Breadcrumb
Natuurwetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
What can I study?
Our social impact
Our research
Faculty stories
Persverklaring
Raad stel prof Liezl van Dyk aan om akademiese samehang, innovasie en studentesukses by US te bevorder
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het prof Liezl van Dyk as Viserektor: Akademies met ingang 1 Julie 2026 aangestel.
Die aanstelling volg op 'n...
Institusionele nuus
US versterk ondersteuning vir studente met registrasie- en finansieringsuitdagings
Die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n reeks buigsame ondersteuningsmaatreëls ingestel om studente by te staan wat finansiële probleme ervaar. Dit sluit...
Persverklaring
Ondersteuning van die plekke waar ons leer: Fasiliteitsbestuur verander naam na Kampusontwikkeling, Infrastruktuur en Dienste (CDIS)
Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Fasiliteitsbestuur het 'n nuwe naam aangeneem: Kampusontwikkeling, Infrastruktuur en Dienste (KOID), 'n titel wat die...