In Oktober 2026 sal die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens kollegas uit die biblioteek- en inligtingsektor van regoor die wêreld verwelkom by die 17de Universiteit Stellenbosch Biblioteeksimposium, wat van 20–22 Oktober by die Wallenberg-konferensiesentrum, geleë binne die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS), plaasvind.
Personeel en studente word aangemoedig om die beplande inisiatiewe deur te kyk en te oorweeg waar hulle moontlik wil deelneem of ondersteuning kan bied.
Die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch bied vanjaar van 3–4 September die jaarvergadering van die Internasionale Vereniging van Regskole aan.
Op ons voorgraadse Opedag verwelkom ons leerders in graad 11 en 12, hulle ouers, onderwysers en voorligters op ons Stellenbosch- en Tygerbergkampus. Kom kyk na ons uitstallings, woon demonstrasies en inligtingsessies by, en gesels met fakulteitspersoneel. Ervaar terselfdertyd ons lewendige kampusse en studentegemeenskappe, en ondersoek die beskikbare huisvestingsmoontlikhede.