Ingenieurswese-kampus
Ingenieurswese-kampus totale vernuwing: R1,2 miljoen
Die Ingenieurswese-kampus het die afgelope paar jaar aansienlike vernuwing ondergaan. Die R1,2 miljoen-opgradering van hierdie kampus ‒ huidige en toekomstige projekte ingereken ‒ sal verseker dat die fasiliteite vir onderrig en leer oor ’n hele paar dekades heen geskik sal wees. Die Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese-gebou sal ook opgegradeer word as deel van dié projek wat nuwe laboratoriums, ’n nuwe plaveisellaboratorium en vernuwing van die Siviele Ingenieurswese-gebou en die Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese-gebou insluit.