Leer en onderrig
Prof Richard Stevens

Executive Assistant
Prof Richard Arno Stevens dien van April 2025 tot Maart 2026 as die waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig by die Universiteit Stellenbosch. Hy was voor hierdie rol Visedekaan: Leer en Onderrig in die Fakulteit Regsgeleerdheid, waar hy 'n deurslaggewende rol in die bevordering van innoverende onderrigpraktyke en kurrikulumontwikkeling gespeel het.
Stevens, 'n toegelate prokureur en geakkrediteerde kommersiële bemiddelaar, het 'n LLD van die Universiteit Stellenbosch, asook 'n LLM (cum laude) van die Universiteit van Tübingen. Hy dien ook sedert 2021 as besoekende professor aan die Tegniese Universiteit van München.
Prof Stevens se vakkundige werk fokus op korporatiewe en kommersiële reg en talle van sy artikels het al in toonaangewende vaktydskrifte verskyn. Hy het ook vir verskeie nagraadse studente in uiteenlopende regsvakgebiede, insluitende korporatiewe aanspreeklikheid en omgewingsreg, as studieleier opgetree. Benewens sy akademiese loopbaan bring hy beduidende praktiese ervaring uit sy ampstermyn as direkteur in die kommersiële afdeling by Cluver Markotter Inc, asook sy betrokkenheid by verskeie nie-winsgewende organisasies.
Hy praat Engels, Afrikaans en Duits vlot, met bykomende vaardigheid in Nederlands.