Breadcrumb
SoEL-kortkursus
Advancing Leadership & Scholarship in Teaching, Learning & Assessment
Die kortkursus in die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (in Engels "Scholarship of Educational Leadership", afgekort na SoEL) fokus op beide leierskap in en akademieskap van onderrig-leer-assessering (OLA). Die idee is om 'n kritieke massa OLA-leiers by die Universiteit Stellenbosch te kweek wat belyn met die professionalisering van die onderrigrol soos beskryf in die US Onderrig-Leer Beleid (2025). Die kortkursus put uit twee kennisgebiede: Akademiese leierskap (AL) en die akademieskap van onderrig en leer (AvOL, of in Engels "Scholarship of Teaching and Learning" afgekort as SoTL), met die doel om konseptuele raamwerke uit hierdie twee domeine met mekaar te verbind. Hierdie raamwerke bied aan deelnemers teoretiese lense om hul eie praktyke as opvoedkundige leiers te ondersoek en daarop te reflekteer. Die SoEL-kortkursus neem 'n breë beskouing van opvoedkundige leierskappraktyk en sluit ander ondersteunende praktyke in, soos refleksie, veranderingsbestuur, innovasie en kontekstuele bewustheid.
Die vlagskipkursus is gemik op senior akademici en PASS-personeel met 'n sterk belangstelling in OLA aan die US. Een deelnemer (senior akademikus) per fakulteit per jaar word genomineer deur die dekaan/visedekaan (O&L) en deur Prof Stevens uitgenooi.
Aanbod:
- NQF-vlak 8; twaalf krediete en 120 leer-ure.
- Een inname per jaar.
Modus:
- Gemengdeleer
Datums van kontaksessies:
Voorgestelde datums | Kontaksessie |
| 25 Nov 2025 | Verwelkoming en bekendstellin |
| 20 Feb 2026 | Sessie 1: Pedagogiese leierskap |
| 17 Apr 2026 | Sessie 2: Kurrikulum leierskap |
| 5 Jun 2026 | Sessie 3: Leierskap van opvoedkundige veranderingsinisiatiewe |
| 14 Aug 2026 | Sessie 4: Opvoedkundige navorsing as leierskap |
| 17 en 18 Sep 2026 | SoEL Skryfwegbreek (2 dae) |
| 17 en 18 Nov 2026 | Neem deel aan die jaarlikse SoTL-kongres |
| 27 Nov 2026 | SoEL-viering, aanbiedings en verwelkoming van nuwe kohort |
Die kursus is gestruktureer rondom vier OLA-leierskapsgefokusde temas, naamlik: Leierskap in pedagogiek; leierskap in kurrikulum; leierskap in OLA-veranderingsinisiatiewe, en opvoedkundige navorsing as leierskap. Hierdie vier temas is vervleg deur die loop van die kursus.
Die kortkursus het dit ten doel om:
- Deelnemers (bv. visedekane onderrig en leer, programleiers, departementshoofde, innoverende en akademiese dosente, personeel van OLA-verwante eenhede, ens.) te betrek by akademiese benaderings tot opvoedkundige leierskapspraktyke.
- Deelnemers bekend te stel aan die akademieskap van opvoedkundige leierskap om hierdie navorsing te integreer en die implikasies daarvan vir hul eie opvoedkundige leierskapskonteks te realiseer.
- Deelnemers te lei om SoTL-navorsingsvaardighede toe te pas op hul eie opvoedkundige leierskapskonteks (soos die hersiening van literatuur, die definiëring van SoEL-navorsingsvrae, die ontwerp van navorsingsmetodes, die verspreiding van resultate).
- Deelnemers aan te moedig om krities reflektiewe praktyk van hul OLA in die vorm van 'n mini-portefeulje te demonstreer.
- SoEL-deelnemers as vakleerlinge in te lei in die SoTL- en SoEL-praktykgemeenskappe en deel te word van die US se OLA-leierskorps.
- NQF level 8; twelve credits and 120 notional hours.
- One intake per year, and it runs the whole year.
- Blended Learning
Dates | Focus of contact sessions |
| 25 Nov 2025 | Welcome and introductions |
| 20 Feb 2026 | Session 1: Pedagogical Leadership |
| 17 Apr 2026 | Session 2: Curriculum Leadership |
| 5 Jun 2026 | Session 3: Leadership for Educational Change Initiatives |
| 14 Aug 2026 | Session 4: Educational Research as Leadership |
| 17 & 18 Sept 2026 | SoEL Writing Marathon (2 days) |
| 17 &18 Nov 2026 | Participation in the annual SU Scholarship of Teaching and Learning (SoTL) conference |
| 27 Nov 2026 | SoEL celebration, presentations and welcoming of new cohort |
The short course is structured around four TLA leadership- focused themes:
- Leadership in Pedagogy
- Leadership in Curriculum
- Leadership in TLA Change Initiatives
- Educational Research as Leadership.
These themes are overlapping and run concurrently throughout the course.