Skip to main content
Stefan Els

Taalsentrum


Welkom by die Taalsentrum

By die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum glo ons dat die verbetering van kommunikasie nie net oor die uitbreiding van woordeskat of die perfekte gebruik van leestekens gaan nie. Dit behels baie meer. Die feit dat ons 'n taalsentrum is, maak ons ook soveel meer as net 'n taalskool. Ons is 'n dinamiese sentrum vir studente, personeel en kliënte wat op soek is na taal- en kommunikasiehulp. Ons stap die pad saam met jou op jou taalreis. 

Die Taalsentrum is die tuiste van kundiges in taalleer en -onderrig, akademiese geletterdheid en professionele kommunikasie, vertaling, teksredigering, tolking en korporatiewe kommunikasie. Ons doen ook taalverwante navorsing en ons het selfs 'n span wat in eenvoudige taal spesialiseer. 
 


Book-mural-2-for-web
Image by: Supplied

Geleenthede

Woon ons geleenthede by vir die geleentheid om ons gemeenskap te ontdek, te groei, te leer en daarmee betrokke te raak.

Mandelamaand-inisiatiewe

Personeel en studente word aangemoedig om die beplande inisiatiewe deur te kyk en te oorweeg waar hulle moontlik wil deelneem of ondersteuning kan bied.

Intreerede: Professor Reza C. Daniels

Sluit by ons aan vir prof Reza C. Daniels se professorale intreerede, aangebied deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Intreerede: Professor Rika Preiser

Sluit by ons aan vir prof Rika Preiser se professorale intreerede, aangebied deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.