Skip to main content
Banner_AI
Institusionele nuus

Beleidsinnovasielaboratorium ontvang R5 miljoen-toekenning om openbaresektor-beleidmaking te bevorder

Anel Lewis
Senior Journalist
11 September 2025
  • Die Universiteit Stellenbosch se Beleidsinnovasielaboratorium het 'n toekenning van R5 miljoen (€250 000) ontvang,
  • Toekennig sal die Lab se werk ondersteun om bewysgebaseerde oplossings vir sommige van die land se dringendste beleidsuitdagings te ontwikkel.
  • Die Beleidsinnovasielaboratorium is in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke

Die Universiteit Stellenbosch se Beleidsinnovasielaboratorium het 'n toekenning van R5 miljoen (€250 000) ontvang, wat 'n belangrike stap is in die integrasie van KI en digitale instrumente om die koördinering, monitering en evaluering van beleide, gekoppel aan die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (DVO'e), te verbeter.

Hierdie finansiering, die tweede toelaag van die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) GmbH, sal die Lab se werk ondersteun om bewysgebaseerde oplossings vir sommige van die land se dringendste beleidsuitdagings te ontwikkel. Die Lab se tweede voorstel vir toekenningsfinansiering het op “die verbetering van bewysgebaseerde beleidmaking deur beleidsdialoog en kunsmatige intelligensie" gefokus.

Volgens die toekenningsbrief word die Beleidsinnovasielaboratorium as 'n baanbrekersinisiatief erken wat daarop gemik is om verantwoordelike KI en transformerende beleidmaking te bevorder. “Ons wil ook die Lab bedank vir sy waardevolle rol en bydraes gedurede SDGiI (die eerste voorstel), wat 'n stewige grondslag vir hierdie volgende fase van samewerking gelê het," het dr Ulrich Wehnert, programbestuurder van die Volhoubare Doelwitte-inisiatief, opgemerk.

Prof Willem Fourie, hoof van die Beleidsinnovasielaboratorium, het die aankondiging verwelkom en dit as'n erkenning van die laboratorium se potensiaal én 'n oproep tot aksie beskryf. “Ons is dankbaar vir die vennootskap met GIZ wat ons in staat stel om 'n impak te maak in noue samewerking met die regering."

Die Beleidsinnovasielaboratorium is in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke gesetel en maak deel uit van die US se breër verbintenis tot navorsing, innovasie en maatskaplike impak. Dit werk saam met kundiges van Suid-Afrikaanse en internasionale universiteite, asook saam met nie-akademiese vennote om verantwoordelike KI en transformerende beleidmaking te bevorder.
 

Verwante stories