Breadcrumb
Bedryf en Finansies
Prof Nicola Smit Waarnemende Uitvoerende Bedryfshoof
Bedryf en finansies lewer 'n wêreldklasomgewing; 'n plek wat met die wêreld verbind is
Die Universiteit Stellenbosch (US) is een van die wêreld se top instansies wat leer, onderrig en navorsing met ‘n groot sosiale impak lewer. Hierdie akademiese prestasies vind plaas op die Universiteit se vyf beeldskone kampusse, gekenmerk deur indrukwekkende infrastruktuur, omgewingsvriendelike bedryfspraktyke, volhoubare finansiële beplanning, die voorste tegnologiese en kommunikasiestelsels, as ook uitstekende sport- en ontspanningsfasiliteite.
Bedryfsuitnemendheid is die leiende tema vir die Verantwoordelikheidsentrum (VS) van Bedryf en Finansies en is verbind daartoe om Stellenbosch Universiteit se strategie te verwesenlik. Ons volg ‘n denkpatroon van voortdurende verbetering wat ons nog meer bewus maak en laat fokus op nuwe geleentehede om tekortkominge in ons uitgebreide aktiwiteitsportfolio die hoof te bied.
Die VS, bestaande uit Finansies, Fasiliteitsbestuur, Informasietegnologie, Innovus en Maties Sport, se fokus is die meedoënlose strewe na doeltreffendheid aan die een kant en die kweek van ‘n entrepreneurskap-kul-
tuur en verbetering aan die ander kant.
Ons hooftaak is om ‘n wêreldklasomgewing te lewer; ‘n plek wat aan die wêreld verbind is. Ons wil hierdie strategiese strewe bereik met ‘n goed-toegeruste personeelkorps, deur goeie bestuur en deur doeltreffende netwerke en vennoootskappe in stand te hou.
Prof Nicola Smit
Topstories
Ontdek stories oor ons strewe na impakvolle oplossings, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.
Toekennings en mylpale
US erken uitvinders vir baanbrekende patente en innovasie-uitnemendheid
Die Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO) het sy jaarlikse Uitvinderstoekenningseremonie op Woensdag 26 November 2025 aangebied om navorsers van die...
Die Universiteit Stellenbosch skep nuwe aansoekportaal vir kollateraal-gesteunde studielening vir studente met finansiële uitdagings
Om die finansiële uitdagings wat studente wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) befonds word en deel is van die sogenaamde “vermiste...
Die Universiteit Stellenbosch en St Stithians College werk saam op soek na groen energie oplossings
'n Afvaardiging van St Stithians College, een van Suid-Afrika se top skole in Johannesburg, het die Universiteit Stellenbosch in Julie besoek vir 'n...