Skip to main content
Stellenbosch University (SU), through the Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest (AVReQ), has concluded a memorandum of understanding (MoU) with Europa-Universität Flensburg (EUF), Germany, represented by the European Wasatia Graduate School for Peace and Conflict Resolution.

Die Universiteit Stellenbosch (US), verteenwoordig deur die Sentrum vir die Bestudering van die Navolge van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ), het 'n Memorandum van Verstandhouding met Europa-Universität Flensburg (EUF), Duitsland, gesluit. Lg is deur die Europese Wasatia Nagraadse Skool vir Vrede en Konflikoplossing verteenwoordig. 

Persverklaring

US en Europa-Universität Flensburg sluit strategiese memorandum van verstandhouding oor vrede- en konfliknavorsing in die konteks van gewelddadige geskiedenisse

Stellenbosch University
28 Januarie 2026
  • Die Universiteit Stellenbosch en Europa-Universität Flensburg het 'n strategiese ooreenkoms onderteken om internasionale samewerking in vredes- en konfliknavorsing te versterk, met 'n fokus op gewelddadige geskiedenisse, versoening en oorgangsgeregtigheid.
  • Die vennootskap sal gesamentlike navorsing, nagraadse opleiding en akademiese uitruiling op meesters- en doktorsvlak ondersteun, wat samewerking tussen Suid-Afrika en Duitsland sal versterk.

Die Universiteit Stellenbosch (US), verteenwoordig deur die Sentrum vir die Bestudering van die Navolge van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ), het 'n Memorandum van Verstandhouding met Europa-Universität Flensburg (EUF), Duitsland, gesluit. Laasgenoemde is deur die Europese Wasatia Nagraadse Skool vir Vrede en Konflikoplossing verteenwoordig. 

Die ooreenkoms bekragtig nou ʼn strategiese internasionale vennootskap wat daarop gemik is om samewerkende navorsing, nagraadse opleiding en akademiese uitruiling in die velde van vrede, konflikoplossing, versoening, traumastudies en oorgangsgeregtigheid te bevorder. In die besonder bevorder die vennootskap akademiese samewerking op meesters- en doktoraatsvlak in versoening, konflikoplossing en trauma-verwante navorsing.

Die ondertekeningseremonie is op 22 Januarie by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) gehou.

Die US is verteenwoordig deur prof Sibusiso Moyo, Vis3rektor: Navorsing, Innovasie en Internasionalisering; prof Pumla Gobodo-Madikizela, Direkteur van AVReQ en bekleër van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChI) in Gewelddadige Geskiedenisse en Transgenerasionele Trauma; en dr Anell Daries, Lektor in AVReQ.

EUF is verteenwoordig deur prof dr Ralf Wüstenberg, Direkteur van die Europese Wasatia Nagraadse Skool vir Vrede en Konflikoplossing, en dr Zeina Barakat, Uitvoerende Direkteur van die Europese Wasatia Nagraadse Skool vir Vrede en Konflikoplossing.

Die ooreenkoms skep ʼn omvattende raamwerk vir intensiewe en volgehoue akademiese samewerking, wat gesamentlike navorsingsinisiatiewe, nagraadse opleiding, akademiese mobiliteit en die mede-organisasie van akademiese programme en geleenthede insluit. Beide instellings het hul gedeelde verbintenis herbevestig om interdissiplinêre navorsing oor vredesbou, versoeningsprosesse, oorgangsgeregtigheid, en die blywende sosiale en morele gevolge van geweld te bevorder.

Die vennootskap weerspieël 'n gemeenskaplike visie om institusionele samewerking tussen Suid-Afrika en Duitsland te versterk, die internasionale reikwydte van albei sentrums te vergroot, en substansieel by te dra tot wêreldwye debatte en beleidsrelevante navorsing oor vrede, geregtigheid en sosiale transformasie. Tans spandeer Wüstenberg 'n deel van sy navorsingsverlof by die US in die Fakulteit Teologie.

Verwante stories