Skip to main content
Photo by Priscilla du Preez

Praktiese Teologie en Missiologie

Om geloof in aksie te betrek deur bediening, gemeenskapsontwikkeling en sosiale transformasie.

Oor die departement

In die dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie probeer ons verstaan hoe die Woord en aksies van God vorm kry in die woorde en dade van die mens op aarde. Wat beteken dit om deur God gestuur te word na die wêreld waar ons leef en werk? Hoe oorsteek ons die grense van kultuur, ras, klas, geslag, plek en ouderdom om diegene in nood te bereik? Teologie is woorde en getuienisse oor God. Wanneer ons God hoor en sien, begelei God ons na die nood van ons naaste. Wat is hierdie nood? Wat veroorsaak hierdie nood? Hoe spreek ons dit aan? Hoe rus ons leiers, lidmate en gemeentes toe om betrokke te raak by God se sending na die wêreld?

In die lig hiervan handel die dissiplines van Praktiese Teologie en Missiologie oor kwessies van kerkbediening, die lewe van geloofs-gemeenskappe in verskillende kontekste, en transformerende optrede in die samelewing.


In Praktiese Teologie is daar spesialisasies wat fokus op liturgie en homiletiek, pastorale sorg, gemeenskapsontwikkeling en jeugwerk. Missiologie en die wetenskap van godsdienste is 'n teologiese dissipline wat bestudeer of, hoe en waarom individue en groepe in die kerke en die wêreld (voldoende) reageer en
deelneem aan die grensoorskrydende aktiwiteite van God in die wêreld. Dit fokus op op ekumenisiteit, kulturele diversiteit en intergodsdienstige kwessies – veral binne die Afrika-konteks.

Fokusareas

  • Pastorale sorg
  • Jeugbediening
  • Homiletiek en liturgie
  • Gemeenskapsontwikkeling
  • Missiologie

Akademiese Personeel

Prof Peter White
Voorsitter: Missiologie
Kamer 2016B
Prof Nadine Bowers Du Toit
Praktiese Teologie – Gemeenskapsontwikkeling
Kamer 2017
Prof Anita Cloete
Praktiese Teologie – Jeugwerk
Kamer 2015A
Dr Thokozile Mbaya
Praktiese Teologie – Jeug, Ontwikkeling en Godsdiens
Kamer 2013B
Dr Dawid Mouton
Praktiese Teologie, Akademiese Steun
021 808-9329
Kamer 2019
Rev Nobuntu Penxa-Matholeni
Praktiese Teologie – Pastoraat
Kamer 2015B
Prof Xolile Simon
Missiologie
021 808-3636
Kamer 2014
Prof Christo Thesnaar
Praktiese Teologie – Pastoraat
021 808-3257
Kamer 2016
Prof Shantelle Weber
Praktiese Teologie – Jeugwerk
Kamer 2013
Prof Cas Wepener
Praktiese Teologie – Homiletiek
021 808-3264
Kamer 2018
Me Bonita Robyn
Administrasie
021 808-3577
Kamer 2012