Navorsing met
Kunsmatige Intelligensie
forward together • sonke siya phambili • saam vorentoe
Verkenning van kunsmatige intelligensie in navorsing by die FGGW
Beginpunte ...
Klik hier om te kyk: Prof Grant Theron van die FGGW dek drie beginpunte vir KI in navorsing, drie vlakke van KI-geletterdheid, en praktiese stappe om daarby uit te kom – alles toegelig met voorbeelde van KI-toepassings in hedendaagse gesondheidsnavorsing in Afrika. Oorspronklik in Mei 2026 aangebied vir studente in die US se Predoktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
Kunsmatige intelligensie in doktorale navorsing
Beligting van grenstegnologie-navorsers
Rohan Benecke
Klik hier vir meer: Menslike wetenskaplike oordeel staan sentraal in Rohan Benecke se entoesiasme oor die skaalmoontlikhede wat KI bied. Benecke is 'n kliniese farmakoloog in die Departement Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Grant Theron
Kllik hier vir meer: Molekulêre bioloog Grant Theron en sy span gebruik KI-steun in hoesontleding en die interpretasie van borskas-X-strale om tuberkulose-sifting te verbeter en mense te help identifiseer wat steeds ongediagnoseer bly.
Shahida Moosa
Klik hier vir meer: Genetikus Shahida Moosa gebruik KI en genomiese volgordebepaling om genomiese datastelle te verryk en diagnoses vir pasiënte in Afrika met seldsame afwykings moontlik te maak.
Hoort JY hier?
Kontak [email protected]
Lynn Hendricks
Klik hier vir meer: Die raakpunte tussen gesondheidsgelykheid en innovasie is waar Lynn Hendricks, medeprofessor in die Afdeling Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid in die Departement Globale Gesondheid aan die Universiteit Stellenbosch, haar werk posisioneer.
Shima Abdulgader
Shima Abdulgader
Spanwerk vir kankersorg
Klik hier om meer te lees: Navorsers van US se afdelings Stralingsonkologie, en Geneeskundige Fisika, het gehelp om KI-aangedrewe radioterapiebeplanning te ontwikkel en te valideer. Die tegnologie word tans in een van die wêreld se grootste internasionale kliniese proewe geëvalueer.
Soraya Seedat
Klik hier om te lees: Psigiater Soraya Seedat voer aan dat kunsmatige intelligensie – wanneer dit eties en verantwoordelik aangewend word, en in samehang met menslike kundigheid – die potensiaal het om gesondheidsorg ingrypend te verander.
Stefan du Plessis
Stefan du Plessis
Daphne Naidoo
Daphne Naidoo
Chris Trauernicht
Klik hier vir meer: Geneeskundige fisikus Chris Trauernicht en kollegas gebruik KI om geneeskundige beeldvorming, werkvloeie in bestralingsonkologie, kliniese sagteware en besluitneming in gesondheidsorg te verbeter.
Gesprekke rondom KI in navorsing
Die Nuwe Wetenskaplike Metodiek: Navorsingsroetes in die era van KI en kwantumtegnologie
Francesco Petruccione is professor in Kwantumberekening aan die Universiteit Stellenbosch, direkteur van NITheCS, voormalige navorsingsleerstoelhouer, hoogs produktiewe kwantumwetenskaplike en lid van vooraanstaande wetenskap akademies.
Moenie KI met jou laat weghol nie: agter die skerms van data en intelligensie
Kanshukan Rajaratnam is direkteur van die US se Skool vir Datawetenskap en Berekeningsdenke. Sy navorsing fokus op datawetenskap, operasionele navorsing en interdissiplinêre toepassings van KI.
Klik om te lees >>
Van 'Prompts' na Publikasies: Etiese KI-gebruik in Literatuurstudie
Kirchner von Deventer bestuur Navorsingsdatadienste by die US se Biblioteek- en Inligtingsdiens. Hy lei inisiatiewe rondom navorsingsdatabestuur, databewaring, nakoming van die FAIR-beginsels, langtermynbewaring en volhoubare toegang tot navorsingsdata.
Stadsplein oor etiese data en KI-gebruik vir Afrika
Stadspleine is 'n US-inisiatief wat transdissiplinêre samewerking, navorsingskapasiteit en navorsingsbefondsing bevorder om komplekse maatskaplike uitdagings aan te spreek, insluitend Afrika-gerigte KI en data-etiek.
Klik om te lees >>
KI in Navorsing: Gebruik van 'Large Language Models' vir Data Analise
Wouter Klapwijk is direkteur: Inligtingstegnologie by die Universiteit Stellenbosch se Biblioteek- en Inligtingsdiens. Hy is verantwoordelik vir strategie, stelsels, digitale infrastruktuur en tegnologiegedrewe dienste ter ondersteuning van navorsing en leer.
Beleidmaking herbedink in die era van KI
Willem Fourie is medeprofessor in die Skool vir Publieke Leierskap aan die Universiteit Stellenbosch en spesialiseer in etiek, volhoubare ontwikkeling, openbare beleid en verantwoordelike bestuur.
Klik om te lees >>
Riglyne en hulpbronne vir KI-gebruik aan die US
Digital Education Council KI-geletterdheid kursusse
In 2026 bied die US gratis toegang tot KI-kursusse vir hoër onderwys aan wat deur die Digital Education Council ontwikkel is.
KI en akademiese integriteit
Hierdie Biblioteek-webblad verduidelik die US se verwagtinge ten opsigte van akademiese integriteit, die verantwoordelike gebruik van KI, die voorkoming van plagiaat, verwysingstegnieke en etiese wetenskaplike praktyk.
Biblioteekgids oor verantwoordelike KI-gebruik aan die US
Hierdie Biblioteekgids sal jou help om KI op 'n etiese en verantwoordelike manier regdeur jou tyd aan die US te gebruik.
Interaktiewe riglyne vir KI-gebruik
Klik deur hierdie bondige, interaktiewe lewering oor die interim US-riglyne vir toegelate KI-gebruik en akademiese integriteit
Ook beskikbaar:
Infografiek | Volle teks
Vanaf die US Afdeling Navorsings-ontwikkeling
Bevestiging van verwagtinge vir die verantwoordelike gebruik van KI, 'n gesprek tussen studieleier en student, die interne verklaring van KI-gebruik, en rekordhouding.
Skryf met KI en integriteit
Klik hier om in te skryf: Nuwe kursus met praktiese leiding oor akademiese integriteit, die voorkoming van plagiaat, en deursigtige en verantwoordelike gebruik van KI in akademiese skryfwerk.
Lewering deur die US Nagraadse Kantoor
Klik hier om te kyk, of klik op die kaart om die skyfies af te laai wat deur me Cristan Macleod van die US Nagraadse Kantoor by die Biomediese Wetenskappe seminaar aangebied is.
Kursus oor Verantwoordelike Navorsingspraktyk
Hierdie gratis Upskilling Learning Unit (ULU) gee jou 'n goeie begrip van die etiese vraagstukke waarmee navorsers vandag te doen kry, insluitend die gebruik van KI in navorsing.
Personeel en studente in die FGGW word aangemoedig om vertroud te raak met die US-riglyne vir KI-gebruik en om kritiese gesprekke oor KI-hulpmiddels en hul waarde te voer, terwyl akademiese verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, en etiek in elke projek voorrang kry. Kyk na die "Beginpunte" skyfievertoning bo aan hierdie bladsy. Bou jou KI-vaardighede uit en gebruik hierdie hulpmiddels met die selfvertroue om impakvolle navorsing met KI te lei.