Breadcrumb
Camtasia
Camtasia | 'n Self-Help Opleidingskursus
Wil jy kwaliteit videos skep maar het nog nie die sagteware of die vaardighede nie? Camtasia Studio is 'n videoredigeringsprogram wat maklik is om te leer en wat jou in staat stel om videos te skep en in diepte te redigeer.
Hierdie kursus is volledig aanlyn en is gemik op personeel wat akademiese inhoud wil skep om beide hul onderrig asook hul studente se leerervaring te verbeter. Jy voltooi hierdie kursus op jou eie tyd en met voltooiing ontvang jy die lisensie tot die volledige produk sowel as die lisensie tot die skermopnameprogram Snagit.
Institusionele Camtasia- en Snagit-Lisensies Eindig op 23 Maart 2026
Ons institusionele Camtasia- en Snagit-lisensies verval op 23 Maart 2026. Indien jy egter steeds 'n aktiewe lisensie het, kan jy dit gebruik solank jou rekenaar se bedryfstelsel dit ondersteun.
Indien jy 'n bestaande lisensie na die 2024-weergawe wil opdateer, of indien jy 'n nuwe gebruiker is wat Camtasia wil begin gebruik, kontak asseblief Mnr Thys Murray.
Basiese moontlikhede
- Neem jou skerm op;
- Neem jouself op;
- Basiese klank redigering;
- Splitsing en aanheg van media; en
- Baie meer effekte om mee te speel.
Kontak die Fasiliteerder
ERKENNING: Prent onder lisensie deur Freepik/freepik.com