Skip to main content

28 Mei 2026 – Die waarde (en risiko's) van inligting (en 'hack' jouself)

Datum: 28 Mei 2026 11:00 - 28 Mei 2026 12:00
Gehoor:
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
Den Bosch | 41 Victoria Street

Kontakbesonderhede

Melandie van Heerden

Praktiese sessie: Inligtingskuratorskap

DIE WAARDE (EN RISIKO'S) VAN INLIGTING – EN 'HACK' JOUSELF

Het jy al gehoor “inligting is die nuwe olie, die nuwe goud, of selfs die nuwe geldeenheid”? Hoe waardevol is die inligting wat die US insamel? En indien dit waardevol is, watter risiko's hou die insameling en gebruik daarvan in?

Hierdie een uur lange sessie kyk prakties na die waarde van inligting deur by onsself te begin:

  • Hoeveel van ons eie inligting is reeds aan booswigte blootgestel?
  • Hoe kry swendelaars besonderhede soos jou telefoonnommer in die hande?
  • Wat kan ons doen om meer beheer oor ons persoonlike en professionele data te kry?


Die opleidingsessie sluit praktiese voorbeelde in, taktiese stappe om jou inligting te beskerm, en 'n demonstrasie van hulpmiddels wat ons kan help om die data waarmee ons elke dag werk, te beoordeel en te beskerm. Teen die einde van die sessie sal jy beter toegerus wees om die waarde en risiko's van inligting te identifiseer – en om betekenisvolle stappe te neem om dit te beskerm. Jy sal ook die geleentheid kry om jouself te “hack” en deur ’n assessering te werk.


Volg hierdie stappe om te registreer:

  1. Meld aan by SUN-e-HR
  2. Kies SUN Employee Self Service op die Oracle Applications-tuisblad
  3. Kies Training and Development
  4. Kies Learner Home
  5. Onder Browse Catalog, kies Information Governance
  6. Onder Course Name, kies Value of Information – Information Curatorship Programme (CIG)
  7. Onder Offering Name, kies General: Value of Information – Information Curatorship Programme
  8. Onder Class Name, kies die datum van jou keuse
  9. Op die volgende skerm, kies Enrol – Review – Submit