Breadcrumb
Sistematiese Teologie en Ekklesiologie
Die verkenning van die Christelike geloof, etiek en die lewe van die kerk in dialoog met die moderne samelewing.
Oor die departement
Sistematiese Teologie bestudeer Christelike geloof en Christelike etiek. In die Christelike geloof word die inhoud van die Christelike tradisie dikwels opgesom in leerstellings en belydenisse oor God (insluitend God se openbaring en kennis van God, God se skepping, God se voorsienigheid, God se beeld, die mensdom), Jesus Christus (insluitend sy persoon, lewe en verlossingswerk), en die Heilige Gees 23 (insluitend die lewe-gewende werk van die Gees, die kerk, die sakramente, die uiteinde van die skepping). Dit word bestudeer in die lig van kontemporêre vraagstukke, eise en ervarings.
In Etiek word die fondamente van Christelike moraliteit nagevors. Dit word dikwels opgesom in vrae oor wat moraliteit is en hoe dit gevestig kan word, wat ʼn morele gemeenskap is, hoe morele mense optree, wat morele aksies is in die lig van spesifieke etiese vrae en of Christene getrou moet wees aan ʼn spesifieke vorm van moraliteit.
Ekklesiologie fokus op die geskiedenis en reg van die kerk. Kerkgeskiedenis behels die kerk- en teologie-geskiedenis van die tyd van die vroeë Christene/kerk tot en met meer onlangs. Die Suid-Afrikaanse konteks ontvang spesifieke klem binne ʼn ekumeniese raamwerk. In Kerkreg word gefokus op hoe ons teologiese denke oor die kerk gestalte kan vind in die orde in en vir die kerk.
Fokusareas
- Christelike leer
- Etiek
- Kerkgeskiedenis
- Kerkreg