Stemme van oorlewendes versterk by 16 Dae van Aktivisme-geleentheid
- Die US se Co-Create Health Hub het kragte saamgesnoer met Aurorah Kuilsrivier Gemeenskap Aksienetwerk om 16 Dae van Aktivisme te vier met 'n geleentheid wat die stemme van oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld (GBV) versterk.
- Die geleentheid het ʼn platform gebied aan oorlewendes wat hul geskrewe stories, gedigte en refleksies oor GBV gedeel het, alles met die doel om standpunt in te neem teen GBV.
- Die hoogtepunt van die geleentheid was die bekendstelling van 'n boek getiteld The Horror of Trust, wat die stories van GBV-oorlewendes bevat en aksie daarteen inspireer.
Die Universiteit Stellenbosch se Co-Create Health Hub het kragte saamgesnoer met Aurorah Kuilsrivier Gemeenskap Aksienetwerk (CAN) om 16 Dae van Aktivisme te vier met 'n geleentheid wat die stemme van oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld (GBV) versterk.
16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgebaseerde Geweld is 'n jaarlikse wêreldwye veldtog wat van 25 November (Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Menseregtedag) duur. Die geleentheid, wat ook saamgeval het met Wêreld-VIGS-dag, het ʼn platform gebied aan oorlewendes wat hul geskrewe stories, gedigte en refleksies oor GBV gedeel het, alles met die doel om standpunt in te neem teen GBV.
Die Co-Create Health Hub, binne die Afdeling Gesondheidstelsel en Openbare Gesondheid aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), doen navorsings wat die gemeenskap betrek en het aan die projek saamgewerk met Aurorah CAN, 'n vrywilligersnetwerk wat reageer op die behoeftes van kwesbare mense in die gemeenskap.
Die hoogtepunt van die geleentheid, wat by die Biomediese Navorsingsinstituut (BMRI) op die Tygerberg-kampus gehou is, was die bekendstelling van 'n boek getiteld The Horror of Trust, wat die stories van GBV-oorlewendes bevat en aksie daarteen inspireer.
Latiefah Jacobs, stigter van die Aurorah CAN, het die boek saamgestel uit stories wat ontstaan het uit 'n "genesing en skryf"-werkswinkel wat sy in haar gemeenskap georganiseer het.
Jacobs het gesê die werkswinkel-inisiatief is daarop gemik om "deelnemers aan te spoor om hul storie, hul mag en hul lewe terug te eis deur dagboek te hou en te skryf".
"Die boek bevat stories van verraad, oorlewing en die dapper daad van vertroue terug te eis," het Jacobs gesê, wat ongeveer 15 samestellings van gemeenskapsverhale gepubliseer het, wat almal fokus op die bemagtiging van mense om hul stories te vertel en van hul trauma te genees.
Professor René English, Hoof van die Afdeling Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, het die deelnemers aan die geleentheid verwelkom en die belangrikheid van samewerking in die burgerlike samelewing beklemtoon om mense te help om van GBV te genees.
Die bekende vroueregte-aktivis Lucinda Evans het die deelnemers toegespreek, en die program het 'n jeugdialoog oor GBV en MIV ingesluit.
Professor Lynn Hendricks van die Afdeling Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid het gesê die Co-Create Health Hub het ongeveer 'n jaar gelede afgeskop met 'n sleutelfokus op gemeenskapsbetrokkenheid by navorsing en sosiale impak. “Ons werk nasionaal en internasionaal saam met ander organisasies en navorsers wat betrokke is by gemeenskapsbetrokke navorsing om navorsingsbillikheid te bereik. Ons probeer om betrokke te raak by sosiale kwessies wat belangrik en relevant is in ons gemeenskappe, en ons bevorder die insluiting van gemeenskapslede in ons navorsingspanne en ons ander werk, want ons glo dat dit is hoe ons globale gesondheid transformeer. Een daarvan is GBV, wat deur ons president as 'n nasionale ramp bestempel is, met 1 uit 3 vroue wat geslagsgebaseerde geweld ervaar.”
Hendricks het die Hub se samewerking met Jacobs vir die 16 Dae van Aktivisme-geleentheid geprys.
“Latiefah het vier versamelings van gemeenskapsverhale oor GBV gepubliseer en het verskeie pryse vir hierdie werk gewen. Dit is 'n eer om saam met haar te werk as deel van ons span en aan hierdie geleentheid wat GBV in Suid-Afrika uitdaag.”