Kampus Sport
Agtergrond
In 2023 het Maties Sport Kampus Sport bumper aande bekendgestel om deel te wees van die oplossing vir nuwe sportaanbiedings op ons kampus. Deur die Kampus Sport bumper aande te begin, was dit ons doelwit om geleenthede vir studente te skep om aan sport deel te neem en om verskeie sportkodes op een aand te ondersteun. Met hierdie inisiatief het ons gehoop om by te dra tot die welstand van ons studente en 'n liefde vir 'n aktiewe leefstyl aan te moedig.
2024 Bumper-aande Datums
6
Maart
10
April
24
April
31
Julie
21
Augustus
18
September
2026 Bumper-aande Datums
11
Maart
18
Maart
8
April
15
April
Vlak 1:
Tradisionele Sport
VLAK 1 bestaan uit die tradisionele formate van elke sportkode se kompetisie. Byvoorbeeld, 7-teen-7 netbal of 11-teen-11 sokker. Studente sal teen hul studenterekeninge belas word. Alle studente en personeel word aangemoedig en is welkom om spanne te skep; julle kan óf julle eie span skep, óf deelneem via julle Koshuis, PSO of Kluster. Kontak die betrokke sportbestuurder om ’n span in te skryf.
Vlak 2:
Aangepaste Sport
VLAK 2 is die aangepaste weergawe van die tradisionele formaat van die sportkode se kompetisie. Byvoorbeeld, 5-teen-5 hokkie of 3-teen-3 basketbal. Alle deelnemende lede sal ’n lidmaatskapfooi moet betaal. Studente sal teen hul studenterekeninge belas word en personeel sal direk aan die sportklub kan betaal. Jy kan ’n span inskryf via jou Koshuis, PSO, of Kluster, of jou eie span maak. Kontak die betrokke sportbestuurder om ’n span in te skryf..
Vlak 3:
Rekreasie Sport
VLAK 3 sal insluitend wees van RALU-aktiwiteite en is gratis vir almal wat deelneem. Almal is welkom om aan hierdie aktiwiteite deel te neem, maar maak asseblief seker om die betrokke sportbestuurder te kontak.