Skip to main content

Innovus TTO-Dommisse Prokureurs Ing. Belangekonflik Werkswinkel: Webinaarreeks

Datum: 05 Augustus 2026 12:00 - 19 Augustus 2026 10:30
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
Aanlyn | MS Teams

Kontakbesonderhede

Innovus Tegnologieoordragkantoor (TTO), in samewerking met Dommisse Prokureurs, nooi jou uit na die 2026 Belangekonflik Webinaarreeks wat spesifiek aangebied word vir navorsers en entrepreneurs wat by kommersialisering, afwentelmaatskappye of samewerking met die industrie betrokke is. Die US se ekosisteem vir innovasie- en entrepreneurskap groei, en heelwat navorsers neem ook rolle as stigters, direkteure, aandeelhouers, HUBs of adviseurs van afwentelmaatskappye aan. Terwyl hierdie aktiwiteite deur die US aangemoedig en ondersteun word, vereis dit egter deeglike bestuur om te verseker dat belangekonflik geïdentifiseer, bekend gemaak en behoorlik bestuur word, volgens universiteitsbeleide en goeie korporatiewe bestuurspraktyke.

 

Hierdie drieledige reeks webinaars sal praktiese leiding gee oor:

  • Begrip van belangekonflik binne 'n universiteitsnavorsing- en innovasieomgewing;
  • Die Universiteit se Konflik Van Belangebeleid en relevante prosedures van die Navorsingskantoor;
  • Hantering van belangekonflik wanneer afwentelsmaatskappye gestig word of daar betrokkenheid by hierdie maatskappye is;
  • Korporatiewe bestuursverantwoordelikhede van direkteure, aandeelhouers en maatskappyleiers; en
  • Praktiese benaderings om beide jou navorsing en jou maatskappy te beskerm, terwyl jy steeds aan universiteitsvereistes voldoen.

Die reeks sal aangebied word deur kenners van die US, saam met kundiges van Dommisse Prokureurs, wat praktiese insigte en feitgebaseerde voorbeelde sal deel,relevant tot navorsingsondernemers.

Belangrike datums en tye:

  • 5 Augustus 2026, van 12:00 – 13:30 (Registreer hier)
  • 12 Augustus 2026, van 14:00 – 15:30 (Registreer hier)
  • 19 Augustus 2026, van 09:00 – 10:30 (Registreer hier)

Sprekers:

  • Anita Nel, Hoofdirekteur van Innovasie- en Kommersialisering,US;
  • Steven Adams, Adjunkdirekteur: Werknemerverhoudinge,US;
  • Timothy Kelly, Senior Assosiaat, Dommisse Prokureurs; en
  • Ya-Fan Wong, Senior Assosiaat, Dommisse Prokureurs.

As jy moontlik oorweeg om 'n afwentelmaatskappy te stig,dalk reeds as direkteur of aandeelhouer dien, of by die kommersialisering van jou navorsing betrokke is, moedig ons jou aan om hierdie waardevolle webinaarreeks by te woon.

Vir navrae oor die webinaarreeks, kontak asseblief Innovus TTO by [email protected].