Die wetenskaplikes (en die wetenskap) agter Suid-Afrika se eerste kwantumsatellietverbinding met China
Kontakbesonderhede
Suid-Afrika en China het suksesvol die langste interkontinentale ultraveilige kwantumsatellietverbinding ter wêreld – wat oor ’n afstand van 12,900 km strek – gevestig. Met behulp van die Chinese kwantummikrosatelliet Jinan-1, wat in ’n lae-aarde wentelbaan gelanseer is, is hierdie mylpaal die eerste kwantumsatelliet-kommunikasieverbinding wat in die Suidelike Halfrond gevestig is. Kom luister saam tydens hierdie opwindende Science Café Stellenbosch na die fisici wat dit laat gebeur het: Dr Yaseera Ismail, eksperimentele fisikus in die US se Departement Fisika, en Prof. Francesco Petruccione, direkteur van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS), en professor in kwantumberekeninge aan die US se Skool vir Datawetenskap.
Hier is die praatjie op die Woordfeesprogram