie om die gehalte van studente se leerervarings te bevorder? Hoe ry ons die volgende tegnologiese golf, sonder om in diepe werksladings te verdrink of deur ’n maalstroom van pandemiese verdriet meegesleur te word?
In die jaar waarin ons kies om met assesseringskwessies te worstel, met ’n opdoemende institusionele oudit wat wag, hoe evalueer ons onsself krities en reflekteer ons sorgsamenderwys op die pad vorentoe? Hoe beplan ’n mens te midde van wisselvallige onsekerheid en verweefde goëlery wat soos ’n vloedgolf wag om te breek?
13 Mei 2021
Die probleem met toetse waarvoor daar beperkte tyd toegelaat word en wat gesit en skryf moet word: Die assessering van taal
Christa van der Walt is ʼn professor in die Departement Kurrikulumstudies aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy tans ook Visedekaan: Navorsing is. Haar navorsing fokus op meertalige onderrig en leer, en die ontwikkeling van akademiese geletterdhede. Sy het al wyd gepubliseer, met hoofstukbydraes vir 16 boeke waarvan sy ook die mederedakteur van drie van die boeke is. Sy is die outeur van die boek Multilingual higher education, uitgegee deur Multilingual Matters, en gepubliseer in 2013. Sy en dr V Pfeiffer is mederedakteurs van die boek Multilingual classroom contexts: Transitions and transactions, wat binnekort sal verskyn en uitgegee word deur SunMedia
Opvoedkunde staan nie bekend as ʼn vakgebied wat maklik en vinnig verander nie. Gedurende die inperking moes mense in die vakgebied onderrig- en assesseringspraktyke nie net vinnig nie, maar ook onder druk herbedink. Soos alle wesens wat spanningsvolle situasies beleef, moes opvoeders kies of hulle gaan veg of vlug, en nie een van die response dra by tot goed beplande en goed uitgevoerde onderrig nie. Assessering is heel moontlik die moeilikste aspek om te bestuur in hierdie tyd. In hierdie referaat bespreek ek sommige van die probleme wat ons ondervind met die assessering van taalverwante onderwerpe. Ek sal uit my eie perspektief oor die opleiding van taalonderwysers argumenteer dat ons tradisionele toetse waarvoor daar beperkte tyd toegelaat word en wat gesit en skryf moet word, met hul eie uitdagings gepaard gaan wat versluier word deur hul bekendheid en ons weerstand teen verandering. Die bespreking sal plaasvind in die konteks van internasionale perspektiewe op die geldigheid en betroubaarheid van aanlyn assesserings en kontroversiële praktyke soos toesighouding en ‘outomatiese’ assesserings.
25 Maart 2021
Kan en moet assessering ʼn gerigtheid op die samelewing en maatskaplike geregtigheid bevorder?
Dr Margaret Blackie is ʼn senior dosent in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, waar sy dosent in chemie is. Sy het in 2020 die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut se Onderrigmedalje ontvang, en die US se Toekenning vir Voortreflike Onderrig in die kategorie ‘Uitgelese Dosent’. Sy is ook ʼn US-onderriggenoot. Haar navorsingsbelangstellings sluit sintetiese chemie en opvoedkunde in, en sy onderrig Chemie in die Departement van Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe aan die US
Hierdie seminaar verken die verband wat getrek kan word tussen hoe ons studente in ‘STEM’-dissiplines (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) assesseer en die aankweek van ʼn gerigtheid op die breër samelewing, waarmee bedoel word ʼn sin van onderlinge verbondenheid tussen die self en ander. Uit die perspektief van kritiese teorie behoort opvoeding ʼn verskuiwing te fasiliteer van die begrip van die individu as outonoom, na die individu as lid van ʼn groter samelewing. Ons beskryf ʼn longitudinale studie onder voorgraadse studente in chemie en chemiese ingenieurswese aan universiteite in die Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika en die VSA. Volgens die studente se respons op assesseringstake toon slegs ʼn baie klein aantal enige gerigtheid op die samelewing. Hierdie uitslag is verrassend en ietwat ontstellend, omdat die kurrikulums van die meeste programme wat nagevors is, ʼn aantal samelewingsverwante assesseringstake insluit. Dit is dus duidelik dat meer as die doelbewuste insluiting van samelewingsverwante aktiwiteite in die kurrikulum of as assesseringstake nodig mag wees om die ideaal te verwesenlik van hoër onderwys wat op die samelewing en maatskaplike geregtigheid ingestel is.
Hierdie seminaar is ʼn klein deeltjie van ʼn groot projek getiteld Die Begrip van Kennis en Studente-agentskap, ʼn internasionale gesamentlike onderneming gelei deur prof Paul Ashwin van die Universiteit van Lancaster. Margaret Blackie sal die seminaar aanbied, maar die referaat, wat tans ewekniebeoordeling ondergaan, is deur Jan McArthur, Margaret Blackie, Nicole Pitterson en Kayleigh Rosewell geskryf.
26 November 2020
Twee termyne as Viserektor (Leer en Onderrig): ’n Nabetragtende terugblik en ’n kykie in die kristalbal
Prof Arnold Schoonwinkel is die uittredende Viserektor (Leer en Onderrig). Ná twee termyne as Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, word hy in 2013 tot die Rektoraat beroep. As dosent, begelei hy Meesters- en Doktorale studente en onderrig Beheerstelsels op ’n eenwielfiets – ’n pedagogiese benadering wat nog aan eweknie-beoordeling onderwerp moet word. Saam met sy studente, soldeer hy Afrika se eerste satelliet en lanseer dit die ruimte in. Prof Schoonwinkel verwerf ’n Meestersgraad in Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, sy PhD by Stanford en ’n MBA aan die Universiteit Kaapstad.
Soos begrond deur die Beleid oor Gehalteversekering en -bevordering aan die Universiteit Stellenbosch (US, 2019), om “gesamentlike betekenisskepping en besinning” te bevorder, besin Prof Arnold Schoonwinkel oor die suksesse en uitdagings van die portefeulje, Leer- en Onderrigverryking wat in 2013 in die lewe geroep is – en bespiegel oor die verwikkelinge wat vir ons voorlê.
Te midde van die #FeesMustFall beweging, oproepe tot ’n gedekoloniseerde kurrikulum en ’n ontwrigtende KOVIS-19 pandemie, stel hy die Programvernuwing- en Hibriede-leer projekte in. Hy belyn die doelwitte van sy verantwoordelikheidsentrum (VS) met die Universiteit se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024, o.a. met die kern strategiese temas: ’n Transformerende studente-ervaring en Genetwerkte en samewerkende onderrig en leer, wat tot ’n Florerende Universiteit Stellenbosch lei.
Prof Schoonwinkel begin sy eerste termyn met ’n hergestruktureerde VS. Hy hersien die lidmaatskap van die Akademiese Beplanningskomitee, die Komitee vir Leer en Onderrig en die Gehaltekomitee en versterk só die rol en verantwoordelikhede van die Visedekane (Onderrig en Leer), en bevorder die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap, sowel as die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) in die breë.
Tydens sy termyne, hersien die Universiteit haar Taalbeleid in 2016 en die Onderrig en Leer Beleid in 2018, en word ’n nuwe Gehalteversekering en -bevorderingsbeleid in 2019 ingestel. Slegs één van dié eindig in die Grondwetlike Hof.
23 September 2020
Akademiese agentskap en hoop: aan die ander kant van COVID-19
Melanie Skead is die Direkteur van die Sentrum vir Onderrig en Leer. Sy het vroeër Engelse Studies gedoseer en is sedert 2003 aktief in die domein vir akademiese ontwikkeling in hoër onderwys. Sy het ʼn PhD in Engels en ʼn Nagraadse Diploma in Akademiese Ontwikkeling van Rhodes Universiteit. Voorheen was sy bestuurder van leerbevordering by die Universiteit van Fort Hare, senior bestuurder van leerontwikkeling by Nelson Mandela Universiteit, en senior lektor in die Sentrum vir Navorsing, Onderrig en Leer in die Hoër Onderwys by Rhodes Universiteit voordat sy in 2018 by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het.
Haar navorsingsbelangstellings sluit in die transformasie van hoër onderwys deur maatskaplike geregtigheid, dekolonialiteit, gelykwaardigheid en akademiese agentskap, of bemiddeling, in die opstel van curricula en sistemiese verandering.
Gedurende ʼn relatiewe kort tydperk is daar heelwat geskryf oor die globale pandemie wat die wêreld tot stilstand geruk het. Te midde van hierdie krisis word ons uitgedaag om die moontlikhede vir ʼn hernude “pedagogie van hoop" raak te sien, om nie “die stryd teen fatalisme gewonne te gee nie," maar om “al ons kragte in te span vir ʼn verbete stryd wat die wêreld sal herskep" (Freire, 2014).
Hierdie seminaar sal geleentheid bied om te besin oor opvattings oor akademiese agentskap en hoe die bereiking van hierdie soort bemiddeling moontlikhede om anders te dink en op te tree ontsluit, ook aan die ander kant van die COVID-19-oomblik. Agentskap is ʼn “ontluikende verskynsel" (Priestley et al. 2015) en het die vermoë om die vorm van reaksies op uitdagende situasies krities te beïnvloed (Biesta 2006). Dit is nie iets wat mense hét nie, maar iets wat hulle dóén (Priestley et al. 2015). Die COVID-19-oomblik sal ʼn impak op toekomstige agentskap hê en hou groot moontlikhede in vir vernuwing. Dis is byvoorbeeld moontlik dat ons aan die anderkant van COVID-19 uitkom met dieper deernis, medemenslikheid en wysheid. Ons universiteit kan opnuut omvorm word tot ʼn plek waar hoop en medemenslikheid gedy en waar meting nie hoogty vier nie.
Bandura herinner ons dat “om ʼn agent te wees, is om dinge intensioneel te laat gebeur deur ʼn mens se optrede". Agentskap maak dit moontlik vir “mense om ʼn rol te speel in hul selfontwikkeling, aanpassing en selfvernuwing in veranderende tye" (Bandura, 2001).
Hierdie seminaar sal akademiese agentskap uitlig as 'n verbintenis tot aksie wat individueel en gesamentlik funksioneer. Aksie in hierdie sin sou kon manifesteer as weerstand, transformasie en innovering. Weerstand teen selfgenoegsaamheid hou moontlikhede in vir ʼn beredeneerde, konstruktiewe proses van introspeksie, besinning en dialoog. Dit is nodig dat ons gunstige omstandighede skep vir verandering met betekenis nie net ten spyte van nie, maar ook as gevolg van die krisisoomblik. Hoop lê daarin om te besef dat ons nie net omstanders is nie, maar “agente van ervarings" (Bandura, 2001). Hoe kan ons ons agentskap aanwend om ons eie en ons studente se ervarings en omgewing by die Universiteit Stellenbosch aan die ander kant van COVID-19 te verryk?
6 August 2020
Kan uitnemendheid vernuwe word? 'n Herdink van toekennings vir uitnemende onderrig as ʼn openbare bate
Dr Karin Cattell-Holden, senior advisor at the Stellenbosch University (SU) Centre for Teaching and Learning, was the presenter at the Learning and Teaching Enhancement Seminar on the 06th of August 2020. The topic of her presentation was “Can excellence 'turn'? Rethinking teaching excellence awards for the public good".
In this seminar Dr Cattell-Holden discussed the individualist focus of the teaching excellence awards at SU and proposed a re-contextualised approach to the awards in response to the call for social justice in South Africa. She argued that conceptualising excellent teaching in post-colonial South Africa should be linked to excellent learning and should emphasise the ideological and unequal contexts in which teaching and learning take place. Excellent teaching / learning should include a twofold collaboration between 1) academics and students to advance the relationship between teaching, learning and society, and 2) university management, academics and society regarding the social responsibility to deliver graduates who can function effectively in a democratic society.
Dr Cattell-Holden commenced her talk by unpacking the discourse of 'excellence', where after she shared her construction of the notion of 'teaching excellence'. She then delved into the idea of higher education in service of humanity, arguing, like Eshleman (2018)[1], that “We serve humanity first and foremost". Next, she moved on to teaching excellence as a form of value for the public good. She proceeded to the theme of teaching excellence awards, arguing that the conceptualisation, recognition and awarding of 'excellent teaching' should include a focus on 'excellent learning', with both discourses emphasising the ideological and unequal contexts in which students and teachers function. This was followed by tracing the discourse of 'excellence' at SU through several institutional documents. Against this thorough background she spoke about the SU Teaching Excellence Awards, and how it could be linked to the private good. She suggested that shifting the individualist focus of excellent teaching to collaboration would not only enhance the value of the teaching excellence awards but also contribute to reclaiming teaching at SU as a public good.
She concluded her talk by suggesting interesting ways for re-envisioning the SU Teaching Excellence awards for the public good. These include, amongst others, introducing the student voice, broadening the awards by introducing interdisciplinary teams and projects, and replacing the current individualist perspective by more inclusive criteria.
For more information about the topic, feel free to contact the presenter, at [email protected]
[1] Eshleman, K. 2018. Emergent EDU: Complexity and Innovation in Higher Ed. EDUCAUSE Review, 7 May.
12 Maart 2020
Shifting pedagogical practices and identities: Lessons learned from the virtual classroom
Biografieë:
Jan Bothais 'n professor in die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie by Universiteit Stellenbosch. Hy is die kursusleier vir die DIES/CREST Online Course for Doctoral Supervisors at African Universities.
Miné de Klerkis adviseur vir aanlyn- en hibriedeleer by die Sentrum vir Leertegnologieë en het die aanlyn-leerontwerp van bg. kortkursus bestuur.
Dr Nompilo Tshuma is 'n dosent by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys (Departement Kurrikulumstudie). Haar betrokkenheid by hierdie aanlyn kortkursus sluit haar rol as aanlyn-tutor in, asook die opleiding van ander aanlyn-tutors en 'n bydrae tot die leerontwerp.
Universiteit Stellenbosch (US) se akademiese aanbod word tans uitgebrei om meer buigsame leermodelle in te sluit wat studente buite ons fisiese kampus kan bereik. Die onlangse aanvang van hibriedeleer* en die toename in kortkursusse wat óf uitsluitlik óf gedeeltelik aanlyn aangebied word, vra 'n sterkter bewuswording van die uitdagings en geleenthede wat gepaard gaan met die virtuele klaskamer.
Die aanbieders van hierdie seminaar het sinvolle lesse geleer uit die ontwerp en implementering van verskeie rondtes van 'n aanlyn-kortkursus vir doktorale studieleiers. Die idee van akademiese identiteit dien as 'n oorkoepellende tema vir hul nadenke oor die (verskuiwende) rolle van dosente en professionele, akademiese ondersteuningspersoneel, deur die verloop van hierdie samewerkende proses.
In hierdie seminaar sal ons fokus op die volgende aspekte:
Die kontekstualisering van die DIES/CREST Online Course for Doctoral Supervisors at African Universities binne die kontinuum van US se akademiese aanbod;
Ons nadenke oor aanlynfasilitering en hoe dit spreek tot akademiese identiteit;
'n Bespreking van die potensiële transformerende leerervaringe van aanlynleerders, asook hul praktiese en opvoedkundige uitdagings;
'n Kritiese ondersoek van 'n aantal aannames oor die verhouding tussen die dosent, leerontwerp-praktyke en digitale tegnologieë.
* Hibriedeleer verwys na 'n kombinasie van kontakleer en volledige aanlynleer. Studente sien fasiliteerders vir blok-kontaksessies in fisiese leeromgewings, moontlik geografies versprei tussen US se bestaande kampusse. 'n Groot deel van die leerproses word egter via die Internet gefasiliteer.
24 Oktober 2019
Gehaltebevordering, betekenisskepping en nadenke oor programvernuwing
Biografieë:
Antoinette van der Merwe is die Senior Direkteur van die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (LOV) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy bestuur die rapporteringslyn van vier sentrums, d.i. die Sentrum vir Leertegnologieë, Sentrum vir Onderrig en Leer, die Taalsentrum, en die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (ABG) waar beide Marianne Bester en André Müller gesetel is. Marianne is die Adviseur: Programhersiening en -vernuwing en André is die Adjunkdirekteur: ABG.
Die doel van die konsepweergawe van die Beleid oor Gehalteversekering en -bevordering is om ’n kultuur van gehaltebevordering aan die Universiteit Stellenbosch aan te moedig. Een faset van só ’n kultuur sou kon wees om ’n ingebedde stelsel vir die gereelde hersiening en vernuwing van akademiese programme te ontwikkel. Tans koördineer die Afdeling vir Onderrig en Leerverryking (LOV) ’n institusionele Programvernuwingsprojek, befonds deur die Department van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) se Universiteitskapasiteitsontwikkelingsfonds.
In hierdie seminaar:
Bespreek ons die vordering wat tot dusver gemaak is en besin oor die instaatstellers en struikelblokke, soos deur die tien fakulteite van die Universiteit gerapporteer;
Ondersoek ons die kompleksiteit van programvernuwing deur die literatuur oor formatiewe, “betekenisskepping” (Marshall, 2016; Weick, 1995) en praktykgebaseerde (Saunders, 2000) kurrikulumvernuwingsaktiwiteite vanuit ’n teoretiese oogpunt te bekyk;
Bied ons ’n dinamiese kurrikulumbesluitnemingswiel (Bester, 2019) aan waarmee ons toekomstige programhersiening en -vernuwingsprojekte kan kan aanpak en ontleed, en
Bespreek ons die weg vorentoe, met die oog op ingebedde, buigsame, fakulteit-spesifieke stelsels vir die gereelde hersiening en vernuwing van akademiese programme.
Verwysings
Bester, M. 2019. Programme review and renewal: A discussion document. (unpublished)
Marshall, S. 2016. Quality as sense-making. Quality in Higher Education, 22(3):213-227.
Saunders, M. 2000. Beginning and Evaluation with RUFDATA: Theorizing a Practical Approach to Evaluation Planning. Evaluation, 6(1): 7-21.
Weick, K.E., 1995. Sensemaking in Organizations. Thousand Oaks, CA, Sage
5 September 2019
Die Geldigheid van die hoogste prestasiestandaard van 'n Toets vir Akademiese Geletterdheid by studente van verskillende Taalagtergronde
Dr Sebolaiis sedert Januarie 2017 Vise-Direkteur van Taal en Kommunikasieontwikkeling in die Taalsentrum van Stellenbosch Universiteit (SU). Voor dit was hy navorsingsleier vir akademiese taaltoetsing aan die Centre for Educational Testing for Access and Placement van die Universiteit van Kaapstad. Sy navorsing is veral rondom akademiese-geletterdheid-kurrikulumontwikkeling en toetsing, met 'n fokus op die verband tussen taalvaardigheid en akademiese prestasie.
Dr Sebolai het hierdie aanbieding begin deur die agtergrond te skets. In die afgelope twee dekades van die post-apartheid era, was die taalbeleide van Suid-Afrikaanse universiteite 'n strydveld, en baie sulke beleide het verander. SU is een van die voormalig Afrikaanse instellings waar die beleid geskuif het na die bevordering van multitaligheid met Afrikaans, Engels en IsiXhosa in die middelpunt, as die tale wat meestal in die Wes-Kaap gepraat word. Hoewel parallele pogings aangewend word om die ander twee tale aan die SU te bevorder, is Engels meestal die taal van leer en onderrig hier. Daarom gebruik SU die Engelse weergawe van die National Benchmark Test in Akademiese Geletterheid (NBT AKG) om die vlakke van akademiese-taalgereedheid van nuwe studente te toets.
Dr Sebolai se aanbieding het gekyk na die mate van akkuraatheid waarmee hierdie toets se hoogste prestasiestandaard (naamlik bekwame taalbeheersing) daarin slaag om studente uit die drie taalgroepe (Engels, Afrikaans en isiXhosa) te klassifiseer om waarskynlik goed of sleg te vaar in hulle eerstejaar aan universiteit. Dr Sebolai het met 'n statistiese analise van sensitiwiteit en spesifiekheid aangetoon dat die NBT AKG toets op die bekwame vlak meer effektief is met die klassifikasie van Engelse studente, as vir studente uit IsiXhosa en Afrikaanse taalagtergronde, en hulle kanse om akademies goed te vaar of nie. Volgens Dr Sebolai is dit 'n aanduiding dat die toets se voorspellings nie regverdig was teenoor die laasgenoemde twee groepe studente se kanse om akademies goed te vaar of nie. Hy het die bywoners van die seminaar gemaan om die NBT AKG toets met omsigtigheid te gebruik wanneer dit gaan om besluite waar baie op die spel is. Nieteenstaande het Dr Sebolai tog bevind dat die NBT AKG toets 'n beter voorspeller van SU studente se moontlikheid is om akademies goed te vaar of nie, as hulle Graad 12 punte vir Engels.
Kontak gerus vir Dr Sebolai by [email protected] vir navrae.
9 Mei 2019
Die gebruik van Outonomie-roetes om aktiewe onderrigmetodes in voorgraadse Fisiologie-klasse te vergelyk
Voorgraadse Fisiologie studente worstel met groot hoeveelhede inhoud en is dus geneig om meestal op die memoriseer van feite te fokus ten einde toetse en eksamens te slaag. Studente sukkel ook om te verstaan hoe verskillende orgaanstelsels kommunikeer en / of geïntegreer word binne die hele organisme. Daar is reeds geargumenteer dat wetenskapsonderwysers meer tyd moet bestee aan hoe wetenskaplikes wetenskap doen, dit wil sê die proses van wetenskap, en minder op die akademiese inhoud
Onlangs is vier breë tipes aktiewe leerintervensies vir voorgraadse Fisiologie klasse voorgestel: a) die stel van vrae (aan die begin of einde van lesings); b) die aanmoediging van denkpaar-deelaktiwiteite; c) die gebruik van veelvuldige analogieë; en d) bekendstelling aan probleemoplossingsaktiwiteite. Dit is egter moeilik om die effektiwiteit van sulke metodologieë te vergelyk ten einde te identifiseer watter die geskikste is om binne die klaskamer te gebruik. In die aanbieding sal geselekteerde voorbeelde van Fisiologie-klasaktiwiteite, wat aan die US ontwikkel is en daarop gerig is om kritiese denk- en probleemoplossingsvaardighede te bevorder, ondersoek word met behulp van die Outonomie (Autonomy) dimensie van die Legitimasie Kode Teorie (Legitimation Code Theory). Die assessering van aktiewe leertegnieke deur die lens van outonomie kan help om die vermeende waarde en effektiwiteit van elke onderskeie metode, ten opsigte van die bevordering van 'n probleemoplossingskultuur, binne Fisiologie voorgraadse klaskamers te bepaal.
Die resultate van hierdie studie kan ook van nut wees in ander kontekste waar problem oplossing en kritise denkvaardighede belangrik is.
13 Maart 2019
‘n Ondersoek na e-Portefeuljes vir nagraadse leer: ‘n Boodskap vanaf Geneeskunde and Gesondheidswetenskappe
Die gebruik van portefeuljes in hoër onderrig as hulpmiddels om transformerende leerervarings te bevorder, word in die literatuur ondersteun. Portefeuljes het die potensiaal om leerders se bewustheid van hulself te ontwikkel, self-gedrewe leer te bevorder, kritiese refleksie aan te moedig en persoonlike en professionele ontwikkeling aan te help. Met die huidige vooruitgang in digitale tegnologieë word die gebruik van elektroniese portefeuljes (e-Portefeuljes) tans wyd ondersoek. 'n Longitudinale e-Portefeulje module, wat van die Mahara ePortefeulje-platform op SUNLearn gebruik maak, is vir die MPhil in Gesondheidswetenskappe Onderrig program by die Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, ontwikkel.
Die doel van hierdie sessie is om te demonstreer hoe die verskeie fasette van die e-portefeulje leerproses studente se interaksies met hul ontwikkelende onderwys filosofieë ondersteun en bydra tot hul ontwikkeling as opvoedkundige vakkundiges en leiers in Gesondheidsberoepe Onderrig. Daarbenewens sal uitdagings, slaggate en studentervarings van die intervensie bespreek word.
8 November 2018
Tegnologie en Leer – om op die skouers van reuse te staan
Tegnologie vorm ons leeromgewings en -prosesse voortdurend. In 2015 het die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool (USB) 'n nagraadse diploma deur middel van gemengde leer aangebied en in 2017 die gemengdeleermodus na sy vlagskip-MBA-program uitgebrei. Al twee programme, met inbegrip van die vorige voltydse en deeltydse leweringsmetodes, gebruik tegnologie vir onderrig en leer.
Sentraal tot die sukses van al twee programme, en spesifiek die nuwe leweringsmodus, was die doeltreffende gebruik van verskeie nuwe tegnologieë deur studente, steundienspersoneel en fakulteite
Die oorgang na hierdie tegnologie-intrinsieke omgewing het die beplanning en uitvoering van meervoudige intervensies genoodsaak om te verseker die fokus bly op studenteleer en verskuif nie na die “verleidelikheid" van die tegnologie nie. Daarbenewens was dit 'n groot uitdaging om fakulteite met meer as 20 jaar se klaskamerervaring sover te kry om die nuwe leeromgewings en interaksiemetodes te omhels.
Teoretiese modelle van sowel inligtingstelsels as innovasiedissiplines was noodsaaklik vir hierdie intervensies en die deurlopende bestuur van die programme. Deur die toepassing van die sosiotegniese perspektief (Bostrom & Heinen, 1977), tegnologieaanvaardingsmodel (Davies, 1989), inligtingstelselsukses (Delone & McLean, 1992) en innovasiediffusieteorie (Rodgers, 1976) is 'n wetenskaplike benadering tot die inbedding van die tegnologie in die onderrig- en leerproses gevolg.
Hierdie aanbieding fokus op die sleutel- teoretiese perspektiewe, die toepassing daarvan deur die USB, sowel as waardevolle lesse wat in die proses geleer is.
Verwysings
Bostrom, R.P. and Heinen, J.S. 1977. MIS problems and failures: a socio-technical perspective, part II: the application of socio-technical theory. MIS quarterly, pp11-28.
DeLone, W.H. and McLean, E.R. 1992. Information Systems Success: The Quest for the Dependent Variable. Information Systems Research, pp 60-95.
Davis, F.D. 1989. Perceived usefulness, perceived ease of use, and user acceptance of information technology. MIS quarterly, pp 319-340.
Rogers, E.M. 1976. New product adoption and diffusion. Journal of consumer Research, pp.290-301.
6 September 2018
Dekolonisering van die Wetenskapkurrikulum: kan “Legitimation Code Theory" 'n pad vorentoe wys?
Die gesprek rondom die dekolonisering van hoëronderwyskurrikula het Suid-Afrika soos 'n storm getref met die #RhodesMustFall- en daaropvolgende #FeesMustFall-veldtogte. Voorheen was gesprekke oor dekolonisering, wanneer hulle enigsins by hoëronderwysinstellings plaasgevind het, beperk tot klein areas van belang. Terwyl die teenwoordigheid en invloed van die Westerse ideologie in kurrikula in die geestes- en sosiale wetenskappe redelik herkenbaar is, is die dekolonisering van wetenskapkurrikula meestal 'n veel minder voor die hand liggende projek. Die studie waaroor hierdie aanbieding verslag sal doen, het Legitimation Code Theory (LCT) gebruik om te besin oor wat in dekoloniseringgesprekke op die spel is. Resultate van die studie sal potensieel help om 'n raamwerk te verskaf wat personeel en studente sou kon gebruik in gesprekke oor en pogings tot die dekolonisering van wetenskapkurrikula.
LCT bied 'n wyse om die beginsels of spelreëls onderliggend aan verskillende kennispraktyke te konseptualiseer (Maton, 2012). Dit is in hierdie projek gebruik om die beginsels onderliggend aan die kennispraktyke in die gesprek oor die dekolonisering van wetenskapkurrikula te onthul. Die aanbieding sal begin deur te fokus op die manier waarop die gesprek in sosialemediasirkels en 'n paar wetenskaplike domeine ontwikkel het. Die bevindings van hierdie gedeelte van die studie dui daarop dat sommige van die driftige argumente in dekoloniseringgesprekke beskou kan word as “kodebotsings" volgens dít wat as legitieme kennis gesien word deur diegene wat argumenteer vir dekolonisering en die dominante praktyke op die gebied van die wetenskap.
Die vraag word dus: kan die wetenskap gekoloniseer word, en indien wel, hoe? Ten einde hierdie vraag aan te spreek, is LCT gebruik om 'n aantal dekoloniseringvoorbeelde te ondersoek, insluitend drie scenario's vir 'n gedekoloniseerde ingenieurskurrikulum, soos voorgestel deur Winberg & Winberg (2017). Die resultate van hierdie deel van die studie help verklaar (1) die begunstigde scenario in die Winberg & Winberg studie asook (2) waarom sommige pogings tot dekolonisering nie noodwendig as sodanig ervaar word nie.
Verwysings
Maton, K. (2014) Knowledge and Knowers: towards a realist sociology of education. London, Routledge.
Maton, K. (2016) Bringing It All Back Home: The art of building knowledge from diverse sources. https://www.youtube.com/watch?v=GrdCPvrcWNk&t=836s
Winberg, C. & Winberg, S. (2017) Using a social justice approach to decolonize an engineering curriculum, IEEE Global Engineering Education Conference (EDUCON), 25-28 April 2017, Athens, Greece, pp 248 – 254.
13 Junie 2018
MobiLex, meertaligheid en integrasie in leer en onderrrig
Mobiele toestelle is 'n wêreldwye fenomeen wat nuwe geleenthede vir leer en onderrig bied. 'n Vak-spesifieke elektroniese woordeboek, MobiLex, is deur akademiese spesialiste van die Fakulteit van Opvoedkunde saamgestel. Dit het onlangs gelei tot die ontwikkeling van 'n mobiele toepassing. Soos belyn met die universiteit se raamwerk vir meertaligheid, is MobiLex drietalig deur voorsiening te maak vir Afrikaans, Engels en isiXhosa.
Deur die belyning van MobiLex se doel, struktuur, funksie en teikengroep, is die doel van die seminaar om die integrasie van MobiLex in 'n meertalige universiteit se leer en onderrig omgewing te ondersoek. Dit sal gedoen word deur spesifieke verwysing na die ontwerp van 'n taakgebaseerde aktiwiteit vir Sosiale Wetenskappe wat die funksies van MobiLex geïnkorporeer het.
14 Maart 2018
Rethinking academic leadership in a managerialist context: the importance of the collegium, the collective, and an ethic of care
Die seminaar sal die veranderende internasionale en nasionale kontekste wat institusionele beleid en praktyk beïnvloed, in oënskou neem, en aanvoer dat akademiese leiers gevolglik meer oorweging sal moet skenk aan die beskerming van die integriteit van akademiese werk, die betrokkenheid van die gemeenskap en die aanneem van 'n etiek van omgee. Van hierdie gedagtes is aanvanklik voorgestel tydens 'n Auxin aanbieding oor akademiese leierskap in 2016, en daarna verder ontwikkel, onder andere in gesprekvoering van die Akademiese Leierskap Belangegroep. Moontlike navorsingsprojekte wat aan die einde van 2017 deur die Belangegroep geïdentifiseer is, sal ter tafel geplaas word vir oorweging en bespreking deur die seminaargangers.
8 November 2017
Hierdie seminaar het gehandel oor die navorsing deur drie genote in die nasionale program vir onderrigbevordering op universiteit (TAU) aan die Universiteit Stellenbosch.
Onderrig oor kritiese burgerskap en maatskaplike geregtigheid: 'n Aksienavorsingsprojek vir personeelontwikkeling
Hierdie navorsingsprojek was daarop toegespits om onderrig en leer oor kritiese burgerskap en maatskaplike geregtigheid in verskillende fakulteite/departemente van die Universiteit Stellenbosch se verken. Dosente van verskeie fakulteite/departemente is by die projek betrek en maatskaplikegeregtigheidsteorieë het as lens gedien. Die gedagte was om deur gesprekvoering tussen navorsers en dosente, sowel as voortdurende kritiese besinning deur almal, 'n ruimte te skep om die vereiste transformasieproses aan die Universiteit Stellenbosch te hanteer.
Die einddoel van die projek was om insig te verkry in hoe onderrig en leer oor kritiese burgerskap en maatskaplike geregtigheid in die verskillende fakulteite/departemente verryk en verbeter kan word. 'n Aksienavorsingsmetodologie is vir die studie gebruik. 'n Meningsopname, seminaar en onderhoude is gebruik om data in te samel. Die projekbevindinge is by konferensies sowel as deur individuele en gesamentlike artikels bekend gemaak. Die TAU-projek het gelei tot die inisiatief “Dekolonisasie van die kurrikula" sowel as die artikel “#FeesMustFall and decolonising the curriculum: Stellenbosch University students' and lecturers' reactions" deur Elmarie Costandius, Ian Nell, Neeske Alexander, Margaret Blackie, Evodia Setati, Rhoda Malgas en Marianne Mckay, wat in Maart 2018 in die South African Journal of Higher Education verskyn het.
Samewerkende leer in die regte
Hierdie aanbieding was gegrond op 'n ontwerpgebaseerde navorsingsprojek met die doel om onderrig-leeraktiwiteite (met inbegrip van assessering) vir samewerkende leer in 'n bepaalde module van 'n LLB-program te ontwikkel. Die doelwit was die ontwikkeling, implementering en evaluering van 'n eerste weergawe van 'n benadering om samewerkende leer in die betrokke module te fasiliteer, wat daarná as 'n raamwerk vir die ontwerp van algemener samewerkende leer in LLB- (en moontlik ook ander) programme kon dien. Die beweegrede vir die soeke na 'n samewerkende leerbenadering was die behoefte aan 'n teenvoeter vir die hoogs individualistiese benadering tot onderrig en leer wat meestal in regsopleiding gevolg word en wat dikwels wedywering eerder as samewerking tussen studente aanmoedig
In teenstelling met die tradisionele benadering, is daar 'n toenemende behoefte aan 'n samewerkende perspektief wat meer outentieke leeromgewings bied, veral binne die raamwerk van transformasiegerigte regsopleiding. Boonop is dit nou ook 'n vereiste van die Raad op Hoër Onderwys se nuwe LLB-kwalifikasiestandaard. Samewerkende leer gaan oor méér as om studente te oorreed om in groepe te werk. Dit gaan oor die aktiewe ontwikkeling en assessering van studente se samewerkingsvaardighede. In hierdie projek is 'n onderrig-leerontwerp op grond van die literatuur oor spangebaseerde leer in werking gestel. Die ontwerp het berus op insigte uit die literatuur, sowel as op fokusgroeponderhoude met LLB-finalejaarstudente van 2015 oor hulle ervarings van samewerkende leer. Die sentrale struktuur van die proef was die permanente leerspan (PLS) – groepe van vyf lukraak gekose studente wat deur die hele semester saamgewerk het, dikwels ook in die klas. Die aanbieding bied terugvoer oor die ontwerp van die PLS-struktuur, studente se oordenking oor die leerervaring, sowel as voortdurende pogings om 'n ontwikkelingsevaluering van die proef te onderneem.
Selfgerigte leer in gesondheidsberoepsonderwys: 'n Bestekopname
Selfgerigte leer (SGL) word bestempel as 'n noodsaaklike instrument om lewenslange leer aan te moedig en te sorg dat gesondheidsberoepslui bewysgebaseerde gesondheidsorg van gehalte voorsien. Die doel van hierdie studie was om die omvang, rol en impak van SGL in gesondheidsberoepsonderwys te verken met behulp van 'n bestekopname van die literatuur. 'n Soektog na “selfgerigte leer" op PubMed het 1 134 artikels opgelewer, waarvan 154 by die ondersoek ingesluit is. 'n Soektog op die databasis Education Resources Information Centre (ERIC) het 'n verdere 12 artikels geïdentifiseer. Die meeste artikels het met voorgraadse opleiding verband gehou. Opsommings van hierdie 166 artikels is daarna op 'n Excel-spreiblad ingevoer.
Saamgestelde data is kwalitatief ontleed en temas geïdentifiseer. Bewyse is opgespoor wat SGL verbind met beter graduandi-bevoegdheid en doktersprestasie, die bevordering van lewenslange leer, die ontwikkeling van kritiese denke, die bemagtiging van leerders, en die verbetering van akademiese prestasie. Kurrikulumwysigings ter bevordering van SGL kan dus akademiese prestasie en bevoegdheid sowel as selfmotivering en doeltreffendheid verbeter. Of SGL dít beter as ander vorme van leer in gesondheidsberoepsonderwys regkry, en of dit lewenslange leer tot gevolg het, is onduidelik. Die rol van SGL in bepaalde kliniese omgewings en programme vereis dus verdere ondersoek.
21 Augustus 2017
Toekomsgerigte leer, konstruktivistiese beginsels en nuwe tegnologie
Tegnologie is 'n essensiële kenmerk van die moderne samelewing. Dit voorsien studente met onmiddelike toegang tot verskillende bronne van kennis. Informasie, die stapelvoedsel van onderrig, is nou vrylik beskikbaar met die druk van 'n ikoon. Voorts kan toestelle wat studente daagliks dra toegang voorsien tot universele netwerke van leer. Dit maak derhalwe nie meer sin dat slegs akademici die bewaarders en oordraers van kennis is nie. Die alledaagse gebruik van tegnologie in die samelewing het wêreldwyd druk op opvoedkundige instansies geplaas om hulle funksie as toesighouers en verspreiders van kennis te hersien en om die rol van tegnologie in die onderwys te ondersoek. Dit word veral van universiteite verwag om hoë kwaliteit leerervarings aan te bied wat belyn is met die nuwe vaardighede en uitkomste vereis in 'n digitale wêreld. Die doel van hierdie sessie is om te bespreek hoe tegnologie, konstruktiewe leerbeginsels en projekgebaseerde leerervaringe geïntegreer kan word om 'n toekomsgerigte kursus vir B Ed studente by Stellenbosch Universiteit te ontwerp.
The hope was that, through collaborative discussions between researchers and lecturers and continuous critical reflection by all, a space could be created for dealing with the necessary transformation process at Stellenbosch University. Ultimately, the project aimed to gain insight into how critical citizenship and social justice teaching and learning can be enhanced and improved at the various faculties/departments. An action research methodology was used in the study. A survey, a seminar and interviews were used to collect data. This project's findings were shared at conferences as well as through individual and collaborative articles. The TAU project gave rise to the project “Decolonising the curricula" and the article “#FeesMustFall and decolonising the curriculum: Stellenbosch University students' and lecturers' reactions" by Elmarie Costandius, Ian Nell, Neeske Alexander, Margaret Blackie, Evodia Setati, Rhoda Malgas and Marianne Mckay, which will be published in the South African Journal of Higher Education in March 2018.
12 Junie 2017
“Die rol van studenteterugvoer in die bemiddeling van die professionele leer van dosente by ʼn navorsingsgerigte universiteit: Die geval van Universiteit Stellenbosch"
Critical citizenship and social justice education: A staff-development action research project
Hierdie seminaar maak gebruik van die bevindinge van 'n PhD-studie wat ondersoek het hoe dosente aan die Universiteit Stellenbosch, 'n navorsingsgerigte instelling, die rol van studenteterugvoer in hul onderrig ervaar het. Min studies teoretiseer die invloed van studenteterugvoer op universiteitsonderrigpraktyk, veral binne die konteks van navorsingsgerigte universiteite. In die meeste navorsingsstudies word studenteterugvoer oor onderrig gekoppel aan idees van effektiewe onderrig, terwyl minder studies die praktyke en aktiwiteite wat dosente betrek om studente-terugvoerinligting te omskep in bruikbare professionele leergeleenthede, ondersoek.
Die studie, waarop hierdie seminaar gebaseer is, gebruik Aktiwiteitsteorie as 'n analitiese raamwerk vir die ondersoek van hierdie kwessie. 'n Gevallestudie-navorsingsontwerp is gevolg, met die verband tussen studenteterugvoer en universiteitsonderrigpraktyk as analise-eenheid. Kwalitatiewe data is gegenereer deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met 16 doelbewustelik geselekteerde dosente. Die bevindinge dui daarop dat die navorsingsgerigte konteks, sowel as die praktyke van middelvlakbestuur in hul gebruik van studenteterugvoer vir die evaluering van onderrig, 'n belangrike rol speel in hoe dosente studenteterugvoer ervaar en daarop reagee
12 Junie 2017
“Die rol van studenteterugvoer in die bemiddeling van die professionele leer van dosente by ʼn navorsingsgerigte universiteit: Die geval van Universiteit Stellenbosch"
Critical citizenship and social justice education: A staff-development action research project
Hierdie seminaar maak gebruik van die bevindinge van 'n PhD-studie wat ondersoek het hoe dosente aan die Universiteit Stellenbosch, 'n navorsingsgerigte instelling, die rol van studenteterugvoer in hul onderrig ervaar het. Min studies teoretiseer die invloed van studenteterugvoer op universiteitsonderrigpraktyk, veral binne die konteks van navorsingsgerigte universiteite. In die meeste navorsingsstudies word studenteterugvoer oor onderrig gekoppel aan idees van effektiewe onderrig, terwyl minder studies die praktyke en aktiwiteite wat dosente betrek om studente-terugvoerinligting te omskep in bruikbare professionele leergeleenthede, ondersoek.
Die studie, waarop hierdie seminaar gebaseer is, gebruik Aktiwiteitsteorie as 'n analitiese raamwerk vir die ondersoek van hierdie kwessie. 'n Gevallestudie-navorsingsontwerp is gevolg, met die verband tussen studenteterugvoer en universiteitsonderrigpraktyk as analise-eenheid. Kwalitatiewe data is gegenereer deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met 16 doelbewustelik geselekteerde dosente. Die bevindinge dui daarop dat die navorsingsgerigte konteks, sowel as die praktyke van middelvlakbestuur in hul gebruik van studenteterugvoer vir die evaluering van onderrig, 'n belangrike rol speel in hoe dosente studenteterugvoer ervaar en daarop reageer.
7 November 2016
“Teaching for change" – Refleksies rakende Universiteit Stellenbosch se eerste “MOOC"
Universitieit Stellenbosch het haar eerste “MOOC" (Massive Open Online Course), Teaching for Change: An African Philosophical Approach ontwikkel en suksesvol aangebied op FutureLearn, die Britse MOOC platvorm. Die kursus se aanbieder was Professor Yusef Waghid (Fakulteit Opvoedkunde) en dit was die eerste Afrika filosofie van opvoedkunde MOOC van sy soort in die wêreld. Teaching for Change kan beskou word as 'n gedekoloniseerde kurrikulumontwikkelingsinisiatief wat ten doel het om die Afrika leefervaring in die sentrum van leer en onderrig te plaas. Kliek hier om na die kursus te gaan op FutureLearn.
Universitiet Stellenbosch se eerste MOOC kan as 'n sukses beskou word. Nie net kon die US voortreflike navorsing ten toon stel as een van FutureLearn se uitnemende vol-vennoot instellings nie, maar kon sy ook bydra tot die wêreldwye kennis-ekonomie vanuit 'n unieke Afrika perspektief.
In hierdie L&O seminaar gaan ons reflekteer oor die reis van konseptualisering, deur ontwerp, tot aflewering van die MOOC. Die refleksie gaan gedoen word vanuit drie perspektiewe: die universiteit (institusioneel), die leerontwerpspan, en die dosent se ervaring.
Indien jy nog altyd gewonder het wat 'n MOOC is, wat dit verg om 'n volledig-aanlyn kursus te ontwikkel, of indien jy self jou eie MOOC beplan, behoort hierdie seminaar die belangrikste aspekte van hierdie ontluikende L&O modus aan te spreek. Baie van die kwessies wat bespreek gaan word sal ook waardevol wees vir enigeen wat SUNLearn gebruik, en wys die weg aan as moontlike voorloper vir die digitale Afrika Universiteit van die toekoms.
7 November 2016
Flipping" Dermatologie onderrig: 'n Behoefte aan verandering
Die gebruik van die sogenaamde omgekeerde (“flipped") klaskamer benadering raak al hoe meer gewild in Hoër Onderwys onderrig. Ten spyte van die voordele van tradisionele kontaksessies, voorsien so 'n benadering die geleentheid vir alternatiewe maniere om met kennis om te gaan. Die doel van hierdie sessie is om te demonstreer hoe 'n voorgraadse dermatologie module herontwerp is op die beginsels van 'n omgekeerde (“flipped") klaskamer benadering waardeur studente aangemoedig is tot aktiewe deelname in die leerproses en nie om net passiewe omstanders te wees nie. Uitdagings, slaggate en studente ervarings van die intervensie sal bespreek word.
15 Augustus 2016
Towards responsible citizenship: The story of curriculum renewal of a Master of Divinity program in South Africa
In Suid-Afrika worstel ons nie net met die nalatenskap van Apartheid in sy vele strukturele en institusionele vorms nie, maar word ons ook geforseer om met koloniale diskoerse en die dekolonisasie van die kurrikulum in Hoër Onderwys betrokke te raak. Die doel – en een van die vernaamste uitdagings – van teologiese opleiding in 'n Afrika-konteks is om 'n hermeneutiese sleutel te vind om teologie kontekstueel te beoefen in reaksie op prosesse van geestelike onderskeiding wat sal lei tot 'n gekontekstualiseerde teologiese kurrikulum en onderrig (Pobee, 2013; Hendriks, 2014).
Die idee van “kontekstuele onderrig en kurrikula" word ondersteun deur die resultate van empiriese navorsing wat gedoen is onder alumni wat in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer het, ná etlike jare in die bediening. Die sogenaamde Westelike en Christelike paradigma het vir meer as twee eeue teologiese opleiding op die Afrika-vasteland oorheers en het gelei tot vele ongelykhede op verskillende vlakke van die samelewing. Die suidelike skuif van die hartland van die Christendom wys egter in nuwe rigtings en eis 'n herstrukturering van die dissipline en nuwe kurrikula vir teologiese onderwys en opleiding. Wanneer ons kyk na die veranderende konteks, die invloed van globalisering en die inligtingsrevolusie word 'n herbesoek van die sleutel- teologiese parameters en programme dringend.
Die sentrale navorsingsvraag wat die seminaar wil aanspreek, is: Op watter wyses kan kritiese burgerskap en die rol van graduandi-eienskappe geïntegreer word in wat sommige geleerdes na verwys as “verantwoordelike burgerskap" en hoe kan hierdie idee behulpsaam wees in die prosesse wat gevolg word vir die kurrikulumvernuwing van die Magister Divinitatis-program?
Die seminaar sal poog om hierdie vraag te beantwoord deur:
die vertel van sommige aspekte van die ontwikkelende intrige van die storie deur te konsentreer op die veranderende landskap van hoër onderwys en teologiese onderwys in Suid-Afrika,
die verduideliking van die teoretiese raamwerk en fenomenologiese metodologie wat in die empiriese deel van die navorsing gebruik is,
rekenskap te gee van die idee van verantwoordelike burgerskap in leierskapsontwikkeling, en
'n paar kurrikulumveranderinge in die program voor te stel.
15 Junie 2016
Digitale stories in 'n wetenskap-gebaseerde plantetelingskursus. Is daar 'n plek hiervoor?
Die gebruik van digitale stories as 'n gemengdeleerinstrument kom algemeen in die Sosiale Wetenskappe voor, terwyl die toepassing daarvan nie dikwels in die Natuur- of Landbouwetenskappe gesien word nie. Digitale stories verbeter die leerproses effektief deurdat die skepping van 'n logiese vertelling in die vorm van beeldmateriaal , alle vlakke van leer (volgens Bloom se Taksonomie), vanaf die laagste tot die hoogste kognitiewe prosesse, inspan tydens die skeppingsproses. Derhalwe is die implementering van hierdie gemengdeleerinstrument in 'n platetelingsmodule ondersoek. Die doel van hierdie sessie is om te toon dat digitale stories effektief gebruik kan word om leer in 'n toegepaste wetenskap-gebaseerde Hortologie module te bevorder. Die uitdagings, slaggate en studente ervarings tydens die projek sal ook bespreek word.
22 Februarie 2016
'Oorlewing van die sterkste of voortdurende verbetering': Rapportering van die voorlopige fakulteitsterugvoer oor die programvernuwingsproses @ US"
Die titel van die seminaar is geneem uit fokusgroeponderhoude wat in fakulteite gevoer is deur 'n groep akademici wat ingeskryf het vir 'n University of British Columbia (UBC) Sertifikaatkursus getiteld “Curriculum and Pedagogy in Higher Education". Dit maak deel uit van die “International Faculty SoTL Leadership Program" (kyk http://international.educ.ubc.ca/sotl/program-of-study/). Die program se hoofdoel is om akademiese leiers voor te berei om kundigheid in navorsingsgebaseerde benaderings tot die akademieskap van onderrig-, leer- en kurrikulumpraktyk binne konteksspesifieke hoëronderwys omgewings te ontwikkel.
As deel van die vereistes van die sertifikaatkursus moes die deelnemers 'n sluitsteenprojek inhandig vir assessering. Die deelnemers het as 'n groep besluit dat in plaas van om nuwe projekte vir die kursus te ontwikkel, hulle eerder 'n refleksie oor die programvernuwingsproses wat alreeds gebeur by die US gaan aanbied, 'n beter meer ideale proses gaan voorstel en die gapings tussen die bestaande proses en die geprojekteerde ideale proses identifiseer. Dit belyn ook met een van die Viserektor (Leer en Onderrig) se strategiese inisiatiewe, naamlik programvernuwing.
Dr Antoinette van der Merwe (Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking) sal die seminaar aanbied en die resultate van die sluitsteenprojek namens die Stellenbosch kohort wat die UBC sertifikaatkursus voltooi het, deel. Die ander deelnemers was: Prof Arnold Schoonwinkel, Prof Ronel du Preez, Prof Anton Basson, Prof Ingrid Rewitzky, Prof Arend Carl, Prof Ian Nell, Dr Berna Gerber, Prof Johan Louw, Mnr Gert Young and Mnr André Müller.
Waarderende Ondersoek (WO) is gebruik as die toepaslike navorsingsmetodologie vir die projek omdat dit die sleutel aandeelhouers betrek by 'n genetwerkte gemeenskap van praktyk wat gegrond is in opvoedkundige ondersoek, en dit fokus op die bestaande beste praktykvoorbeelde en kontekstuele veranderlikes om die sistematiese ontwikkeling van onderwyskundige kwessie(s) wat ondersoek word te verbeter (Cooperrider, 1986 and Cooperrider & Whitney, 2005). Coghlan, et al, (2003) bied insigte in hoe WO gebruik kan word om organisasies te verander. Die gebruik van die metodologie is hier van toepassing, omdat programvernuwing in sommige aspekte wel 'n verandering in die organisasie insluit terwyl dit fokus op die bestaande beste praktyk voorbeelde sowel as kontekstuele veranderlikes soos die persepsies van die personeellede. Dit fokus ook op sosiaal gekonstrueerde praktyk en betrek die deelnemers op 'n waarderende wyse (deur die idees van wat die beste werk te ondersoek terwyl ruimte gelaat word om 'n beter scenario voor te stel).
Fokusgroeponderhoude is in fakulteite gehou om met fakulteite in gesprek te tree. Die voorlopige resultate van die fokusgroepe is ook op die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie in Oktober 2015 gedeel en verdere besprekings is gehou.
Die voorlopige analise van die fokusgroeponderhoude sowel as die groepbesprekings by die AvOL konferensie sal by die seminaar aangebied word. Daar sal 'n spesifieke fokus wees op die eksterne en interne struikelblokke en instaatstellers tot programvernuwing. Daar sal op die interne vlak 'n onderskeid gemaak word tussen institusionele, fakulteit, departementele en individuele vlakke. Spesifieke aandag sal ook gegee word aan die moontlikheid van meer samewerking tussen fakulteite en steundienste om 'n holistiese programvernuwingsproses te verseker.
Die doel van die seminaar is om meer terugvoer te verkry wat die akademiese gesprek sovel as die institusionele strategie vir programvernuwing by die US sal informeer. Dit is dus baie belangrik dat verteenwoordigers van fakulteite en ondersteuningsdienste hierdie seminaar bywoon om aan te dui of die data wat tot dusver versamel is ooreenstem met hulle ervaring van programvernuwing en aandui wat gedoen moet word om te beweeg na 'n meer geïntegreerde strategie vir programvernuwing.
26 Augustus 2015
“'Dankie dat ras nie voel soos om op eiers te loop nie': ras-onderrig aan Stellenbosch".
Die titel van die seminaar is geneem uit ʼn studente-evaluasie van ʼn tweedejaar Sosiologie-kursus by die Universiteit Stellenbosch, waarin prof Pattman poog om deelnemende pedagogiese benaderings (tesame met massa-lesings) te ontwikkel wat daarop gemik is om studente te betrek as produseerders van kennis. Hul lewens en die wyses waarop hulle hul lewens konseptualiseer word dan sleutelbronne binne die kursus.
Een van die ironiese aspekte van hierdie kursus is dat dit juis die onderwerp wat onderrig word bevraagteken. Eerder as om ras as vanselfsprekend te aanvaar, word studente aangemoedig om krities oor ras te reflekteer en die belangrikheid en betekenisse, indien enige, wat dit vir hulself en vir andere inhou. Die konsep ras was op verskillende wyses deur verskillende studente, asook die dosent, gekonstrueer en aangespreek, bv as ʼn sensitiewe onderwerp wat moeilik is om oor te praat (soos die studente-aanhaling in die titel impliseer) en as iets wat hulle maak wie hul is, as werklik onwerklik en as ʼn materiële werklikheid, as voorspelbaar en onvoorspelbaar (bv in gevalle van rasvermenging), as absurd en pynlik, as iets wat oor generasies heen strek en ook in geslag ingebed is.
Die verskillende en kontrasterende wyses waarop studente en die dosent die term ras gekonstrueer het in verskillende kursusaktiwiteite en die besprekings daarvan vorm die basis van hierdie aanbieding. Dit word gestel dat hierdie kursus modelle vir goeie praktyk (pedagogies en navorsing) in die konteks van kontemporêre kwessies oor transformasie bied, deur vorme van kritiese selfrefleksie deur middel van wedersydse leer tussen verskillende en diverse studente aan te moedig, en deur krities om te gaan met die wye verskeidenheid en selfs kontrasterende wyses waarop verskillende en diverse studente ras konseptualiseer en ervaar.