Skip to main content

PRONTAK Kortkursus


Prontak (‘Predac’ in Engels) is die Universiteit Stellenbosch se kortkurus vir die professionele ontwikkeling vir akademici in hulle onderrigrol.

Die Predac/Prontak-kortkursus word jaarliks gratis vir pas aangestelde akademici by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.

Die kursus bied deelnemers die geleentheid om saam met eweknieë uit ander fakulteite te besin oor hulle sienings, kennis en aannames oor onderrig, leer en assessering teen die agtergrond van huidige denke oor universiteitsonderrig. Praktiese en innoverende benaderings tot onderrig-leer-assesseringstake word bespreek. Nasionale en institusionele raamwerke wat hoër onderwys in Suid-Afrika én by die US reguleer, word ook bespreek.

Deelnemers word uitgedaag om te bepaal hoe kennis en beleid op 'n sinvolle manier op hulle eie vakgebiede toegepas kan word. Hulle ontwikkel 'n konseptuele raamwerk waarbinne hulle oor onderrig-leer-assessering kan nadink om hulle eie onderrigpraktyke te beplan en uit te brei.

Die kursus bied die kursus deelnemers 'n unieke geleentheid om in 'n kollegiale atmosfeer bande met kollegas van hulle eie fakulteit sowel as van ander departemente en fakulteite te bou. Hulle word ook bekend gestel aan die institusionele kultuur by die US, wat hulle hopelik vinniger sal laat tuis voel. ​


Aanbod:

  • NKR Vlak 8, 10 krediete, 100 "notional hours" per week
  • Een inname per jaar, van Februarie tot November

​​

Modus:

Kontak e​n aanlyn | In en oor fakulteite
Deurlopende SOL-steun en portuurterugvoer​​ 

 

Ontwerp-beginsels van PRONTAK:

pa

REFLECT

...on being and becoming a lecturer
...based on own experiences and literature​​​

pc

CONNECT

...with knowledgeable others
...to create professional network

pe

COLLABORATE

...with peers
...to refine module design
....culminating in a poster presentation

pb

CONTEXTUALISE

...teaching and learning principles
...in own module design

pd

ENGAGE

...in a community of peers
...to create mutual support
...while becoming a reflective practitioner

pf

SHARE

...with peers during most phases
...by giving, receiving and responding to feedback
...to enhance pr​ofessional growth


Fases van PRONTAK:

Image of the different phases and dates of PREDAC 2026 contact sessions
Image by: Centre for Teaching and Learning