Skip to main content
Photo by Stefan Els

Die Kanselier​

President Lesetja Kganyago

Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), is op 24 Januarie 2025 eenparig tot die amp van kanselier van die Universiteit Stellenbosch verkies. President Kganyago is die 16de Kanselier van die US.


Die Kanselier

Die Kanselier is die titulêre hoof van die Universiteit en word volgens die Statuut van die Universiteit verkies. Die Kanselier ken in die naam van die Universiteit kwalifikasies toe by gradeplegtighede en verrig ook ander seremoniële pligte. President Lesetja Kganyago is op Vrydag 20 Junie 2025 ingehuldig.

President ​Lesetja Kganyago

Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), is op 24 Januarie 2025 eenparig tot die amp van kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies. President Kganyago is die 16de Kanselier van die US.

President Kganyago het in 2018 'n eredoktorsgraad (Doktor in die Handel (DCom) honoris causa) van die US ontvang en word as een van die beste openbare beleidsfigure in die land beskou. Die Nelson Mandela Unive​rsiteit ook in Desember 2020 het 'n eredoktorsgraad in die Handel aan Kganyago toegeken.

Hy het 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van Londen (Skool vir Oosterse en Afrikastudies) en 'n Baccalaureus in die Handel (BCom) in rekeningkunde en ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal.

Chancellor-Kganyago
Image by: Stefan Els