Die regstelling van epistemiese benadeling deur middel van studentewelstand by Suid-Afrikaanse universiteite
Kontakbesonderhede
Veelbesproke bewegings soos die veldtogte #RhodesMustFall en #FeesMustFall in Suid-Afrika ná apartheid dui op ’n generasie studente wat diep verontreg en ontnugter voel. Die daaglikse benadeling wat sommige studente moet verduur as gevolg van opvattings oor wie hulle is, word dikwels in opgelegde kollektiewe identiteite ingevou. Hierdie kollektiewe identiteite word so in die samelewing se denke vasgelê dat daar weinig besin of vrae gestel word oor hoe onderdrukking of ontmensliking in universiteitsomgewings ervaar word. Gevolglik hou universiteite aan om van ‘swart studente-ervarings’ te praat asof dit homogeen is. Hierdie tipe konseptuele veralgemening kollektiviseer én verminder belangstelling in die werklike benadeling wat hierdie studente ervaar, en dus is daar ’n onbewustheid en onwilligheid om dit reg te stel. Daarom is die doel van hierdie aanbieding drieledig: eerstens, om na te dink oor epistemiese benadeling, en hoe en wanneer dit plaasvind; tweedens, om te verken wat epistemiese regstelling is, en op wie dit van toepassing is; en derdens, om te bestudeer hoe epistemiese regstelling ’n kragtige opvoedkundige hulpmiddel kan word om ’n dieper begrip te vorm van hoe benadeling menslike verhoudings beïnvloed. Nogtans is dit dalk ewe belangrik vir universiteite om op die bevordering van epistemiese welstand as ’n oorkoepelende etos te konsentreer.
Aanbevole leesstof:
- Davids, N. (2019) The consequences of increasing student alienation in higher education institutions. BrieflySpeaking, Nr. 9. Raad op Hoër Onderwys (RHO). https://www.researchgate.net/publication/339975135_
- Kumalo, S.H. (2018) Explicating abjection – historically white universities creating natives of nowhere? Critical Studies in Teaching and Learning, 6(1):1-17. https://epubs.ac.za/index.php/cristal/article/view/1929/1444
- Lackey, J. (2022). Epistemic reparations and the right to be known. Proceedings and Addresses of the American Philosophical Association, 96:54-89. https://philarchive.org/rec/LACQRA
Klik hier om aan te sluit: https://teams.microsoft.com/l/meetup-join/19%3ameeting_MTFjODQ5NjQtMDE5Yi00YjA3LThjNDAtYjY4YjgxNGY3MjEz%40thread.v2/0?context=%7b%22Tid%22%3a%22a6fa3b03-0a3c-4258-8433-a120dffcd348%22%2c%22Oid%22%3a%22e5bb7e33-5499-4a9a-8937-00bc87e0a72d%22%7d