Photo by Sincerely Media, on Unsplash
Breadcrumb
Ou en Nuwe Testament
Fokus op verantwoordelike interpretasie van Bybeltekste en hul relevansie vir kontemporêre kontekste.
Oor die departement
Die fokus van Ou en Nuwe Testament is op betroubare, verantwoordelike Bybelinterpretasie. Teologiese eksegese van die Bybel moet verreken word teenoor akademiese en geloofs-gemeenskappe (in Afrika en elders) waar die Evangelie geïnterpreteer word. Daarom moet kennis geneem word van die Bybelse skrywers (toe) en lesers (vandag) wanneer Griekse en Hebreeuse Bybeltekste geïnterpreteer word. In voortsetting van die Bybelse teks self is dié interpretasie gemik op die heling van die kerk, gemeenskap en skepping.
Fokusareas
- Bybelse interpretasie
- Hebreeuse bybelstudies
- Nuwe testamentiese studies
- Kontekstuele en teologiese interpretasie