Skip to main content

Sentrum vir Onderrig en Leer

Oor Ons

Ons is geposisioneer binne die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking en ons rapporteer aan die Viserektor: Leer en Onderrig.

Die hooffunksie van die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) is om die professionele leer van akademiese personeel ten opsigte van hulle onderrigrol te bevorder. Ons hooffokus is dus onderrig-leer-assessering (OLA) aan die US.

As sodanig is ons kernverantwoordelikheid die skep van professionele leergeleenthede vir US akademici. Ons bied kortkursusse oor verskeie OLA-onderwerpe aan, insluitend PRONTAK en ons beheer OLA-beleide, voorsien hulpbronne en moedig navorsing in die veld aan. Ons administreer ook befondsingsgeleenthede en bedryf erkenningsprogramme, genootskappe en toekennings vir US onderrigpersoneel. Volg die skakels hieronder om meer te wete te kom oor ons werk:​

Toekennings & genootskappe

Vind meer uit oor die Eerstejaars prestasietoekennings, Onderrigtoekennings en -genootskappe

Fakulteits-betrokkenheid

Die meeste fakulteite het ‘n toegekende adviseur wat dosente bystaan met OLA-sake. Klik hier vir jou adviseur.

Eweknieleer-fasilitering

Hierdie kortkursus is gemik op studente en help hulle om hul vaardighede in eweknieleerfasilitering te slyp

Peer-to-Peer Facilitation

Aimed at students, this short course develops their peer-to-peer facilitation of learning skills. Read more.

Kortkursusse

Ons bied verskeie US-geakkrediteerde OLA-geïnspireerde kortkursse aan: Assessering, KI in OLA, PRONTAK, SoEL, SoT

Seminare & kongresse

SOL bied maandelikse OLA-gesprekke (Auxins) aan asook kwartaalikse Leer en Onderrigverrykingseminare aan. Vind ook meer uit oor die jaarlikse SoTL-kongres

Studenteterugvoer

Nuuskierig oor wat die studente in jou modules dink? Aktiveer US studenteterugvoer hier.

OLA Beleide

Institusionele en nasionale beleide wat OLA aan die US rig.

OLA Hulpbronne

‘n Paar ekstra hulpbronne en wenke vir jou OLA-praktyk.

OLA Navorsing

Lees relevante, fakulteitspesifieke navorsing.

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Ons visie

​Ons visie is om 'n kennisvennoot te wees wat die onderrig en leerkultuur by Universiteit Stellenbosch op so 'n wyse verhoog wat 'n regverdige samelewing in Suid-Afrika bevorder.​


Ons missie

​Ons missie is om professionele leergeleenthede vir akademiese personeel in fakulteite te skep en om denkleiers op die gebied van deeln​emende, innoverende en akademiese onderrig en leer te wees.


Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking

​Die Sentrum vir Onderrig en Leer is een van die sentrums in die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking, in die verantwoordelikheidsarea van die viserektor Leer en Onderrig. Die grafika onder dui die verskillende sentra in ons afdeling aan, asook wat elkeen doen.

Image Afr final2.jpg