Navorsing, innovasie en nagraadse studie
Prof Sibusio Moyo

Conatct
Prof Sibusiso Moyo is sedert 1 September 2022 die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie aan die Universiteit Stellenbosch. 'n Groot verskeidenheid van haar werk oor differensiaalvergelykings en hulle toepassings het al verskyn. Sy het 'n PhD in Wiskunde aan die Universiteit van Natal (nou UKZN) en 'n meestersgraad in Tersiêre Onderwysbestuur (met onderskeiding) aan die Universiteit van Melbourne, Australië behaal. Sy het meer as 15 jaar se uitvoerende leierskapservaring en was onder meer die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Betrokkenheid, Direkteur: Navorsing en Nagraadse Studie en Hoof van die Departement Wiskunde, Statistiek en Fisika by die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT). Sy het in hierdie rolle beduidende denkleierskaprolle nasionaal en internasionaal gespeel. Sy was 'n denkleier op verskeie innoverende projekte en inisiatiewe, insluitende die ondersteuning van voorgraadse navorsingsuitnemendheid. Sy was gasredakteur van 'n aantal wiskundige wetenskappe-vaktydskrifte uitgegee deur Springer-Verlag, John Wiley & Sons en die Amerikaanse Insituut vir Fisika en het al by verskeie geleenthede as geleentheidspreker oor wiskunde, die bevordering van wetenskap, tegnologie en innovasie en aktuele kwessies in hoër onderwys opgetree.
Tans dien sy op die redaksie van die Taylor & Francis Journals of Higher Education Policy and Management and Agenda, 'n vaktydskrif wat die begrip van geslag en feminisme in sy breë en komplekse sin kritiseer. Moyo is ook 'n tweemalige ontvanger van die Suid-Afrikaanse Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) se leierskapstoekenning vir Entrepreneursontwikkeling in Hoër Onderwys (2019 en 2021) en was instrumenteel in die stigting van die DUT Sentrum vir Entrepreneurskap en Innovasie se "innobiz"-broeikas. Sy is ook aangestel as eredekaan van die Skool vir Innovasie en Entrepreneurskap by die Tianjin Beroepsinstituut, Tianjin, China van 2021 tot 2023.