Sentrum vir Onderrig en Leer
Wat ons doen
Die SOL se hoofdoel is om dosente se onderrigpraktyk te versterk en hul ontwikkeling as dosente te ondersteun.
Ons Dienste
Die Sentrum vir Onderrig en Leer se belangrikste verantwoordelikheid is om professionele leergeleenthede vir US-akademici aan te bied, insluitend:
Kortkursusse
Ons US-geakkrediteerde kortkursusse, geïnspireer deur onderrig-leer-assessering (OLA), sluit in: Assessering, Leer en Kunsmatige Intelligensie in OLA, Professionele Opvoedkundige Ontwikkeling vir nuut-aangestelde akademici (PRONTAK), Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (SoEL) en Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL). Ons bied ook opleidingskursusse aan vir die Peer-to-Peer Fasilitering van Leer.
Toekennings, beurse en befondsing
Ons bestuur verskeie befondsingsgeleenthede, erkenningsprogramme, genootskappe en toekennings vir dosente aan die US.
Gespreksreekse, konferensies en fakulteits- betrokkenheid
Die SOL bied maandeliks OLA-gespreksessies aan (bekend as Auxins), sowel as kwartaallikse Leer- en Onderrigverryking seminare. Elke fakulteit het ook ’n aangewese SOL-adviseur wat ondersteuning bied met OLA-aangeleenthede insluitend module- en programvernuwing.
OLA-beleid, hulpbronne en navorsing
Ons bestuur institusionele OLA-beleide, verskaf addisionele hulpbronne en ondersteuning ten opsigte van OLA-praktyke, en moedig navorsing in die veld aan en neem daaraan deel. Die institusionele Studenteterugvoerstelsel word ook deur die SOL bestuur.