Generatiewe KI in OLA aan US
Die opkoms van maklik toeganklike generatiewe kunsmatige intelligensie instrumente verander fundamenteel hoe ons na ons huidige onderrig-leer-assessering (OLA)-praktyke, hoër onderwys, en aan die US spesifiek, dink. Sedert die taalmodel ChatGPT se debuut in November 2022, het 'n golf van soortgelyke gevorderde KI-tegnologieë gevolg, en ons kan verwag dat hierdie soort programme toenemend meer gesofistikeerd sal word en ook verder geïntegreer in ons daaglikse lewens sal word.
Hierdie KI-instrumente, alhoewel dit nie oorspronklik ontwikkel is vir opvoedkundige doeleindes nie, is wyd deur studente aangeneem en word nou in OLA-omgewings wêreldwyd gebruik – of dosente dit toelaat al dan nie (Dai, Liu, Lim 2023).
Die toeganklikheid van hierdie tegnologiee laat ons dan met die vraag – indien ons van ons studente verwag om iets te doen wat die 'masjiene' reeds vinniger en potensieel beter kan doen as hulle, doen ons hulle nie miskien 'n onreg aan nie? Globale denkleiers soos Joseph Aoun (2017) en Reid Hoffman (2023) meen wel so, en hulle stel daarom voor dat ons eerder studente moet toerus met die denke wat hulle nodig het om hul (onsekere) toekoms te navigeer.
Sedert Januarie 2023 en die skep van ons posisie-dokument, het die US 'n oop ingesteldheid geneem ten opsigte van KI in OLA. Ons akademiese personeel is aangemoedig om hierdie instrumente te leer ken en hul potensiële impak binne beide ons breër institusionele en dissipline-spesifieke kontekste te verken. Ons plaas generatiewe KI in OLA binne die konsep van akademiese integriteit (die sogenaamde AI²-benadering, naamlik “academic integrity x artificial intelligence"), en moedig oop gesprekke aan oor die moontlike beperkings, voordele en die verantwoordelike gebruik van hierdie programme in ons unieke kontekste.
Dit beteken dat ons die moeilike vrae kan begin stel, soos:
- Hoe kan dosente ons onderrigrol in HO verstaan en herdefinieer?
- Is ons leer- en assesseringsgeleenthede KI-bestand?
- Probeer ons om studente se leer te behou deur die konsep van 'learning as grappling' (ook bekend as die "productive struggle in learning")
- Bepaal of ons bestaande assesserings werklik die beste manier is om studenteleer in ons unieke kontekste te assesseer – ontwikkel ons regtig evaluatiewe oordeel in ons studente?
Om dosente op hierdie reis te ondersteun, het ons verskeie hulpbronne ontwikkel (klik op die blokkies hieronder om die skakels te volg), wat wissel van 'n KI-geletterdheidsraamwerk vir OLA spesifiek, tot verskeie kort kursusse wat gebruik kan word om verantwoordelike KI-gebruik te oorweeg en te bespreek. Ons wou nie maklike wenke en truuks bied vir die eenvoudige integrasie van generatiewe KI in ons OLA nie. In plaas daarvan het ons gekies om die moeilike gesprekke te fasiliteer oor verantwoordelike KI-integrasie en die implikasies daarvan vir onderrig, leer en assessering aan ons instansie.
SU Guidelines on Allowable AI Use and Academic Integrity
Shortcourses on AI
Assessering, Leer en KI-kortkursus
Die Assessering, Leer en KI-kortkursus is ’n nuut hersiene kortkursus wat inhoud kombineer uit die vorige Assessering-kortkursus en die vorige Kunsmatige Intelligensie (KI) Geletterdheid in onderrig-leer-assessering (OLA)-kortkursus. Dit het ten doel om geleenthede te skep om OLA in die era van KI te herbedink. Deelnemers sal sleutelkonsepte verken, soos die verskillende doelwitte van assessering, konstruktiewe belyning, terugvoer, portuur- en selfassessering, en die rol van akademiese navorsing
Useful Sources
An Introduction to GenAI
Podsendings oor KI en OLA @ US
Ons het interessante besprekings gehad oor KI en assessering as deel van die 'Talking Transformative Assessment'-podsendingsreeks in 2023, met nuwe episodes wat in die tweede semester van 2024 uitgesaai is. Luister op Spotify of Apple Podcasts.
AI² Besprekingsreeks Webinar 1: KI in OLA
Aanbieders: Dr Antoinette van der Merwe
& Prof Bruce Watson
Opname: YouTube
PPT: ChatGPT’s implications for TLA
PPT: What is ChatGPT
AI² Besprekingsreeks Webinar 4: KI en studenteassessering
Aanbieders: Dr Hanelie Adendorf & Dr Sharon Malan
Opname: YouTube
PPT: AI² Webinar 4
PPT: AI, a tool for assessment as learning
SoTL 2023 Paneel-plakkaat: GenAI in HE
Vir die 2023 SoTL-konferensie het US-dosente en adviseurs wat betrokke is by die AI²-besprekingsreeks en ander inisiatiewe hierdie plakkaat van 'n 'paneelbespreking' geskep wat krities kyk na generatiewe KI se invloed op OLA aan die US. Ons gesprek het gehandel oor die aard van KI in OLA ens selfs by vertroue KI gedraai.
AI² Besprekingsreeks Webinar 2: KI in OLA
Aanbieders: Dr Hanelie Adendorff, dr Phil Southey, Dalene Joubert & Magriet de Villiers
Opname: YouTube
PPT: AI² Webinar 2
AI² Besprekingsreeks Webinar 5: Waardes wat ons benadering tot KI in die hoër onderwy onderbou
Aanbieders: Magriet de Villiers & Tanya de Villiers-Botha
Opname: YouTube
SoTL 2023 Paneel-plakkaat: GenAI in HE
Dit is 'n gevallestudie-stylbeskrywing van hoe die dosente en adviseurs wat betrokke was by die 2023 SoTL-konferensie-plakkaat dink oor en KI in hul OLA-praktyke gebruik. Dit sluit ook 'n uitgebreide biografie van elke 'paneel'-deelnemer in.
AI² Besprekingsreeks Webinar 3: KI-ondersteunde leer
Aanbieders: Dalene Joubert & Dr Albert Strever
Opname: YouTube
PPT: AI² Webinar 3
KI in OLA @SU Konsepdokument (Januarie 2023)
Dit is die eerste posisionele dokument wat deur US saamgestel is om te dien as 'n riglyn vir hoe ons oor KI in OLA aan die instelling dink. Sommige van die bronne mag nou uitgedien wees, maar dit is dalk steeds nuttig vir diegene wat hul reis met generatiewe KI in hul OLA begin.
Hoewel die verbod op generatiewe KI-taalmodelle vroeg in 2023 dalk na 'n haalbare opsie gelyk het, moedig ons dit nie aan nie. KI-opsporingsagteware is nie betroubaar nie en 'n kultuur van wantroue teenoor ons studente is ook nie in ooreenstemming met die leer-gesentreerde benadering tot OLA wat aan die US gevolg word nie. Daarom probeer ons eerder KI-geletterdheid deur middel van die US se gebruiksriglyne aanwakker en kritiese gesprekke met studente te voer oor generatiewe KI en hul leer.
Cool Things Academics Do: AI Literacy in Higher Education
Deur middel van ses uiteenlopende gevallestudies verken ons hoe akademici, in dissiplines wat van Ingenieurswese tot Rekeningkunde strek, KI as ’n pedagogiese hulpmiddel gebruik. Hierdie benaderings beweeg verder as tradisionele assesserings en vervaag die grense tussen assessering en leer deur studente aan te moedig om krities met KI-gegenereerde inhoud om te gaan, oor die akkuraatheid daarvan te reflekteer, en ’n genuanseerde begrip van KI se moontlikhede en beperkings te ontwikkel.