Skip to main content
Stellenbosch University

Skool vir Rekeningkunde

Die Skool vir Rekeningkunde, wat reeds in 1925 gestig is, speel ’n sentrale rol in die bevordering van akademiese uitnemendheid. Met meer as 90 toegewyde personeellede en sowat 3 800 voorgraadse en nagraadse studente, is dit die grootste akademiese eenheid binne die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
 

Ons berei studente deeglik voor vir professionele rekeningkundige kwalifikasies deur liggame soos die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA), die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) en die Association of Chartered Certified Accountants (ACCA). Ons gegradueerdes behaal gereeld van die hoogste slaagsyfers landswyd in professionele eksamens, en is bekend vir hul vermoë om vinnig sinvol tot die werksplek by te dra.

Benewens ons verbintenis tot akademiese uitnemendheid, is ons betrokke by navorsing en maatskaplike impak. Ons vorm ’n transformerende en inklusiewe leeromgewing vir nie net rekenmeesters nie, maar ook toekomsgerigte denkers en leiers.
 

Kontak ons:

Algemene navrae
+27 21 808 3428

BAccHons / PGDA-navrae
+27 21 808 3845 
[email protected]

Geoktrooieerde Rekenmeesters (CA(SA))
+27 21 808 3846

Bestuursrekenmeesters (CIMA)
+27 21 808 3470

Gekwalifiseerde Rekenmeesters (ACCA)
+27 21 808 3422

BCom-grade
+27 21 808 3422

Straatadres
Van der Sterr-gebou
Bosmanstraat
Stellenbosch
 

“Ons gegradueerdes behaal gereeld van die hoogste slaagsyfers landswyd in professionele eksamens, en is bekend vir hul vermoë om vinnig sinvol tot die werksplek by te dra.”

Programmes Homepage
Image by: EMS stock photos

Akademiese programme

Stellenbosch Universiteit se Skool vir Rekeningkunde bied drie dinamiese voorgraadse studierigtings aan, naamlik BAcc Geoktrooieerde Rekenmeesterskap, BCom Finansiële Rekeningkunde en BCom Bestuursrekeningkunde, elk ontwerp om toekomsgerigte finansiële professionele persone en leiers te ontwikkel. Hierdie programme word aangevul deur gespesialiseerde meestersprogramme, met ’n PhD-aanbod wat binnekort geloods word, wat ’n volledige akademiese trajek van voorgraadse studie tot gevorderde navorsing skep.

Research
Image by: EMS

Navorsing

Die Skool vir Rekeningkunde se navorsing bevorder denkleierskap in rekeningkunde, korporatiewe bestuur en volhoubaarheid, en lewer insigte wat beleid, praktyk en die toekoms van die beroep vorm. Ons personeel lewer impakvolle, wêreldwyd relevante navorsing wat akademiese uitnemendheid met praktiese toepassing in die werklike wêreld verbind.

Social Impact
Image by: EMS

Sosiale Impak

Om ʼn tasbare sosiale impak te maak, is deel van die visie van die Skool vir Rekeningkunde (SvR) en as sulks, is dit deel van die opvoeding, leer en navorsing wat ons personeel doen. Die personeel van die SvR maak ʼn sosiale impak deur hulle betrokkenheid by groot projekte in hulle persoonlik kapasiteit, asook betrokkenheid binne die Universiteit landskap en die rekeningkundige professie, hetsy deur middel daarvan om op komitee te dien en/of deur verteenwoordiging van professionele organisasies. Verskeie personeellede deel ook hulle tyd en kennis vrywilliglik deur op die raad van maatskappye sonder winsoogmerk te dien, onder andere Stellenbosch Hospice, Maties Gemeenskapsdiens, ChangeAbility. Ons studente en akademiese klerke het ook 'n sosiale voetspoor deur verskeie jaarlikse projekte, insluitend insamelings. 
 

Learning and Teaching
Image by: EMS stock photo

Leer en Onderrig

Die wêreld gaan 'n tydperk van beduidende verandering binne. Of dit nou eksponensiële veranderinge in gebruik, toepassing en krag van tegnologie, klimaatsverandering of verwagte verskuiwing in die politieke en sosiale sfeer is, die invloed van die verandering het 'n fundamentele impak op alle aspekte van die moderne lewe, beide persoonlik en professioneel. Die meeste van hierdie veranderinge is deur die vierde industriële revolusie teweeggebring. 'n Rewolusie waarin nuwe tegnologieë of nuwe maniere om die wêreld te sien veranderinge in ekonomiese en sosiale strukture veroorsaak. Dit het dus ook 'n impak op ons waarde- en geloofstelsels en sal vereis dat sommige bestaande idees, teorieë en oortuigings hersien word.

Staff
Image by: EMS

Personeel

Die Skool vir Rekeningkunde is trots daarop om ondersteun te word deur ’n toegewyde span akademiese en administratiewe personeel wat saamwerk om uitnemendheid in onderrig, navorsing en studenteondersteuning te lewer. Van inspirerende dosente en toonaangewende navorsers tot die professionele diensspan wat die vlot verloop van ons programme verseker, ons mense is die kern van alles wat ons doen.

 

AR
Image by: EMS

The Annual Report

Die RekNuus, of Annual Report (naamverandering in 2020), is die jaarlikse nuusbrief van die Skool vir Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie nuusbrief doen verslag oor die aktiwiteite, prestasies en navorsing van die Skool se personeel, ons studente en diegene wat met ons geassosieer word.

AA
Image by: EMS

Academic Traineeship Program

Die SAICA laat ’n beperkte aantal leering-rekenmeesters toe om die Academic Traineeship Program (ATP) te volg. Die program behels dat klerke hulle eerste jaar van vakleerlingskap by ’n SAICA-geakkrediteerde universiteit deurbring. Die ATP bied leerling-rekenmeesters die geleentheid om hul eerste jaar van leerlingskap in ’n stimulerende akademiese omgewing deur te bring, onder andere met die doel om hulle belang te laat stel om moontlik in die toekoms ’n akademiese loopbaan te volg. ’n Aantal van die personeellede van die Skool vir Rekeningkunde was trouens voormalige akademiese klerke Hierdie program versterk ook die personeelkorps van die Skool, aangesien klerke aan soortgelyke take blootgestel word as junior lektore.

CS
Image by: EMS

Huidige Studente

Hierdie afdeling bring belangrike inligting en hulpbronne saam om jou akademiese reis by die Stellenbosch Universiteit se Skool vir Rekeningkunde te ondersteun. Hier sal jy noodsaaklike administratiewe riglyne en hulpmiddels vind om jou te help om ingelig, georganiseerd en op koers vir sukses te bly.

Ons Programme

BAcc (Geoktrooieerde Rekenmeester)

’n Program wat jou voorberei vir die SAICA-kwalifikasie as geoktrooieerde rekenmeester. Die klem val op tegniese kundigheid, professionele etiek en die ontwikkeling van kritiese denkvermoë.

BCom in Finansiële Rekeningkunde (ACCA)

Bied vrystelling van nege ACCA-eksamens en rus jou toe met finansiële bestuursvaardighede wat internasionaal toepasbaar is.

BCom in Bestuursrekeningkunde (CIMA)

Fokus op strategiese en finansiële bestuur, en lei tot vrystelling van verskeie CIMA-eksamens. Hierdie program berei jou voor vir sleutelrolle in die sakewêreld.

Thuthuka Beurs-program

Thuthuka is 'n transformasie-inisiatief van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters wat daarop gemik is om voorheen-benadeelde leerders in skole aan te moedig om 'n loopbaan in die Geoktrooieerde Rekenmeesters (GR) veld te volg.

Nagraadse programme

BAccHons / PGDA (Geoktrooieerde Rekenmeester)

’n Eenjaarprogram wat jou voorberei vir SAICA se professionele eksamens. Die inhoud integreer alle kernareas van rekeningkunde op ’n toepaslike en praktiese wyse.

BComHons in Bestuursrekeningkunde

Beklemtoon strategiese besluitneming en risikobestuur. Berei jou voor vir CIMA se finale eksamens en vir senior bestuursrolle.

MCom / MAcc in Belasting

’n Gespesialiseerde program wat fokus op die interpretasie van belastingreg en adviesvaardighede. Jy kan kies tussen ’n navorsingsroete of ’n kursusgebaseerde opsie, afhangend van jou loopbaandoelwitte.

MCom in Rekenkundige Inligtingstelsels

Hierdie program rus jou toe om uitdagings rakende die bestuur, beheer en verantwoording van inligtingstegnologie in moderne sakeomgewings aan te spreek.

PhD in Rekeningkunde

’n Navorsingsintensiewe program wat jou help om spesialiskennis in ouditering, finansiële rekeningkunde, bestuursrekeningkunde en belasting te ontwikkel en uit te bou.

Open Day

The on-campus (in-person) Open Day will take place on Saturday, 18 April 2026 from 8:00 to 15:00 

On our annual SU Open Day, we welcome grade 11 and 12 learners, their parents, teachers and guidance counsellors to our Stellenbosch and Tygerberg campuses. View our exhibitions, attend demonstrations and information sessions, and engage with our faculty staff, all while experiencing our vibrant campuses and student communities and exploring the available housing options.

NextGen Maties

Find out what makes you a NextGen Matie.

Social Media

Stay connected - follow us on social media for the latest news and updates.

Where to find us

+27 21 808 9564
CGW Schumann building, Bosman Street, Stellenbosch