Presisiegeneeskunde en borskanker
Kontakbesonderhede
Sluit by ons aan tydens die Toyota Woordfees vir ’n nuwe reeks boeiende wetenskapskafeegesprekke met bekende wetenskapsjoernalis en skrywer, Engela Duvenage as moderator.
Stellenbosch Wetenskapskafee is ’n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Toegang is gratis.
Onderwerp
Gegewe die kompleksiteit en veranderlikheid van borskanker, is ’n tradisionele een-grootte-pas-almal-behandelingsbenadering dikwels onvoldoende. In hierdie gesprek sal Engela Duvenage die konsep “presisiegeneeskunde” ondersoek as belowende benadering wat pasiëntprognose en -sorg aansienlik kan verbeter deur voorkomings- en behandelingstrategieë aan te pas op grond van individuele genetiese, patalogiese, omgewings-, en leefstylfaktore. Iemand wat drie soorte kanker oorleef het, sal haar ervaring van hierdie behandelingsbenadering met ons deel.
Sprekers
Prof. Anna-Mart Engelbrecht, Departement Fisiologiese Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch
Dr. Claudia Christowitz, Departement Fisiologiese Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch
Prof. Maritha Kotze, mediese wetenskaplike, Afdeling Chemiese Patologie, Universiteit Stellenbosch
Dr. Rika Pienaar, kliniese onkoloog, CancerCare, Panorama
Pasiënt X