Skip to main content

Sosiale Impak

Om ʼn tasbare sosiale impak te maak, is deel van die visie van die Skool vir Rekeningkunde (SvR) en as sulks, is dit deel van die opvoeding, leer en navorsing wat ons personeel doen. Die personeel van die SvR maak ʼn sosiale impak deur hulle betrokkenheid by groot projekte in hulle persoonlik kapasiteit, asook betrokkenheid binne die Universiteit landskap en die rekeningkundige professie, hetsy deur middel daarvan om op komitee te dien en/of deur verteenwoordiging van professionele organisasies. Verskeie personeellede deel ook hulle tyd en kennis vrywilliglik deur op die raad van maatskappye sonder winsoogmerk te dien, onder andere Stellenbosch Hospice, Maties Gemeenskapsdiens, ChangeAbility. Ons studente en akademiese klerke het ook 'n sosiale voetspoor deur verskeie jaarlikse projekte, insluitende insamelings. 

Verdere inligting 

Diegene wat belangstel, kan verdere inligting kry rakend die projek: 

Me Natalie Jansen 
Tel: +27 21 808-9720 
E-pos: [email protected] 

Vir vrae rakende die projek inhoud, kontak: 

Prof Riaan Rudman 
Tel: +27 21 808-2701 
E-pos: [email protected]


Studentesukses staan sentraal tot die aktiwiteite van die Skool vir Rekeningkunde (SvR). Met dié doel het die SvR verskeie inisiatiewe om studente met onderrig en leer te ondersteun. Twee van hierdie projekte is die Thuthuka-beursprogram en die Ikusasa-studentehulpfondsprogram, wat gekoördineer word deur ʼn projekspan wat verantwoordelik is vir die verskaffing van omvattende (“wrap-around”) ondersteuning aan studente.
Thuthuka-beursprogram

Thuthuka is ʼn transformasie-inisiatief van die South African Institute of Chartered Accountants (SAICA), wat daarop gemik is om voorheen benadeelde leerders aan te moedig om die beroep van geoktrooieerde rekenmeester te betree. Die Stellenbosch Thuthuka-beursprogram bestaan uit vier hoofkomponente. Die belangrikste komponent is die student self, wat verantwoordelikheid vir sy of haar toekoms moet aanvaar en die bestaande geleenthede optimaal moet benut. Akademiese sukses is die tweede belangrike komponent, waartydens studente aan verskeie transformasie- en akademiese kwaliteitsinisiatiewe van die Skool deelneem, onder andere deur akademiese hulp- en ondersteuningsprogramme.

Studente neem ook deel aan doelgerigte modules in lewens- en werkplekvaardighede. Die laaste, maar baie belangrike, komponent is sosiale impak. Verskeie dosente is betrokke by die bestuur van hierdie projek. Die meeste dosente in die Skool dien as mentors vir Thuthuka-studente gedurende die volle duur van hul studies.

Studente is ook in hul persoonlike hoedanigheid aktief betrokke in die gemeenskap. Hulle neem jaarliks aan verskeie gemeenskapsdiensprojekte deel, wat wissel van die toepassing en oordrag van hul pasverworwe rekeningkundige kennis aan skoolleerders, tot sportafrigting in hul tuisgemeenskappe en die verspreiding van voedsel aan minderbevoorregtes. As groep gee Thuthuka-studente ook terug aan die gemeenskap deur middel van jaarlikse projekte waarin hulle hul kennis en vaardighede deel.

Vir meer inligting en kontakbesonderhede oor die beursprogram, besoek gerus:
http://www.sun.ac.za/english/faculty/economy/accounting/programmes/thuthuka-bursary-programme

fact-sheet.pdf (217.7 KB)

Ikusasa-studentehulpfondsprogram (ISFAP)

Die ISFAP-projek is ʼn nasionale beursinisiatief wat deur SAICA bestuur word. Dit is gerig op studente wat deel vorm van die sogenaamde “missing middle” – dit wil sê studente uit gesinne met ʼn gesamentlike inkomste van minder as R600 000 per jaar. Die teikengroep is studente wat studeer vir professionele kwalifikasies soos geoktrooieerde rekenmeesters, ingenieurs en mediese dokters.

Die akademiese ondersteuning wat aan studente gebied word, is soortgelyk aan die ondersteuning wat aan studente in die Thuthuka-beursprogram verleen word.

Vir meer inligting oor die projek en kontakbesonderhede, besoek:
Bursaries-loans/funding-opportunities
 

Die jaarlikse Teacher Enrichment Program (TEP) is ʼn samewerkingsinisiatief tussen die Skool vir Rekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD). Die fokus van die program is aanlyn opleiding vir onderwysers in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe regoor die Wes-Kaap.

Die Skool vir Rekeningkunde bied ʼn reeks aanlyn opknappingswerksessies aan. Die doel van hierdie werksessies is om onderrigvermoë te versterk deur kennis en vaardighede te verskaf aan onderwysers wat tans hierdie vakke aanbied, en om hulle te help om hierdie konsepte meer doeltreffend aan leerders te verduidelik.

fact-sheet.pdf (376.29 KB)

Verdere inligting

Belangstellendes kan verdere inligting oor die projek in hierdie verband bekom by:

Me. Waldette Engelbrecht
Tel: +27 21 808-9941
E-pos: [email protected]

Die Ex-Cell-projek, wat deur die Sosiale Impak-toekenning befonds word, is in Mei 2021 van stapel gestuur. Die Ex-Cell-projek is ʼn samewerkingsinisiatief tussen die Universiteit Stellenbosch, die Skool vir Rekeningkunde en die Departement van Korrektiewe Dienste.

Die projek het ten doel om leer te “vermenslik” deur te fokus op die sosiale, ubuntu-gefokusde dimensies van leer – samewerking, gemeenskapsbou en verbondenheid. Hierdie werksessie se tema is om deelnemers te bemagtig om beter voorberei te wees vir die sakewêreld deur gevangenes en paroolgangers op te lei om indiensneming te vind en sakeplanne te ontwikkel wat hulle in staat stel om ná hul vrylating ʼn bestaan in die besigheidswêreld te maak. Die program is ʼn vry-toegang-inisiatief, oop vir die breër publiek, en dus ook beskikbaar vir mense wat nie aan die Universiteit studeer nie.Die opvoedkundige loodskomponent van die projek behels dat dosente van die Universiteit Stellenbosch en gevangenisdeelnemers saam leer en van mekaar leer deur middel van dialoog en die deel van ondervindinge.

Deur opvoedkundige en ekonomiese geleenthede vir jong paroolgangers te bevorder, word die projek verder gerig deur die waardes en strategiese temas soos vervat in US se Visie 2040 sowel as die Nasionale Ontwikkelingsplan. Net so baat al die belanghebbendes daarby om van mekaar te leer en idees, ervarings en kennis te deel.

fact-sheet.pdf (559.35 KB)

Verdere inligting

Belangstellendes kan verdere inligting oor die projek in hierdie verband bekom by:

Me. Sher-Lee Arendse
Tel: +27 21 808-9941
E-pos: [email protected]

Mnr. Juan Ontong
Tel: +27 21 808-9230
E-pos: [email protected]