Danie Craven Stadion
Totale koste: R16,7 miljoen
Die Universiteit Stellenbosch (US) se ikoniese Danie Craven Stadion is opgegradeer om dit in ooreenstemming met die Wet op Veiligheid by Sport- en Ontspanningsgeleenthede 2 van 2010 te bring. Die US kan dus nou kategorie-A-geleenthede, soos wedstryde in die Premier-sokkerliga, aanbied.