Image by: Adobe Stock
Menings en artikels
Entrepreneurskapshubs, regte vaardighede kan jeugwerkloosheid help verminder
06 Julie 2026
- Suid-Afrika het 'n jeugwerkloosheidskrisis.
- Kenners aan die Universiteit Stellenbosch het moontlike oplossings in meningsartikels voorgestel.
- Hulle het op entrepreneurskapshubs en die regte vaardighede vir jongmense gefokus.
Die probleme wat baie jongmense ondervind om werk te kry was een die belangrikste kwessies wat gedurende Jeugmaand uitgelig is. In meningsartikels vir die media het Luluto Mgweba van die Skool vir Publieke Leierskap en prof Deresh Ramjugernath, Rektor en Visekanselier, aangevoer dat ons die krisis van jeugwerkloosheid kan aanspreek deur entrepreneurskapsentrums en jongmense met die regte vaardighede om in verskillende sektore te werk, toe te rus. Klik op die skakels hier onder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.
Luluto Mgweba (Hoe entrepreneurskapshubs Suid-Afrika se jeug kan bemagtig om werkloosheid te bekamp – Weekend Argus)
Prof Deresh Ramjugernath (Die lewe anderkant ʼn graad – Mail & Guardian)