Skip to main content
#Researchforimpact: Afrika-VK navorsingsleerstoel sal help om vroue te bemagtig

#Researchforimpact: Afrika-VK navorsingsleerstoel sal help om vroue te bemagtig

Division for Research Development
13 Augustus 2020

Met die toenemende verstedeliking in Afrikalande waar 'n groot aantal huishoudings in informele nedersettings woon, word stadsbeplanners uitgedaag op die verpligting om volhoubare stede en gemeenskappe te bou. Daar ontstaan 'n groeiende vraag na energievoorsiening. Energie staan ook sentraal in die wêreldwye beweging na die Vierde Industriële Revolusie. Onvoldoende energievoorsiening sal egter Afrika se vermoë om aan hierdie revolusie deel te neem, in gevaar stel.

Navorsing dui toenemend daarop dat energie-onsekerheid geslagsgevolge het. Die beleid en praktyke wat ontwerp is om energietoegang aan te spreek, is geneig om geslagsblind te wees en daarmee onvoldoende te reageer op die behoeftes van die stedelike armes.

Lees meer hier​​