Skip to main content

Institusionele Camtasia- en Snagit-Lisensies Eindig op 23 Maart 2026

04 Maart 2026

Neem asseblief kennis dat US se institusionele lisensie-ooreenkomste vir Camtasia en Snagit amptelik op 23 Maart 2026 sal eindig.

Indien jy tans 'n aktiewe lisensie geïnstalleer het, kan jy die sagteware bly gebruik solank jou rekenaar se bedryfstelsel daardie weergawe ondersteun. Geen onmiddellike optrede word van huidige gebruikers vereis nie, tensy jy die sagteware wil opgradeer.

Indien jy:

  • Jou bestaande lisensie na die 2024-weergawe wil opdateer; of
  • 'n Nuwe gebruiker is wat Camtasia wil begin gebruik,

 

Kontak asseblief Mnr Thys Murray vir ondersteuning.

Ons moedig personeel wat op Camtasia of Snagit staatmaak vir onderrig- en leermateriaal aan om dienooreenkomstig te beplan.