Breadcrumb
Seminare & Kongresse
Auxins is maandelikse seminare wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) georganiseer word waar gassprekers van regoor kampus hulle idees en innovasies oor onderrig-leer-assessering deel. Die Auxins is daarop gemik om akademici in hulle onderrigrol in die US-konteks te ondersteun. Gegewe die toenemende diverse konteks van die US, is die Auxins daarop gemik om dosente in hul onderrigrol te ondersteun sodat hulle kan bydra tot die aflewering van studente wat in 'n komplekse samelewing kan funksioneer en floreer.
SOL organiseer elke kwartaal 'n virtuele Onderrig- en Leerseminaar, namens die Waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig, Prof Richard Stevens, en die Afdeling Leer- en Onderrigverryking. Die seminare beoog om die akademieskap van onderrig en leer te bevorder. Tydens hierdie sessies deel US Onderrigvennote hulle navorsing, innovasies en ervarings oor onderrig en leer met kollegas.
Die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)-konferensie is 'n interne geleentheid vir US-personeel en word deur die Afdeling vir Leer en Onderrigverryking gereël. Dit is daarop gemik om alle aspekte van onderrig-leer-assessering aan die US in 'n oop, ondersteunende en intellektueel stimulerende atmosfeer aan te spreek.