Skip to main content

Projekbestuur

Biomediesenavorsingsinstituut (BMNI)

Totale koste: R1,1 biljoen

Die Biomediesenavorsingsinstituut (BMNI) is die Universiteit Stellenbosch (US) se eerste amptelike vierster-gegradeerde groen gebou. Dit is ook die enkele duurste opvoedkundige gebou in die land, met party van die toonaangewende fasiliteite ter wêreld. Een daarvan is die Sentrum vir Epidemiese Reaksie en Innovasie (SERI), wat genomiese volgordebepaling sal uitvoer vir die ontwikkeling en evaluering van inentingsterapieë in Suid-Afrika. Die projek is tans in die opvolgende fases van dié R1,1 biljoen-ontwikkeling. Die BMNI is op gelyke vlak met die mees gevorderde fasiliteite vir biomediese navorsing in die wêreld, en ons sien daarna uit om talle navorsingsgroepe van wêreldgehalte in Suid-Afrika te ontvang.

Die projek behels dat bestaande geboue nuut ingerig is én dat nuwe geboue opgerig is. Sekere ruimtes is vergroot, terwyl tegnologie en funksionaliteite by die US se Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe-kampus in Bellville opgegradeer is.

Die BMNI huisves ook die Eenheid vir Biobewaring ‒ ’n nuwe fasiliteit met voorpunttegnologie wat navorsers van ’n beveiligde, kostedoeltreffende opsie vir langtermynbewaring voorsien. Ons kan dit doen danksy die heel jongste bewaringstegnologie, Hamilton BiOS L5 (BiOS). Daarmee bied die US die eerste volledig geoutomatiseerde biobewaringstelsel in die Suidelike Halfrond. Die Eenheid sal ook die gesofistikeerde Hamilton easyBlood STAR aanwend om monstermateriaal vir bewaringsdienste te verwerk en voor te berei.

Die stelsel kan 3,5 miljoen monsters hou ‒ ewe veel as ’n paar honderd gewone ultralaetemperatuur-vriesgeriewe. Met BiOS kan ons monsters doeltreffend en vinnig herwin, selfs vanuit verskeie bewaringshouers.