Skip to main content
Finlo is back!
Institusionele nuus

Finlo is weer beskikbaar!

Emma Swart
12 Maart 2026
  • Die Afdeling Leer- en Onderrigverryking (ALOV) kondig met genoeë die herbekendstelling van die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (Finlo) aan en moedig personeel aan om reeds oor moontlike aansoeke na te dink.

Die Afdeling Leer- en Onderrigverryking (ALOV) kondig met genoeë die herbekendstelling van die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (Finlo) aan en moedig personeel aan om oor moontlike aansoeke na te dink.

Die herontwerpte Finlo is ten nouste belyn met die US se Visie 2040 en Strategiese Plan, asook die Onderrig- en Leerbeleid (2025). Die Finlo weerspieël ons gedeelde verbintenis tot die bevordering van uitnemendheid en innovasie in onderrig, leer en assessering (OLA), en tot die Universiteit Stellenbosch se ontwikkeling tot ’n leergerigte organisasie wat die sukses van studente en personeel ondersteun.

Verdere besonderhede, met inbegrip van aansoekriglyne en tydlyne, sal oorgedra word wanneer die aansoeke binne die komende maande amptelik oopmaak.

Merkers

Onderrig

Verwante stories