Skip to main content

Akademiese Vernuwing

Akademiese vernuwing verwys na die hersiening, revisie en herontwerp van die onderrig-leer-assesserings (OLA) aanbod, insluitend modules en programme, by US. Hierdie proses word deur dosente en departemente (en/of fakulteite) gedryf, met ondersteuning van die fakulteit se visedekaan Leer en Onderrig (of soortgelyk), en die SOL-adviseur en, in 'n latere stadium van die proses, 'n adviseur van die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (APG). Dokumente vir formele akademiese vernuwing dien gewoonlik eers by 'n interne fakulteitskomitee voordat dit aan die Program Advieskomitee (PAK) en Sen​aat vir goedkeuring voorgelê word.

By US dokumenteer ons ons programme en modules deur gebruik te maak van 'n Programspesifikasie Dokument (Vorm A) en Modulespesifikasie Dokument (Vorm B). 'n Deel van die voltooiing van hierdie dokumente is die formulering van uitkomste, assesseringsplanne en module-inhoud. Hierdie aspekte is deel van konstruktiewe belynings, soos beskryf in die DeLTA Raamwerk, en dit word verder uiteengesit op APG se hulpbronneblad wat spesifiek ondersteuning bied vir die voltooiing van Vorms A en B. Hierdie vorms is nie net vir burokratiese doeleindes nie - die inligting van Vorm A word in die jaarboek ingesluit en die Vorm B-inligting word deel van die module raamwerk.

Indien 'n dosent akademiese hernuwing van 'n aard oorweeg, betrek liefs  die SOL-adviseur so vroeg as moontlik in die proses sodat dit so optimaal as moontlik kan verloop.



A part of the completion of these documents is the formulation of outcomes, assessment plans, and module contents. These aspects are in line with the constructive alignment process described in the DeLTA Framework and unpacked further in APQ's resources​ that offer support for completing Forms A and B. These forms aren't just for bureaucratic purposes—the information from Form A is included in the yearbook, and the Form B information becomes part of the module framework. 

If you are considering academic renewal of some kind, be sure to involve the BLC of your faculty and the CTL advisor of your faculty as early as possible in the process so that it can be as optimised as possible.


Ondersteuning